Ontploffing dood 100 in Nigeri

Ten minste 'n 100 mense is dood en dosyne gewond in 'n ontploffing in 'n Nigeriese dorpie naby Lagos toe olie van 'n pyplyn uitgelek het nadat 'n meganiese skopgraaf die pyp beskadig het, en die olie ontplof het.

Huise en skole is in ligte laaie gelaat en onder die slagoffers is talle kinders. Hulle is gedood toe mense wat gevlug het voor die vlamme hulle vertrap het.

'n Netwerk van pype deurkruis Afrika se grootste olieproduserende land. Ontploffings en brande is daarom algemeen. Vorige pyplynontploffings in Nigerië is veroorsaak deur kriminele wat olie steel en op die swart mark verkoop.

Georganiseerde misdadigers boor gewoonlik 'n gaatjie in die pyp, maar as dit rugbaar raak en ander probeer ook saam steel, word 'n brand dikwels gestig.

free casinos games onlineФільчаков прокурор

Nigeri? s? gewapende mans kaap olieboot

Image

Gewapende Nigeri?rs

Ongeïdentifiseerde gewapende mans in Nigerië se weerspannige suide het ’n olieboot met 11 bemanningslede gekaap, het die weermag Woensdag gesê.

 

Maj. Sagir Musa, ’n woordvoerder vir die weermag, het gesê die kapers eis sowat $250 000 (ongeveer R1.9 miljoen) vir die vrylating van die boot en bemanning. Onder die bemanning is een Portugees en een Oekraïner.

Die boot, wat gebruik word om die olie-infrastruktuur in Afrika se grootste vervaardiger van petroleum in stand te hou, is Dinsdag gekaap, het Musa gesê. Hy het bygevoeg teen Woensdag was die situasie in die suidelike Niger-delta nog nie opgeklaar nie, maar het nie nog besonderhede gegee nie.

Verskeie gewapende militante en misdadige groepe swerf rond in die uitgestreke deltastreek vol inhamme, moerasse en riviere, maar met min paaie. Militante blaas gereeld olie-infrastruktuur op of val veiligheidsmagte aan om groter inkomste van die oliebedryf vir hul verarmde streek te eis.

Maar misdadigheid hou baie nou verband met militantheid en die meeste gewapende groepe word daarvan verdink dat hulle ru-olie van pyplyne steel om dit oorsee te verkoop – dikwels met die hulp van korrupte staatsamptenare.
 
Seerowery,  wat in die breë verwys na enige misdaad op water, is ook aan die toeneem en Nigerië se kusgebied het nou die meeste seerowers ter wêreld.

Net in 2007 is meer as 150 buitelanders vir ’n losprys ontvoer. Die gyselaars word gewoonlik ongedeerd vrygelaat nadat die geld oorhandig is, maar sommige is beseer of gedood tydens mislukte inbeslagnemings of reddingspogings.

Nigerië is die grootste olievervaardiger in Afrika, maar aanhoudende bomaanvalle op pyplyne en ander aanvalle het produksie met byna ’n kwart laat daal. Dit het die prys van ru-olie op internasionale markte tot die hoogste nóg laat styg.

стоматологияФильчаков прокурор

Pemba wil onafhanklik word van Tanzani

Image Tanzanië se regering het Pemba-leiers se versoek vir afskeiding van dié regering as hoogverraad bestempel en dit vergelyk met wat onlangs in die Comore gebeur het.

Pemba se eis kom net twee weke na die ineenstorting van die Zanzibar-vredesverdrag.  Die Tanzaniese regering sê dat dié verdrag – wat aanvoer dat magsdeling die oplossing vir Zanzibar se politieke krisis is – ongrondwetlik is.

Tanzanië se minister in die adjunk-president se kantoor, wat verantwoordelik is vir vakverbondsake, mnr. Mohamed Seif Khatib, het die Pemba-leiers vergelyk met “gevaarlike individue” soos kol. Mohamed Bacar.  Bacar is onlangs van die Comore verdryf deur Afrika-uniesoldate.

Pemba het verlede week hul versoek om afskeiding van Zanzibar aan die direkteur van die Verenigde Nasies-ontwikkelingsprogram (VNOP), mnr. Oscar Fernandez-Taranco, oorhandig.  Dit volg ‘n maand nadat hulle die eerste keer dié idee getoets en bespreek het.

Die leiers het hul petisie aan Fernandez-Taranco voorgelê en hom gevra om dit aan die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris generaal, Ban Ki-moon, te oorhandig.

Die groep het verlede maand Amerika se ambassadeur in Tanzanië, mnr. Mark Green, genader om hul boodskap aan president George W. Bush oor te dra dat hulle graag van Tanzanië en Zanzibar wil skei.

Mnr. Khatib het die staat se versoek dat die Pemba-leiers in hegtenis geneem moet word, afgewys en net gesê:  “Hulle versoek is teen ons land se wetgewing en kan beskou word as hoogverraad.  Ek dink nie hulle kan as ‘n onafhanklike land funksioneer nie.”  Khatib het Sondag Pemba toe gevlieg om die situasie te monitor.

Khatib het verder Tanzanië se opposisie daarvan beskuldig dat hulle Pemba se onafhanklikheidsplanne ondersteun.

Alhoewel daar nog vasgestel moet word wie agter dié planne sit, sê kenners dat die verwikkelinge ‘n toets sal wees vir president Jakaya Kikwete se regering wat al jare sukkel met die politieke dooiepunt in Zanzibar.

Pemba versterk hul onafhanklikheidsdoelwit met die bewering dat die eiland ekonomies al sedert die 164-revolusie deur die rewolusionêre Zanzibar-regering gemarginaliseer is.

Hulle gebruik die 192 topposisies in die Zanzibar-regering as ‘n voorbeeld.  Volgens Pemba-eiland word slegs 26 setels van die 192 beset deur mense van Pemba, terwyl die ander van Unguja afkomstig is.

Verdere bewerings lui dat alle ontwikkeling in Unguja geskied en dat Pemba tevrede moet wees met die “krummels”.

Khatib het die bewerings as sinloos bestempel sonder enige “konkrete bewyse”.  “Unguja is waar die regering gesetel is, natuurlik sal hulle ‘n hoër vlak van ontwikkeling hê as Pemba,” sê Khatib.  Hy voer verder aan dat, “niemand kan sê dat Pemba ‘n vergete eiland is nie.  Daar word dan nuwe lughawens en stadions gebou!”

Pemba lê ongeveer 50 kilometer noord van Unguja.  Boerdery op klein skaal is die hoofekonomiese inkomste van dié eiland wat oor meer vrugbare grond as Unguja beskik.

mobile casinoФильчаков прокурор

Nigeriese president waarsku oor olietoekoms

Image

Yar’Adua

President Yar'Adua van Nigerië het gister vir die eerste maal die Nigerdelta-gebied besoek en het die geleentheid gebruik om te waarsku dat tensy die onrus ophou, Nigerië haar posisie as Afrika se grootste olieprodusent mag afstaan aan Angola.

Hy het gesê dat die vise-president Jonathan Goodluck die verantwoordelikheid sal aanvaar om 'n vreedsame dialoog tussen die mense in die gebied aan die gang te kry. Shell het onlangs sekere aktiwiteite in die delta opgeskort as gevolg van geweld.

Die Nigerdelta het die potensiaal om die petrochemiese reus van Afrika te word. Die president voel dat die gebrek aan vrede Afrika se ontwikkeling oor die afgelope 50 jaar aan bande gelê het.

Hy het geweld in die Nigerdelta blameer vir die styging in ru-oliepryse wêreldwyd, sowel as die situasie in Iran en Irak.

оборудование для заправки кондиционеровФильчаков Александр Васильевич

Sjinese aardbewing dood 10 000 mense

Image

Puin in Sjina

Bykans 10 000 mense is deur die aardbewing gedood wat suidwestelike Sjina getref het. Reddingswerkers sukkel tans om by die gebiede te kom wat die ergste getref is en veel meer mense mag gesterf het.

Deur die nag het reddingswerkers naarstig gewerk om lyke uit skole, huise, fabrieke en hospitale te haal wat deur die aardbewing vernietig is. Die skudding het 7,8 op die Richterskaal aangeteken en het gistermiddag vanaf die bergagtige Sietsjoean-provinsie oor die grootste deel van Sjina getrek.

Die eerste minister, Wen Jiabao, het drie keer as roubetuiging gebuig voor 50 liggame van tieners wat in 'n skoolgebou vergruis is. Altesame 900 jongmense is by die skool onder die puin begrawe.

палатки купить киевФільчаков прокурор

Swart skoonhede vir Vogue Itali

Image

Naomi Campbell

Die Julie-uitgawe van Vogue Italië sal byna net swart modelle bevat wat deur die bekende fotograaf Steven Meisel afgeneem sal word. Die uitvoerende redakteur het erken dat die uitgawe miskien ongewild sal wees by sekere lesers in Italië waar die Noordelike Liga deel vorm van die nuwe koalisie wat deur Silvio Berlusconi gelei word.

Dit is 'n ope geheim dat swart modelle skaars gebruik word op loopplanke, in tydskrifte en op reklameborde omdat hulle nie daarin slaag om produkte te verkoop nie.
 
Afgesien van Naomi Campbell in 'n enkele Louis Vuitton-advertensie dié seisoen, is dit moeilik om hoegenaamd 'n swart model in 'n prominente posisie in 'n tydskrif te vind. Carole White van die Premier-modelagentskap sê dat sy versoeke ontvang waarin vermeld word: "geen etniese modelle" nie. Volgens haar dink die tydskrifte dat swart modelle nie verkoop nie.
 
Die bekende Britse fotograaf Nick Knight sê: "Die mode- en  advertensiebedrywe is deurspek van rassisme. 'n Mens hoef net rond te kyk vir die aantal swart meisies in advertensies – naby aan nul. By die vernaamste handelsmerke in die modebedryf is hulle heeltemal onderverteenwoordig. Dis skokkend en betreurenswaardig."
 
In Asië is lesers ook gekant teen swart modelle, maar die Italiaanse glanstydskrif hoop dat ondersteunende mediablootstelling 'n impak op die modebedryf sal hê.
 
Kommer dat daar nie voldoende advertensies vir die uitgawe verkry sal word nie is egter gelug.

игри для мальчиков машинкилобановский александр отзывы

W?reld se redakteurs positief oor aanlynmedia

ImageTen spyte van ’n daling in koerantverkope, die beskikbaarheid van gratis nuusblaaie en die toenemende gewildheid van nuuswebwerwe op die internet, bly koerantredakteurs wêreldwyd steeds optimisties. Die Wêreldredakteursforum, gesteun deur Reuters, het pas die sogenaamde Newsroom Barometer gepubliseer.

Uit hierdie ondersoek blyk dit dat koerantredakteurs glo dat die internet binne tien jaar die mees prominente bron van nuus gaan wees. 85% van redakteurs is egter optimisties oor hulle koerante se toekoms. Hulle meen toenemend dat sowel gedrukte media as aanlynnuus in die toekoms gratis beskikbaar gestel gaan word.

Oor die 700 senior koerantwerkers het aan die opname deelgeneem. Agt uit tien respondente sien aanlyn- en nuwe media as ’n welcome toevoeging. Diegene met hoë volume webverkeer – meer as 200 000 unieke besoekers per dag – is meer geneig om nuwe media in ’n positiewe lig te sien, maar die meerderheid redakteurs by koerante met beskeie verkeer of geen webwerwe he took nuwe media as positief beskou.

Image

George Brock

Volgens George Brock, voorsitter van die Wêreldredakteursforum en Saterdagredakteur van die Times, is negatiewe uitsprake oor die toekoms van koerante toe te skryf aan kommersiële menings. Koerantredakteurs voel nie noodwendig dieselfde nie. Hy erken egter dat Amerikaanse redakteurs meer pessimisties is as hulle eweknieë elders. Daar is ook vrese dat koerante nie genoeg daarin belê om joernaliste te werf en op te lei nie. 

Meer en meer koerante word gedwing om hulle begrotings te verminder en personeel af te dank en redakteurs is angstig om dieselfde redaksionele kwaliteit as vroeër te behou. Twee derdes van die redakteurs wat aan die opname deelgeneem het, voel dat die belangrikheid van meningsblaaie en rubrieke in die toekoms gaan toeneem. Dieselfde persentasie is van mening dat meer en meer werk uitgekontrakteer gaan word. Volgens Brock skep dit ’n gevaar, aangesien koerante oor al minder oorspronklike inhoud gaan beskik.

как заполнять мед справкуДанильченко Юрий Брониславович компромат

Barack Obama oorweeg dalk vir Hillary as vise-presidentskandidaat

Image

Binnekort visepres.?

Barack Obama mag dalk vir Hillary Clinton as sy vise-presidentskandidaat oorweeg. Obama het tydens 'n onderhoud op NBC-nuus gesê dat sy sonder twyfel as visepresidentskandidaat geskik is.

Op CNN het hy haar beskryf as 'n bittereinder, slim en bekwaam en het bygevoeg dat sy op enigeen se kortlys sal wees as potensiële visepresidentskandidaat.

Clinton se kanse is besig om te taan, maar na verwagting gaan sy aanhou omdat wentellings vir haar in Wes-Virginië, Kentucky en Puerto Rico vir haar politieke gunste van Obama kan verkry, waaronder die posisie van visepresident van die VSA. Obama se kamp lyk nie so gretig om gou van Clinton ontslae te raak nie.

 

 

ведро для банипрокурор Фильчаков

McGovern steun nou skielik Obama

ʼn Voormalige senator, George McGovern, wat voorheen ʼn ondersteuner van sen. Hillary Rodham Clinton was, steun nou

Image

Sen. McGovern

skielik haar teenstander, sen. Barack Obama.  Hy probeer met hierdie besluit om vir Clinton te oortuig om die handdoek in te gooi. Na Dinsdagaand se Noord-Carolina- en Indiana-benoemingsuitslae, beweer McGovern dat dit feitlik onmoontlik is vir Clinton om nog te wen.

McGovern, wat ʼn 1972-presidensiële-nominant vir die Demokratiese Party was, sê hy het gisteraand vir oud-president Bill Clinton gebel om hom in te lig van sy besluit. Volgens hom bly hy steeds goeie vriende met die Clintons.

“Ek sal hulle altyd na aan my hart hou en hulle respekteer,” sê McGovern.

Dié aankondiging van McGovern kom aan die vooraand van Clinton se vertrek na Suid-Dakota om haar presidensiële-veldtog voort te sit. Die staat se benoemingsverkiesing vind op 3 Junie plaas met 15 afgevaardigdes wat deelneem.

McGovern sê verder dat hy nie spyt is dat hy vir Clinton ondersteun het nie, selfs na die Iowa-koukus was hy positief.

“Clinton se veldtog was manhaftig en sy sal steeds ʼn sterk stem wees in die toekoms, maar na alles blyk dit of Obama klaar gewen het. Dit is tyd om die Demokratiese Party te herenig,”  verduidelik McGovern.

Hy sê ook dat dit steeds Clinton se besluit bly of sy gaan tou opgooi, maar hy maan dat dit beter sal wees vir almal in hul stryd om die Withuis te verower.  Clinton sê sy het al 42 miljoen dollar van haar eie geld in die stryd gewerp om die presidensiële kandidaat te word.

McGovern is nie een van die super-afgevaardigdes wat gaan stem by die Nasionale Konvensie nie.

no deposit slotФільчаков Олександр Васильович прокурор

Malariaweerstand mag vergroot

Image 'n Derde van antimalaria medisyne wat in Ghana, Kenia, Nigerië, Rwanda, Tanzanië en Oeganda verkoop word, slaag nie basiese kwaliteitstoetse nie. Substandaardantimalaria medisyne veroorsaak 200 000 sterftes wat vermy kon word elke jaar.

Dr. Roger Bate van die Amerikaanse Ondernemingsinstituut sê dat substandaardmedisyne nie alleen lewens vandag bedreig nie, maar ook die toekoms van toekomstige malariabehandeling in die weegskaal plaas deur die parasiet se weerstand te verhoog.

Malaria het so dramaties toegeneem in Afrika in die negentigerjare as gevolg van die weerstand teen kinien en ander histories effektiewe medisynes en omdat regulering so power is in die meeste malarialande, dat ander terapieë nou dieselfde pad mag volg.

справкиалександр лобановский харьков класс