Internasionale diplomatieke pogings word verskerp om die politieke krisis in Egipte op te los.
Die Amerikaanse adjunkminister van Buitelandse Sake, William Burns het weer sy besoek aan Egipte verleng sodat hy verdere samesprekings met albei kante in die konflik kan hou.
Die Moslem Broederskap hou vol dat die afgesette president Mohamed Morsi weer aangestel word.
Nog twee Amerikaanse senators is na Egipte oppad. Een van die senators, die Republikein, Lindsey Graham sê die weermag moet vinniger die beheer aan die burgers oorgee en ‘n demokratiese verkiesing moet gehou word. – RSG
‘n Republikeinse verteenwoordiger Trey Gowdy (R-SC) het Donderdag in die geselskap van Greta Van Susteren op Foxnews die Obama-skandale bespreek.
Dié onthullings volg nadat Jake Tapper op CNN die nuus gebreek het dat daar “tientalle” CIA-agente teenwoordig was in Benghazi op die 9/11-herdenking toe die Amerikaanse konsulaat aangeval is en ambassadeur Chris Stevens tydens die aanval dood is.
Die geheime agentskap doen sedertdien besonder baie moeite om seker te maak dat dit waarmee hule besig was in Libië, ‘n geheim bly.
Gowdy het aan Greta gesê die Obama-administrasie steek van die oorlewendes weg, versprei hulle regoor die VSA, en verander hul name.
Terselftertyd noem Obama Benghazi ‘n “kamma-skandaal”.
Veiligheidsbronne het weereens bevestig dat ambasseur Stevens besig was om wapens – waaronder Stingermissiele – aan terreurgroepe wat al-Kaida insluit, te lewer en fundamentaliste te werf om Sirië se wettige regering omver te werp.
Die Amerikaanse fluitjieblaser Edward Snowden is ‘n werk deur Rusland se top sosiale netwerk-webwerf Donderdag aangebied, ure nadat die voormalige intelligensie-kontrakteur ‘n jaar lank asiel in Rusland ontvang het.
“Ons nooi Edward Snowden na St Petersburg en sal bly wees as hy besluit om by die sterspan van programmeerders aan te sluit by VKontakte,” het Pavel Durov, een van die stigters van VKontakte, Rusland se antwoord op Facebook, gesê op sy profiel.
Snowden se tydelike asiel sal hom toelaat om te werk in Rusland, volgens Anatoly Kucherena, ‘n prokureur vir Snowden.
Moskou het Washington se herhaalde versoeke om Snowden uit te lewer geweier. Hy staan tereg op aanklagte van spioenasie nadat hy besonderhede van geheime Amerikaanse toesigprogramme uitgelek het wat selfoon- en Internetdata betref.
Om vervolging te ontsnap, het Snowden na Moskou van Hong Kong gereis op 23 Junie en moes vir meer as ‘n maand in die transitodeel van die Sheremetyevolughawe wag voor hy Donderdag met ‘n nuwe stel vlugtelingdokumente die gebou kon verlaat.
Spanning tussen Rusland en die Verenigde State van Amerika, wat reeds haaks is oor die konflik in Sirië, sowel as ander verdedigings- en menseregtekwessies, is deur Snowden se besluit verhoog.
Durov van VKontakte, of “InVoeling”, sê hulle het meer as 210 miljoen geregistreerde profiele en tot 47 miljoen daaglikse gebruikers. Hy het gesê hy is trots oor Rusland se besluit om Snowden te help.
“Vandag het Edward Snowden – die man wat die Amerikaanse veiligheiddienste se misdade aan die kaak gestel teen die burgers van die hele wêreld – tydelike asiel in Rusland ontvang,” het Durov gesê.
“In sulke oomblikke kan ‘n mens trots voel op ons land en spyt oor die loop wat geneem word deur die Verenigde State – ‘n land wat die beginsels waarop dit eens gebou was, verraai het,” het hy bygevoeg.
“Big Brother“Amerikasienaanlyn,sondertoestemming,feitlikallesvanalmal.Metdie programX-Keyscorebly daarweinigwatdaaropdieinternetgebeurwat vir dieAmerikaansegeheimediensverborge bly.
Dit blykuitnuweinligting wat dievoormaligemedewerkervandieAmerikaansegeheimediensNSA,EdwardSnowden,aandieBritsekoerantTheGuardian gelek het.
X-Keyscoreis‘nsoort‘Google‘ maardanvirspeurdersvandieAmerikaanse intelligensie.Metdie program kandatabases,e-pos,klets endiesoekenjin–geskiedenisvanfeitlikelke individuophierdie aarde deursoek word.
NSAhetgeenampteliketoestemmingvanowerhede nodigomdie programtegebruik nie.
In‘nvideo–onderhoudsê dienogsteeds voortvlugtigeSnowdendathy asNSA–medewerker ‘feitlik op almalaanlyn konspioeneer‘.
“Vanafmy lessenaarkonekalmalafluister,vanjoutotjyrekenmeesters,van‘n aanklaertotselfs diepresident,met slegs ‘n persoonlikee-posadres tot my beskikking,” sêSnowden.
Dieonthullingkomtesame met nog ‘n fluitjieblaser,BradleyManning, se verhoor wat tans voor ‘n krygsraadinMaryland uitspraak oor sy vonnis afwag.
‘n Amerikaanse militêreregterkolonelDeniseLindhet Dinsdag bevinddat BradleyManningnie skuldig is aan samewerking met dievyand nie– die meesernstige aanklagwat hom in die gesig gestaar het vir die lek vandokumente aanWikiLeaks.
Maar sy hethom skuldig bevind aandie meeste van dieander20krimineleaanklagteindie grootsteoortreding vangeklassifiseerde inligtingswetteindie Amerikaanse geskiedenis.
DieAmerikaanse regering het virdiemaksimum strafgevra wat hulle beskou as ‘nernstige oortreding van nasionale veiligheid.Manningseinligting het slagveldverslae vanIrak enAfghanistan ingesluit.
Anti-geheimhoudingsaktiviste hetManningseoptrede geprys as‘n lig opdonkerAmerikaanse bedrywighedein die buiteland.
Aanklaershet tydensdiekrygsraad aangevoer dat Amerikaanseveiligheid deurWikiLeaks se anti-geheimhoudingswebwerfin die gedrang gekom het, met inligting oor ‘n aanval deur ‘n Amerikaanse Apache-helikopter en die gevangenes in Guantanamo.
Die lêers isdeurManninggesteel toe hy ‘njuniorintelligensie-ontlederinIrakin 2009en2010 was. – Reuters
Die Suid-Afrikaanse regering eis dat die ontsetelde president van Egipte, Mohammed Morsi, vrygelaat word.
Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê Suid-Afrika dring daarop aan dat die president “en alle ander politieke gevangenes onvoorwaardelik vrygelaat word.”
Hy het verwys na gevangenes wat “sedert die ongrondwetlike verandering van die regering op 3 Julie” in aanhouding is.
Monyela het bygevoeg dat die regering ook ‘n beroep gedoen het op alle partye om hul van “geweld en wraaksug te weerhou.”
Volgens Monyela is die regering bekommerd oor mense wat teen die ongrondwetlike verwydering van die ontsetelde president betoog, aangesien die optogte reeds talle mense se lewens geëis het.
Morsi is verlede jaar as die land se president verkies, en is vroeër vandeesmaand in ‘n staatsgreep ontsetel nadat talle betogings teen sy bewind gehou is. Hy is sedertdien nie in die openbaar gesien nie.
Sy ondersteuners hou onafgebroke optogte ter ondersteuning van sy heraanstelling.
Die afgelope naweek se geweld het die lewe van 82 mense geëis. – Sapa
Omimmigrasie te bevraagteken wasvir jarebeskouas rassistiesinBrittanje,maar al drievernaamstepartye het beginom te praatoor diemoeilikeonderwerpinreaksie op stygendeopenbareangs dat die VK oorspoel gaan word deur ander rasse en kulture.
Die gewildheid vananti-immigrasieveldtogte deur veral UK Independence Party (UKIP) het die kwessie nou in die hoofstroom gedwing.
Cameronseregerende Konserwatiewes,watagterraak by die Arbeidersindie plaaslike stembusse,hetbelowe om ‘nverreikendeimmigrasiebeleid in te voer en sê hulle gaan netto-immigrasie met ‘n derde verminder.
Die immigrasiekantoor in Brittanje het bevestig dat hy ‘n terugbetaalbare bedrag van ongeveer R45 000 gaan eis vir visums van “hoërisiko”-besoekers uit ses voormalige kolonies in Afrika en Asië.
Luidens ‘n verklaring wat Maandag uitgereik is, sal Brittanje voortgaan met die loodsprojek wat woede en beskuldigings uit verskeie oorde ontlok het. Die land is ook gewaarsku van weerwraak en dat die besluit handelsverhoudings kan skaad.
Dit is nie bekend wanneer die projek sal begin nie.
Indien die projek suksesvol is, sal Brittanje die bedrag “op ‘n intelligensie-geleide basis op enige visum-roete en enige land” kan toepas.
Die lande wat tans geraak word is Nigerië, Ghana, Indië, Pakistan, Bangladesj en Sri Lanka.
Die immigrasiekantoor het gesê hy hoop die deposito-stelsel verhoed dat mense te lank in die land bly en die koste van buitelanders se gebruik van openbare dienste kan verhaal. – AP
Die organiseerder van ‘n diamantuitstalling en -verkope het die geraamde waarde van juwele wat tydens ‘n rooftog gesteel is, meer as verdubbel, het ‘n staatsaanklaer gesê.
Volgens die organiseerder is die juwele helderoordag in die Carlton-hotel, een van die deftigste hotelle in Cannes, gegryp. Die juwele is sowat R1,3 miljard werd.
Die polisie het vroeër gesê die rower het sowat R520 miljoen se juwele gebuit – wat dit selfs op dié vlak een van die grootste rooftogte in onlangse jare maak.
Philippe Vique, assistent-staatsaanklaer, het gesê die Doebai-gebaseerde organiseerder van die tentoonstelling het ná ‘n volle inventaris gesê die waarde van die gesteelde juwele is meer.
Vique het gesê owerhede is op soek na een verdagte wat te voet gevlug het.
Dietentoonstelling van die juwele was veronderstel om vir die publiek oop te weestot aan die eindevan Augustus.
HotelleinCanneslyk na ‘ngunstelingteikenhierdie jaar, mettweegewaagdejuweelrooftogtewat reeds in MeitydensdieCannesFilmfees gebeur het.Diewe het ‘n kluis uit die muur van‘nhotelkamer gehaal met R11 miljoen se juwele.
In‘nlaterevoorval, het diewe80hotelsekuriteitswagteuitoorlêen ‘nDeGrisogono–halssnoer gegryp ter waarde van R30 miljoen sê die ontwerpers.
DieluukseCarltonhotelverskynindie1955AlfredHitchcock–film,met hartebreker CaryGrantas‘n gereformeerdeinbrekerwat ‘njuweeldiefmet die hulp vanmede-sterGraceKelly jaag in To Catch a Thief.
Diehotelis geleë op diePromenadedelaCroisette, wat 2,4kilometerlangs diesee loop en‘n vinnigewegkomkans virdiewe bied. – AP
‘n E-pos gestuur deur die destydse Britse ambassadeur na Tony Blair vanuit Tripoli gee besonderhede oor hoe ‘n gevangene-oordragooreenkoms onderteken sou word sodra Libië “sy belofte nakom” om Britse wapentuig aan te koop.
Die onthulling is ‘n yslike verleentheid vir lede van die Arbeidersregering, wat altyd daarop aangedring het dat Abdelbaset al-Megrahi se vrylating is nie gekoppel is aan die kommersiële handel in wapens nie.
Die e-pos is gestuur op 8 Junie 2008 deur Sir Vincent Fean, die destydse Britse ambassadeur, na Tony Blair se privaatkantoor, voor ‘n besoek kort nadat hy uitgetree het as eerste minister.
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het intussen na Blair as ‘n oorlogmisdadiger verwys en geëis dat hy aangekla word by die Internasionale Strafhof vir sy aandeel in die inval in Irak.
Blair het na Tripoli gevlieg om Gaddafi te ontmoet op 10 Junie in ‘n privaatstraler wat deur die Libiese leier gestuur is, een van minstens ses besoeke van Blair na Libië.
Die inligting, wat 1300 woorde bevat, onthul besonderhede oor hoe gretig Brittanje was om sake te doen met Gaddafi.
Die Verenigde Koninkryk het dit as ‘n belangrike doelwit beskou om Libië se £80 miljard van sy soewereine welvaartfonds te belê deur die Stad van Londen in die lig van die bankkrisis wat die finansiële sektor in dieselfde jaar geskud het.
Die Verenigde Koninkryk was privaat krities oor President George Bush se voortsetting van ‘n bevriesing van Libiese bates in Amerika, wat in die proses saketransaksies gekniehalter het.
Die Departement vir Internasionale Ontwikkeling was gretig om ‘n ander Libiese fonds te gebruik om te betaal vir skemas in Sierra Leone en ander armoede-geteisterde lande in Afrika.
Die vrylating van Megrahi in Augustus 2009 het ‘n groot bohaai veroorsaak, met die Britse regering wat volgehou het hy is vrygelaat uit meegevoel, want hy ly aan terminale kanker, en dat die besluit geneem is uitsluitlik deur die Skotse regering.
Megrahi is skuldig bevind in 2001 van die moord op 270 mense toe die PanAm vlug 103 van Londen na New York opgeblaas is oor Lockerbie in Skotland in 1988.
Dit bly Brittanje se enkele ergste terroriste-aanslag.
Libië het deurentyd druk op die VK geplaas om Megrahi vry te laat, en net voordat hy weg is uit Downingstraat, het Blair na Sirte gereis om Gaddafi en Al-Bagdadi Ali al-Mahmoudi, Libië se destydse eerste minister te ontmoet.
Op dié vergadering, volgens Sir Vincent se e-pos, het Blair en met die Libiese leiers ooreengekom dat Libië die missielafweerstelsel sal koop van MBDA, ‘n wapenvervaardiger in besit van BAE Systems.
Tydens die ontmoeting is ‘n memorandum van verstandhouding ook onderteken vir ‘n gevangene-oordrag wat die weg gebaan het vir Megrahi se vrylating. – The Telegraph
Egipte se minister van Binnelandse Sake, Muhammad Ibrahim het ‘n verbod gevra op protesoptrede ter ondersteuning van die Moslemse Broederskap.
Dit volg ná nog ‘n nag van onrus in die land waartydens sewe mense dood en meer as 100 beseer is.
Strydende groepe het regdeur Egipte opgeruk nadat die hoof van die gewapende magte ‘n beroep gedoen het op die teenstanders van die uitgesette president Mohammed Morsi om ná Vrydaggebede die strate in te vaar.
Morsi is nou amptelik in aanhouding oor sy beweerde samewerking met die militante Palestynse groep Hamas. Hy sal ondervra word oor aanvalle op polisiestasies en tronke in 2011.
Talle Islamitiese en ander politieke gevangenes het ontsnap in dié aanvalle tydens die opstand teen die vorige president Hosni Moebarak.- RSG