Dagklokreël in dele van Sierra Leone weens Ebola wat versprei

In reaksie op tekens dat Ebola in sommige dele van die land versprei, het die Sierra Leoniese president Ernest Bai Koroma net voor die naweek ‘n dagklokreël ingestel waarvolgens mense verbied word om tussen 6 vm en 6 nm uit hul huise te gaan. Die reël, wat inwoners van die noordwestelike distrikte Kambia en Port Loko, prakties onder huisarres plaas, sal vir 21 dae geld. Enigiemand wat die reël verbreek, sal in die tronk gesmyt word.

 

Die verbod op mense om hul huise te verlaat volg op verslae dat daar weer nuwe gevalle van Ebola in die noordweste van die land aangemeld word. Tot dusver het 3 900 mense aan die siekte in Sierra Leone gesterf.

Die buurland Liberïe is in Mei “Ebola-vry” verklaar, maar dit blyk dat Sierra Leone en Guinee nie so maklik dié status gaan verwerf nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het verlede week Woensdag verklaar dat die “agteruitgang van die virus wat in April en Mei duidelik was, intussen stagneer”.

In die week van 7 tot 15 Junie is daar 31 nuwe gevalle in Sierra Leone aangemeld en 16 in Guinee, waar die uitbraak in Desember 2013 begin het.

In die vorige week is 13 nuwe gevalle in Guinee aangemeld, wat ‘n duidelike toename teenoor die nege in die vorige week verteenwoordig.

Volgens die WGO-verslag, “is dit die tweede agtereenvolgende weeklikse toename in voorkoms (van die siekte) en die hoogste weeklikse totale getal gevalle wat sedert laat Maartmaand in Sierra Leone aangemeld is”.

Ebola is een van die dodelikste virusse wat aan die mense bekend is en versprei deur kontak met die liggaamsvloeistowwe van iemand wat simptome daarvan toon, soos byvoorbeeld koors of naarheid.

Sedert Ebola in Mei verlede jaar in Sierra Leone begin versprei het, het die regering telkens plaaslike en landwye klokreëls ingestel om die epidemie hok te slaan.

Palo Conteh, die hoof van die Nasionale Ebola-reaksiesentrum in Sierra Leone, skryf die onlangse toename in Port Loko en Kambia toe aan “mense wat net hardkoppig is en die verkeerde dinge doen wat die oordrag aanblaas”.

“Die was van lyke en geheime begrafnisse is aan die gang en mense vat die siekes na toordokters toe,” sê hy.

Amadu Koroma, ‘n plaaslike regeringsklerk in Kambia, sê toordokters vind dikwels ‘n omweg verby amptelike ingange en uitgange om pasiënte in die suide van Guinee, die episentrum van die verspreiding, te behandel.

“Mense ontsnap snags van huise wat onder kwarantyn verkeer en eindig in Port Loko waar familielede toordokters inbring om hulle in geslote vertrekke te behandel,” sê hy.

‘n Parlementslid verkeer is tans op borgtog vrygelaat omdat hy beveel het dat sy 106 jaar oue vader in Kambia in Mei verlede jaar gewas, aangetrek en begrawe moet word.

Die gesondheidsministerie het verklaar dat daar 22 mense in Ebola-behandelingsentra in Kambia en Port Loko verkeer, terwyl 342 onder kwarantyn in daardie twee distrike in die westelike gebied, waaronder die hoofstad Freetown, geplaas is.

Die aankondiging van ‘n dagklokreël is gemaak kort nadat Sierra Leone die landswye noodtoestand vir nog 90 dae verleng het, ongeag die oproepe deur politici in die opposisie dat beperkings in Ebola-vrye distrikte opgehef moet word.

Die president het egter sekere toegewings aangekondig, onder meer aan sake-ondernemings ten einde ekonomiese groei te stimuleer.

Kruidenierswinkels en markte – wat teen 18:00 moet sluit – sal voortaan toegelaat word om tot 21:00 oop te bly in die meeste dele van die land.

Restaurante, wat ook aan ‘n aandklokreël vanaf 18:00 onderhewig was, mag nou tot 22:00 oop bly, terwyl motorfietstaxi’s, wat voorheen nie ná 19:00 kon werk nie, ‘n ekstra twee ure gegun word.

Inwoners van Freetown het die veslappings verwelkom, veral noudat Sierre Leone se vier miljoen Moslems steeds die heilige maand van Ramadan vier.

“Dit stel ons in staat om teen 19:00 die vas in die moskee te beëindig en dan kos van restaurante en koswinkels agterna te gaan koop,” sê Alieu Sheriff.

 

VSA stook oorlog in Europa

Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, het vrese dat sy land ‘n oorlog aanmoedig verhoog met ‘n aankondiging oor die militêre opbou in NAVO-lande wat aan Rusland grens.

Carter sê die VSA sal militêre toerusting, insluitende oorlogstenks en artillerie in die drie Baltiese state sowel as Pole, Bulgarye, Roemenië en Duitsland stasioneer.

Rusland het intussen gesê enige pogings om sulke toerusting in sy buurstate te stasioneer, sal beskou word as ‘n daad van aggressie.

Carter sê Amerika en sy alliansievenoote staan saam en hoewel hulle nie enige konfrontasie met Rusland wil hê nie, sal hulle hulle vennote verdedig ter wille van ‘n beter toekoms vir almal.

Ontleders meen Amerikaanse eskalasie geskied weens kommer dat nuwe inligting oor die MH17-ramp Amerikaanse sanksies teen Rusland kan knou.

In Junie het die Russiese wapenvervaardiger Almaz-Antey onthul dat hul eie ondersoek toon dat die aard van die BUK-missiel wat na bewering afgevuur is op vlug MH17 nie meer in Rusland vervaardig is sedert 1999 nie, terwyl dit steeds in diens in die Oekraïense weermag ontplooi is.

Vlug MH17, vanaf Amsterdam na Kuala Lumpur, is afgeskiet oor die Oekraïne se oostelike streek van Donetsk op 17 Julie 2014, en het die lewens van 298 mense aan boord geëis. Ten minste 193 passasiers was Nederlanders.

Die VSA het dadelik die skuld op Rusland probeer pak, sonder enige getuienis.

WikiLeaks het intussen onthul dat die VSA op drie Frans presidente gespioeneer het, te wete Jacques Chirac, Nicolas Sarkozy en Francois Hollande.

Die Franse president Hollande sal ‘n noodvergadering met sy Veiligheidskomitee hou oor die verslag van WikiLeaks later Woensdag, volgens Agence France-Presse.

Estland se minister van verdediging Sven Mikser gesê die Baltiese leiers soek ‘n afskrikmiddel teen Rusland.

“In globale terme is Rusland nie konvensioneel opgewasse teen die VSA of NAVO nie,” het Mikser gesê en bygevoeg dat Estland gretig en gereed is om die toerusting te aanvaar.

Intussen het die Duitse intelligensiediens het sy kommer uitgespreek oor die planne van Kiëf om navorsing oor kernwapenontwikkeling te hervat.

Die geheimediens het ‘n dokument aan die Duitse kanselier oorhandig wat gerig is aan die Amerikaanse generaal Philip Breedlove, die geallieerde bevelvoerder van NAVO in Europa.

Die agentskap het gewaarsku dat Breedlove die de facto bedoeling het om die status van ‘n nie-kern staat te skend en het versoek dat Duitsland druk op die Oekraïnse regering plaas.

Duitse opposisiepolitikus Oskar Lafontaine het bloed geruik en Dinsdag op sy Facebook-bladsy onder die konfliksaaiers ingeklim.

Die Amerikaanse sekretaris van “verdediging”, dit wil sê, minister van oorlog is in Berlyn. Hy wil ‘n beroep op Europa doen om Russiese “aggressie” teen te werk. Maar in werklikheid, is dit Amerikaanse aggressie waarteen Europeërs moet opstaan.

Die Grootmeester van die Amerikaanse diplomasie, George Kennan beskryf die uitbreiding na die ooste van NAVO as die grootste Amerikaanse buitelandse beleidsfout sedert die Tweede Wêreldoorlog, want dit sal lei tot ‘n nuwe Koue Oorlog.
 
Die Amerikaanse diplomaat Victoria Nuland sê ons het $5 miljard spandeer om die Oekraïne te destabiliseer. Hulle stook die vlamme al hoe hoër, en Europa betaal daarvoor met verminderde handel en werksverliese.
 
Nuland sê “Fok die EU”. Ons het ‘n Europese buitelandse beleid nodig wat oorlogsugtige Amerikaanse imperialisme stop.
 
Fok Amerikaanse imperialisme!

Die Pentagon het pas ‘n handboek van instruksies vrygestel oor die “Wette van oorlog,” waarin “aanvaarbare” maniere van moord op die vyand behandel word.

Die handleiding verklaar dat joernaliste gemerk kan word “onbevoorregte kwaadsoekers” [unprivileged belligerents], ‘n onbekende term wat “vyandelike soldaat” vervang het.

Is Oudheidkunde rassisties?

Hebben de Griekse filosofen al hun ideeën van zwarte Afrikanen, en wordt dit verzwegen door de eurocentrische oudheidkundigen van de VU? Volgens VU-studente Emma-Lee Amponsah wel. Ze begon vorig jaar aan een minor Antieke Cultuur, startte een vlammende mailwisseling met haar docenten, die ze van arrogantie en witte suprematie beschuldigde, en stopte al na een week met haar minor.

Volgens Amponsah geeft Oudheidkunde een ‘onvolledige, eurocentrische en racistische kijk op de geschiedenis, waarin de zwarte mens miskend wordt voor zijn (enorme!) bijdrage aan westerse civilisatie.’

Aanstaande zaterdag leidt ze een debat tussen docent Oude Geschiedenis Jaap-Jan Flinterman en hoogleraar Griekse Taal- en Letterkunde Gerard Boter aan de ene kant en ‘dekoloniale intellectuelen’ Sandew Hira en Djehuti Ankh-Kheru aan de andere kant.

Meneer Flinterman, wat is hier precies aan de hand?
“Dit is een stroming uit de Verenigde Staten, het Afrocentrisme, waarvan de vertegenwoordigers proberen het zwarte zelfbewustzijn te versterken met een beroep op een respectabel verleden in de Oudheid, dat grotendeels geconstrueerd is en niet overeenkomt met de werkelijkheid.”

“Afrocentristen beweren dat de oude Egyptische beschaving een zwarte Afrikaanse beschaving is, wat een lastige kwestie is omdat je je dan moet bezighouden met wat zwart precies is en wie zwart is, en in Europa is het schedelmeten sinds het midden van de vorige eeuw niet meer zo populair.”

“Ook claimen ze dat de Griekse beschaving is overgenomen van de Egyptenaren. Nu is het inderdaad zo dat de Oude Grieken dat zelf ook hebben beweerd, maar aan die theorie hecht geen serieuze wetenschapper nog geloof.”

Hoezo? Als die Grieken dat zelf zeiden…
“Nou ja, toen wetenschappers de Egyptische hiëroglyfen gingen ontcijferen, verwachtten ze er de modellen voor de grote Griekse filosofen aan te treffen, maar dat viel tegen. Er is gewoon geen bewijs dat de Grieken het allemaal van de Egyptenaren hebben.”

“Natuurlijk is het niet zo dat de Griekse beschaving een totaal origineel, exclusief op Griekse bodem gekweekt product is. De Grieken zijn beïnvloed door de Mesopotamiërs in het huidige Irak, door Anatolië in wat nu Turkije is, door de volkeren in de Levant en ook door Egypte.”

Snijdt de beschuldiging, dat Oudheidkunde aan de VU te eurocentrisch is, dan geen hout?
“De grondlegger van oudheidkunde aan de VU, Bert van der Spek, was niet gespecialiseerd in de Grieken en de Romeinen maar in het oude Mesopotamië; vanuit die achtergrond heeft hij juist altijd de nadruk gelegd op de eenheid van het Middellandse zeegebied. Juist hij hamerde er altijd op dat je de Grieken en Romeinen niet goed kunt begrijpen zonder kennis van Irak en de Levant. Dus nee, dat verwijt is niet op z’n plaats.”

Maar er is meer dan het Middellandse zeegebied, toch?
Met wat we binnen Geesteswetenschappen hebben kunnen we niet de volledige Mediterranée bestrijken – maar laten we blij zijn met wat we wel kunnen. Je hebt natuurlijk ook buiten de Mediterrane wereld antieke samenlevingen; aan de VU hebben we niet de expertise in huis om die te bestuderen, elders in Nederland wel; laten we hopen dat dat zo blijft.

Zaterdag gaat u debatteren over de kwestie. Is er kans dat u nader tot elkaar komt?
“Ik heb het gevoel dat de Afrocentristen vrij moeilijk zijn te overtuigen, maar als me wordt gevraagd om dingen in een publiek debat uit te leggen, dan kan ik dat niet weigeren. Dat gaan we dus doen, vertellen hoe het volgens ons in elkaar zit. Maar we gaan ook uitleggen dat wat ons betreft voor dit soort wetenschap geen ruimte is aan de VU.”

Want het is pseudowetenschap?
“Ja. Luister, ik ben nu een boek aan het lezen van één van de andere deelnemers aan het debat, Djehuti Ankh-Kheru, ‘Gezegend en Vervloekt’. Het valt me op dat de schrijver zelf een eurocentrische invalshoek kiest, in de zin dat hij de Europese beschaving ziet als een product van allerlei Afrikaanse invloeden. Echt Afrocentrisch zou het zijn als hij zich richten zou op prekoloniale Zwart-Afrikaanse beschavingen. Daar zijn weinig schriftelijke bronnen voor, maar wel archeologische, en die beschavingen waren er in bijvoorbeeld het huidige Zimbabwe en in West-Afrika.”

“Afgezien daarvan heb ik er niet zoveel mee om je culturele trots te baseren op verworvenheden van je voorouders. Ik doe dat toch ook niet met Rembrandt…”

U niet, maar bepaalde populistische politici wel, en die verklaren zich in één adem door superieur aan mensen met een andere cultuur.
“Ja, maar dan moet je op een adequate manier de mythes van die politici bestrijden, in plaats van daar je eigen mythes tegenover te zetten.”

Het debat is aanstaande zaterdag van 12.00-15.00 uur in het hoofdgebouw van de VU.

Bron: Advalvas

Griekeland al dieper in die rooi

Die Griekse minister van ekonomie, Giorgios Stathakis, het besonderhede bekend gemaak van nuwe voorstelle om die dooiepunt in die skuldkrisis te beëindig.

Hoop dat ‘n ooreenkoms binnekort met die leiers van die Eurosone-lande bereik kan word, verflou aangesien die linkse premier Alexis Tsipras se gewildheid dermate afgeneem het dat hy geen ooreenkoms op sy landgenote sal kan afdwing nie.

‘n Opstand dreig tuis teen die Griekse leier omdat hy die besuinigingsvoorstelle aanvaar het, alhoewel dit onder meer nuwe belasting op sakeondernemings en rykes insluit.

As Tsipras se regering tot ‘n val kom sal dit maande duur om ‘n nuwe leier aan te wys wat boonop nie die mees onlangse Europese skuldmaatreëls sal kan afdwing sonder ‘n mandaat nie.

Die ministers van finansies van die Eurosone het na berig word die plan verwelkom en gesê ‘n ooreenkoms kan binne dae bereik word.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel verkeer onder groot druk omdat Rusland kan intree om Griekeland te help met ‘n gastoevoerprojek, terwyl sy klaarblyklik aan die VSA belowe het Russiese invloed te help beperk in Europa.

Griekeland loop die gevaar om nie te voldoen aan die Europese Unie se vereistes nie, indien hy nie ‘n vorige hulppakket van 1,6 miljard euro teen 30 Junie aan die Internasionale Monetêre Fonds terugbetaal nie.

Sou Griekeland besluit om uit te tree uit die eurosone, sal hulle waarskynlik weer die drachma as geldeenheid instel en inflasie gebruik om hul skuldprobleem op te los.

Dit sal beteken dat EU-belastingbetalers nie langer sal hoef te betaal vir Griekse wanbestuur nie.

Obama stof ‘nigger’ af teen rassisme

President Barack Obama het die woord “nigger” tydens ‘n onderhoud Maandag gebruik om blankes in Amerika aan te val wat nog nie “genees” is van rassisme nie.

“We’re not cured of it. And it’s not just a matter of it not being polite to say nigger in public. That’s not the measure of whether racism still exists or not.”

Obama het dié woorde in ‘n onderhoud vir die potgooi “WTF met Marc Maron” kwytgeraak. Maron, van Joodse afkoms, is ook gemoeid met die lede van die Daily Show – ‘n program wat nuusvervalsings onder die dekmantel van komedie versprei – nadat hy Jon Stewart vervang het op ‘n ander grapjasprogram.

“Dit is nie die maatstaf van of rassisme nog bestaan of nie. Dit is nie net ‘n kwessie van openlike diskriminasie nie. Samelewings verander nie oornag en vee alles heeltemal uit wat gebeur het 200 tot 300 jaar tevore nie,” het Obama gesê.

Die kommentaar kom te midde van die VSA se hernude pogings om wittes swart te smeer met ‘n breë aanklag teen wittes omdat een nege swartes in ‘n kerk in Charleston gaan skiet het.

Sy woorde weerspieël ook ‘n groeiende bereidwilligheid om blankes toenemend kollektief verantwoordelik te hou vir alle boosheid soos sy presidentskap die einde nader.

Swartes in samewerking met ander groepe in Charleston, Suid-Carolina, het intussen openlik wraak gesweer teen blankes.

Die foto van die Charleston-aanvaller, Dylann Roof, wat ‘n baadjie dra met die ou Suid-Afrikaanse en voormalige Rhodesiese vlae, is glo met rekenaarsagteware gemanipuleer.

Die egtheid van die foto sowel as die skieter se vreemde uitlatings en beweerde obsessies is onder verdenking. Die meeste nugter ontleders glo die gebeure is deel van ‘n valsvlag-operasie om blankes te diskrediteer.

Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

‘n Tribunaal wat oor Britse instansies se bevoegdhede beslis, het bevind dat die Britse regering onregmatig opgetree het deur e-posse van die Regshulpsentrum rakende Marikana te onderskep.

Die regshulpsentrum het die onthulling as kommerwekkend beskryf. Die sentrum hanteer onder meer die saak van die families van mynwerkers wat in die Marikana-tragedie in 2012 dood is.

Volgens die Tribunaal vir Bevoegdhede verteenwoordig die onderskepping van boodskappe ‘n skending ingevolge Europese wetgewing verteenwoordig.

Die Tribunaal ondersoek onwettige, geheime ingryping van die staat of multinasionale maatskappye wat teen die reg op privaatheid indruis.

Daar is verder bevind dat die inligting wat bekom is glo op geen wesenlike manier aangewend is nie, maar dat die regeringsagentskap weliswaar te lank in besit daarvan was.

Die Suid-Afrikaanse en Britse regerings sal voorts versoek word om bykomende besonderhede oor die voorval in te win.

Namibiese oogspesialis wen Nelson Mandela-prys

Die Namibiese oogspesialis, dr. Helena Ndume, bekend vir haar liefdadigheidswerk met gesiggestremdes, het pas die Verenigde Nasies se eerste Nelson Mandela-prys in New York verower.

Die Portugese president Jorge Sampaio sal ook die prys ontvang, het die voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, Sam Kutesa Maandag gesê.

Ndume is glo bekend vir haar liefdadigheidwerk en Sampaio word vereer vir sy werk om demokrasie in Portugal aan te moedig tydens sy presidentskap entre 1996 en 2006.

Die Verenigde Nasies se Nelson Mandela-prys word elke vyf jaar aan een man en een vrou oorhandig.

Die prys is verlede jaar gestig om hulde te bring aan Suid-Afrika se Nelson Mandela.

Die doel van die prys is om diegene wat hul lewens wy aan diens van die mensdom te erken.

Die prys sal oorhandig word by die VN se hoofkwartier in New York met die herdenking van Nelson Mandela Internasionale Dag op 24 Julie.

Goeie vertoning deur Deense Volksparty bevestig Europese ‘swaai na regs’

Gister se algemene verkiesing in Denemarke het tot ‘n oorwinning vir die konserwatiewe opposisie gelei, met die Deense Volksparty van mrn. Kristian Thulesan Dahl wat bo verwagting goed gevaar het en 21,1% van die stemme ontvang het. Daar is selfs ‘n moontlikheid dat die Dahl die volgende eerste minister van Denemarke kan word, wat skokgolwe deur Europa sal stuur aangesien die media die Deense Volksparty, soortgelyk aan die Franse Front National, as “verregs” probeer brandmerk het.

Die verkiesing het naelskraap verloop, dog nadat alle stemme gisteraand getel is, het die sentrum-regse koalisie wat deur die vorige eerste minister Lars Lokke Rasmussen gelei is, die nodige 90 setels wat aan hom ‘n meerderheid in die parlement van 179 setels besorg.

Die DVP se leier, Kristian Thulesen Dahl het vooraf gesê dat hy nie in die regering wil dien nie, maar aangesien sy party nou die grootste van die konserwatiewe “bloublok”-koalisie is, mag dit dalk gebeur dat hy wel gevra word om die eersteministerspos te aanvaar.

Lars Lokke Rasmussen en Helle Schmidt-Thorning
Lars Lokke Rasmussen en Helle Thorning-Schmidt

Lars Lokke Rasmussen van die Deense Liberale Party het vier jaar gelede verklaar dat die linkse “rooiblok”-koalisie, soos dit in Denemarke bekendstaan, nie lank sal regeer nie en dat hy die sleutels na die eersteministerskantoor slegs aan Me. Helle Thorning-Schmidt “leen”. Tans sê hy dat sy konswerwatiewe “blou blok” alles in sy vermoë sal doen om immigrasie vanuit die Derde Wêreld na Denemarke te stuit.

Hoewel Thorning-Schmidt se Sosiale-Demokratiese Party goed gevaar het met 26.3% van die stemme, het die res van haar “rooiblok”-vennote stemme verloor, sodat die konserwatiewe geseëvier het. Al vier “buitelandse” setels op Groenland en op die Faroe-eilande het ook na die Sosiaal-Demokrate gegaan, maar dit was nie genoeg om die konserwatiewe opmars te stuit nie. Volgens Thorning-Schmidt het haar party “by die wenstreep verloor”.

Mnr Rasmussen se Deense Liberale Party het 19,5% van die stemme getrek.

Die swaai na regs in Denemarke kom kort op die hakke van die nuus Dinsdag dat daar ‘n nuwe regse groepering in die Europese Parlement in Straatsburg, Frankryk, tot stand gekom het, wat gelei word deur me. Marine Le Pen van die Franse Front National en mnr. Geert Wilders van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid. Die nuwe groep heet “Europa van volkere en vryheid” en bestaan, benewens die FN en PVV, uit die Oostenrykse Vryheidsparty, die Vlaams Belang, die Lega Nord van Italië, die Nieu-Regse Kongres van Pole en die onafhanklike lid Janice Atkinson van Brittanje (voorheen UKIP). Hoewel Marine Le Pen en die Front National oor die meeste Euro-parlementslede van enige Franse party (23) beskik, het sy tot dusver gesukkel om ander partye uit sewe lande saam te snoer aangesien mnr. Nigel Farrage van UKIP sy eie groep gevorm het en nie bereid was om met haar saam te werk nie.

Die voorwaarde vir ‘n groep in die Europese Parlement is dat dit uit ten minste 25 Euro-parlementslede vanuit minstens sewe lande moet bestaan. Tans beskik Volkere en Vryheid oor 38 Euro-LP’s wat uit presies sewe lande afkomstig is. Die groep sal ‘n ekstra bedrag van ongeveer R60m per jaar aan toelaes van die Europese Unie ontvang, waarmee hy sy invloed oor die hele Europa kan uitbrei en al sewe partye was sigbaar verheug dat hulle daarin geslaag het om die nuwe groepering saam te stel.

Volgens dr. Dan Roodt van PRAAG, “kan Suid-Afrika net bemoedig word deur die verwikkelinge in Denemarke en elders in Europa waar die anti-blanke, anti-Westerse partye wat in die 1980’s terreur deur die ANC en SAKP in ons land befonds het, nou teruggedryf word deur patriotiese, pro-Westerse partye. Sowel die Partij voor de Vrijheid as die Vlaams Belang is uitgesproke in hul steun vir Afrikanervryheid en dis seker net ‘n kwessie van tyd voor die ander partye soos die FN en die Deense Volksparty ook hul steun vir ons uitspreek.”

PRAAG is tans besig met ‘n uitreikaksie na verskeie Europese groepe. PRAAG-uitgewery is insgelyks besig om ‘n verskeidenheid boeke uit Europese tale in Afrikaans te vertaal, onder meer uit Frans, Nederlands en Skandinawiese tale. “Daar is ‘n nuwe oplewing in kreatiwiteit en in kritiese denke in Europa en Afrikaners en Afrikaans wil beslis hierin deel,” sê dr. Dan Roodt. “Hoewel ons geografies van mekaar verwyder is en dalk ‘n ietwat ander spelling en uitspraak het, is ons steeds verwant aan ons familie oorkant die water wat oplaas die waansin van oorheersing deur die Derde Wêreld begin insien.”

Sluit aan by PRAAG.

Charleston-skieter het geen skakel met SA nie

Die vermeende “Charleston-skieter” wat uitgebeeld word met die ou Suid-Afrikaanse vlag op sy baadjie, het nie enige skakels met die land nie.

News24 kon geen amptelike gegewens van ‘n individu met sy naam en geboortedatum in enige Suid-Afrikaanse rekord opspoor nie, na ‘n soektog Donderdagmiddag.
 
Die Facebook-profiel foto van ‘n nors 21-jarige Dylann Roof toon ook ‘n Rhodesiese vlag onder die “apartheid-era” Suid-Afrikaanse vlag.

Dit lyk asof die vlae later amateuragtig op die foto geplak is aangesien die twee blokke nie die kontoere van die baadjie volg nie.
 
Volgens Associated Press, het ‘n wit man Woensdagaand op swart kerkgangers losgebrand tydens ‘n biduur in ‘n historiese swart kerk in die middestad van Charleston, Suid-Carolina.

Nege mense is dood, insluitend die pastoor.
 
Die skieter se daad is voor sy arrestasie Donderdagoggend deur die owerhede beskryf as ‘n haatmisdaad.
 
‘n Groot gedeelte van sy 87 Facebookvriende is egter mense van kleur.

Witte brand op swart kerkgangers los in VSA

Nege swartes is dood toe ‘n wit aanvaller in die geskiedkundige Charleston-kerk in die Amerikaanse staat Suid-Carolina op mense losgebrand het. Die swart kerk is 150 jaar oud.

Die polisie sê reeds dit was ‘n “haatmisdaad”, terwyl die aanvaller steeds op vrye voet is. Hy word beskryf as kort en blond.

Hulle het ook gesê hy is die “enigste verdagte”. Die FBI was ook dadelik op die toneel.

Die voorsitter van die NAACP in Charleston, Dot Scott sê die man het volgens ooggetuies eers ‘n rukkie in die kerk gesit en toe opgestaan en begin skiet.

Die voorval was omstreeks drie-uur vanoggend Suid-Afrikaanse tyd in die Emanuel African Methodiste Episkopale kerk.

Afro-Amerikane aanbid hoofsaaklik in die kerk. Die verdagte, wat as ‘n wit man beskryf word, word deur die owerhede gesoek.

Volgens ooggetuies het die man agt swart kerkgangers doodgeskiet en twee gewond. Een van die twee het later aan skietwonde beswyk. Daar word vermoed dat dit ‘n rassevoorval was.

‘n Senator en sy suster is na bewering onder die slagoffers. ‘n Bomdreigement is later ook naby die toneel van die skietery ontvang.

Die Charleston polisie soek na ‘n wit man in sy twintiger-jare. Die burgemeester van Charleston, Joe Riley, het dit as ‘n hartverskeurende tragedie bestempel.

Die kerk was een van die grootste en oudste swart gemeentes in die streek. Die kerkgebou is in 1891 gebou.