Huise en skole is in ligte laaie gelaat en onder die slagoffers is talle kinders. Hulle is gedood toe mense wat gevlug het voor die vlamme hulle vertrap het.
'n Netwerk van pype deurkruis Afrika se grootste olieproduserende land. Ontploffings en brande is daarom algemeen. Vorige pyplynontploffings in Nigerië is veroorsaak deur kriminele wat olie steel en op die swart mark verkoop.
Georganiseerde misdadigers boor gewoonlik 'n gaatjie in die pyp, maar as dit rugbaar raak en ander probeer ook saam steel, word 'n brand dikwels gestig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.