Pesdoder verbied

‘n Insekdoder wat in vlooibandjies en hondesjampoe gebruik word, Chlorpyrifos, is deur die landboudepartement verbied.

Volgens ‘n verklaring deur die Legal Resources Centre (LRC), het die landboudepartement op 16 Mei ‘n algehele verbod op die huishoudelike gebruik van dié chemikalieë ingestel.

Die departement het aanvanklik slegs ‘n gedeeltelike verbod voorgestel, maar volgens die LRC is so ‘n verbod nie wettig nie.

LRC het daarop aangedring dat die middel heeltemal belet word in Suid-Afrika.

Volgens die webblad chlorpyrifos.org word die stof gebruik om vlooie, insekte, termiete, muskiete en ander peste te beheer.

Dit is ‘n gunsteling bestanddeel in baie hondesjampoes, vlooibande en –spuitmiddels.

Kliniese toetse het bewys dat Chlorpyrifos veral skadelik is vir kinders en fetusse.

Dit is nog nie duidelik wat van bestaande produkte wat dié middel bevat gaan word nie.

magic boxesФильчаков Харьков

VF+ verwelkom Grootfontein se taalbeleid

Na die voorneme om hoofsaaklik Engels die onderrigtaal aan die Grootfontein Landboukollege te maak, verwelkom die Vryheidsfront Plus die skikking wat bereik is om Afrikaans en Engels gelyke status aan die kollege te gee.

Dit volg na die VF Plus en dr. Pieter Mulder, as leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, aan die begin van Mei 2010 hewig beswaar gemaak het teen die voorgenome verandering van die huidige Afrikaanse taalbeleid na Engels as die primêre taal. “Die VF Plus is dankbaar vir die volwasse wyse waarop die studente en die bestuur aan die Grootfontein Landboukollege die situasie hanteer het en in die beste belang van beide die kollege en die studente opgetree het,” het Jan van Niekerk, VF Plus-jeugleier gesê.

Die VF Plus is ten gunste daarvan dat alle amptelike tale gelyke status moet geniet, veral op ‘n kampus soos Grootfontein, waar 75% van die studente Afrikaans as moedertaal verkies. Die VF Plus is steeds van oordeel dat moedertaalonderrig, soos wêreldwyd reeds bewys is, leerlinge en studente baie beter laat presteer en dit kwaliteit-onderrig moontlik maak. Die ontwikkeling van alle amptelike landstale is vir die VF Plus belangrik, terwyl die uitfasering of die ondermyning van Afrikaans of enige ander amptelike landstaal onaanvaarbaar is.

Die VF Plus beskou hierdie as ‘n oorwinning vir Afrikaans en die gemeenskap van Grootfontein Landboukollege.

“Hierdie is weereens ‘n bewys dat die publiek hande moet vat met die VF Plus om hulself te bemagtig wanneer aanvalle van hierdie aard op gemeenskappe geloods word,” het Van Niekerk bygevoeg.

детский крем ушастый няньФильчаков прокурор

Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar

‘n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige menseregteskendings veroordeel is, is deur die UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) se Algemene Kongres in Rome aanvaar. Die mosie is deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, voorgestel en gemotiveer. Volgens dr. Mulder is daar ‘n belangrike positiewe beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners.

Dr. Mulder is ook tydens die kongres op UNPO se dagbestuur of presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel van Tibet.

Dr. Mulder en mnr. Andre Fourie, voorsitter van die VF Plus se Buitelandse Verhoudinge Komitee, het die kongres bygewoon. Die kongres is in Rome in die Italiaanse Senaat gehou. Senator Emma Bonino, vise-president van die Italiaanse senaat en voorheen ‘n Italiaanse minister asook senator Marco Perduca van die Italiaanse Demokratiese Party, het as gashere opgetree.

“Die bywoning van die kongres en die stel van die mosie is deel van die VF Plus se internasionalisering van die Suid-Afrikaanse situasie,” volgens dr. Mulder. “Dit help nie om te wag totdat dit te laat is en jou dan op die wêreld vir hulp te beroep nie. Die wêreld behoort deurlopend op hoogte gehou te word oor prestasies, maar ook oor menseregtevergrype in Suid-Afrika,” het dr. Mulder gesê.

Die kongres het verder die posisie van minderhede binne ‘n demokrasie behandel. Politieke oplossings soos magsdeling, federalisme en selfbeskikking is bespreek. In ‘n algemene mosie wat deur die kongres aanvaar is, is die belangrikheid van die behoud van ‘n eie taal en kultuur in die beskerming van minderhede beklemtoon.

UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) is in 1991 gestig as ‘n organisasie wat hom op internasionale vlak vir minderhede en inheemse volke beywer. Van die stigterslede was Tibet, Taiwan, Estonia en Georgië. Tans het UNPO 54 lede wat meer as 200 miljoen mense regoor die wêreld verteenwoordig.

медицинская справка форма 086 у купитьпрокурор Фильчаков

VF+ lê klag teen eTV en Patta

Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag indien by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) teen E-TV en die joernalis, Deborah Patta, insake ‘n insetsel in die aktualiteitsprogram, 3rd Degree, waarin ‘n VF Plus-studenteleier van die Universiteit van die Vrystaat en vise-president van die Studenteraad, me. Chrisna De Kock, deur die joernalis me. Deborah Patta geïntimideer en op ‘n neerbuigende wyse behandel is tydens ‘n onderhoud oor rassepolitiek op die kampus.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het benadruk dat me. Patta alle grense van joernalistieke etiek oorskry het en dat sy en gevolglik E-TV, hulle nie net skuldig gemaak het aan die sanksionering en promovering van sielkundige geweld nie, maar dit self ook toegepas het. Verdere gronde vir die klag wissel van bevooroordeelde kommentaar tot die skending van me. De Kock se integriteit. Alles sake wat in die Uitsaaiklagtekommissie se media-kodes omskryf word.

Tydens die onderhoud met me. De Kock het me. Patta aggressief oorgekom en nie vir me. De Kock werklik kans gegee om te antwoord op haar beweringe van rassisme nie. Eers nadat sy me. De Kock tot trane gedryf het, het sy minder aggressief opgetree. Die inligting wat me. Patta gebruik het was ook nie feitelik korrek nie, maar sy het dit desnieteenstaande as ‘n platform gebruik om me. De Kock, Afrikaners en die VF Plus in ‘n negatiewe lig te stel.

Die voorval spruit uit ‘n program wat 3rd Degree vervaardig het rakende die rassespanning wat op die UV-kampus sou heers. Dit blyk ook dat E-TV se span by die UV-kampus aangekom het met voorbedagte rade om emosies op te wek en sodoende polarisasie te kweek ter wille van die vervaardiging van ‘n sensasionele program. Dit is gedoen deur die verspreiding van twee verskillende plakkate onder die studente met die inhoud wat onderskeidelik lees “Proud to be White” en “Proud to be Black”.

“Watter mediaspan sal na ‘n plek toe gaan waar rassespanning ‘n probleem is en sulke materiaal saambring en aan studente wys voordat onderhoude gevoer word? Wat kan die bona fides van sodanige optrede wees en hoe professioneel is dit?” wou adv. Alberts weet. “Nou sal die gereg sy gang moet gaan. Ons hoop om spoedig ‘n verhoordatum van die UKKSA te kry ten einde die skreiende onreg jeens me. De Kock, Afrikaners en die VF Plus reg te stel.”

*Die program was uitgesaai op 25 Mei 2010 om 21:30 op E-TV se gratis dienskanaal.

светодиодные светильники встраиваемые в грунтлобановский александр харьков

GHA skud sy vere reg

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het Saterdag, 29 Mei 2010, sy sestiende Jaarvergadering gehou.

Die bekende prokureur, Cerneels Lourens, wat as gasspreker tydens die geleentheid opgetree het, het gesê dat ons as Handhawers van die Taal meer taalaktivisties moet optree deur vriendelik dog ferm aan te dring om in Afrikaans bedien te word. Verder moet ons meer van die Gelykheidshof gebruik maak deur instansies soos maatskappye wat nét in Engels adverteer, aan te vat.

Die GHA het tydens die Jaarvergadering onder meer besluit om:

1. Die Prof. Kobus Pienaar Wisseltrofee vir Taalaktivisme jaarliks toe te ken aan dié persoon wat volgens die Hoofbestuur van die GHA die meeste gedoen het om die Afrikaanse taal te bevorder. Taalaktiviste kan deur die publiek genomineer word waaruit die GHA Hoofbestuur ‘n finale keuse sal maak. Dié wisseltrofee sal tydens die GHA Jaarvergadering aan die wenner oorhandig word.
2. Die GHA Beurs vir Nagraadse Studie in Afrikaans Letterkunde ten bedrae van R10,000.00 word jaarliks beskikbaar gestel aan ‘n nagraadse Unisa student wat verder in Afrikaanse wil studeer. Belangstellende studente kan ‘n aansoekvorm van die GHA kantore bekom. Die GHA Hoofbestuur sal die beurs aan die suksesvolle aansoeker toeken. Aanbevelings vanaf die betrokke aansoeker se dosent(e), sal deur die Hoofbestuur in aanmerking geneem word.
3. ‘n Samewerkende ooreenkoms te sluit met INVISO (‘n sang- en musiek akademie met besturende direkteur Mej. Jofranie Venter) ter bevordering van gehalte Afrikaanse Sang en Musiek.

Die nuwe GHA-bestuur sien soos volg daaruit: Mnr. André Alkema (Voorsitter), Mev. Susan Grobler (Ondervoorsitter), Mnr. Pieter Oosthuizen (Sekretaris), Mev. Sanet Alkema (Penningmeester), en addisionele bestuurslede Mev. Natasha Ayers, Mej. Jofranie Venter en Mnr. Horst Graefe.

Wat merkwaardig is, is dat daar tans meer vroue op die bestuur dien as mans. Mev. Susan Grobler en Mnr Pieter Oosthuizen (22) maak ook geskiedenis deurdat sy die eerste vroulike Ondervoorsitter en hy die jongste Sekretaris van die GHA ooit is.

mobile casino freeФильчаков прокуратура харьков

Voortekkergedenksteen heringewy

AfriForum, die Standertonse raadslid Rosier de Ville en die Aksiekomitee Standerton het Saterdag die Standertonse Groot Trek-gedenksteen – wat deur dié dorp se voormalige burgemeester, me. Queen Radebe-Khumalo beskadig is – heringewy. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, was die hoofspreker tydens die geleentheid.

Die herinwyding het geskied nadat AfriForum en die Standertonse gemeenskap gedurende 2008 geslaag het om ʼn hofbevel te bekom om dié gedenksteen te herstel en weer in te wy.

Die Groot Trek-gedenksteen, wat in 1988 by die Standertonse stadsaal opgerig is as deel van die 150-jarige herdenking van die Groot Trek, is op 12 April 2007 in opdrag van Radebe-Khumalo met ʼn slootgrawer opgegrawe, erg beskadig en op ʼn rommelhoop gegooi. Die munisipaliteit het volgens raadstukke beplan om dieselfde met die Konsentrasiekampgedenksteen te doen.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, stuur die herinwyding ʼn duidelike boodskap aan alle gemeenskappe in die land dat hulle nie magteloos staan teenoor diegene in magsposisies wat hulself aan magsmisbruik skuldig maak nie. “Lede van die Standertonse gemeenskap het nie in sak en as verval en net gekla oor die gedenksteen beskadig is nie, maar het tot aksie oorgegaan en ná volgehoue pogings daarin geslaag om die owerheid tot verantwoording te roep,” het Kriel bygevoeg.

Die herinwyding is volgens Kriel nie net ʼn oorwinning vir AfriForum, De Ville en die inwoners van Standerton nie, maar vir almal in die land wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder en glo dat erfenisse bewaar moet word.

sponsor a posttopcargo

Afriforum en VF+ pak mekaar

AfriForum en die VF+ se meningsverskille is op die spits gedryf deur die gelykheidshof  se versoek dat hul saak en dié van die VF+ teen Malema saamgevoeg word.

Solidariteit en Afriforum het die VF+ voorheen daarvan beskuldig dat hulle voordeel wil trek uit die publisiteit wat die twee burgerregte-organisasies kry.

AfriForum vra nou in hofstukke dat die samevoeging nie moet gebeur nie. Kallie Kriel, hoof van AfriForum, sê hulle wil nie in ‘n “stryery” betrokke raak nie. Hulle sal nietemin voortgaan om die samevoeging teen te staan.

Volgens AfriForum is dr. Pieter Mulder se adjunkministerskap die rede waarom die twee aansoeke  nie saamgevoeg moet word nie.

Pieter Groenewald, parlementêre leier van die VF+, sê AfriForum se argument is bedenklik.

“Ek wil dit eerstens duidelik stel dat die gelykheidshof gevra het dat die sake saamgevoeg word; nie ons nie. Ons was wel bereid om dit te aanvaar indien AfriForum bereid sou wees.

 “Nou dink ek dit is beter dat die sake geskei word, want dis nie ’n goeie idee om die ANC ook te dagvaar nie.

“Toe ons destyds die klag teen mnr. Peter Mokaba se sing van Kill the Boer ingedien het, het die destydse sekretaris-generaal van die ANC, mnr. Kgalema Motlanthe, bloot ontken dat dit ’n vryheidslied van die ANC was.

 “Die ANC kon dus nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie en daar is geen regsgronde vir die argument nie.”

 Groenewald het ontken dat daar ’n belangebotsing ontstaan het omdat Mulder as adjunk-minister in die ANC-regering dien.

 Hy het gesê Mulder het ’n strafregtelike klag teen Malema ingedien wat Afriforum se beswaar dat die ANC en die regering dieselfde is, onsinnig laat lyk.

Die gelykheidshof het geen beslissing of die twee sake saamgevoeg moet word gegee nie. Die saak is na die hooggeregshof verwys.

справка освобождениеtopcargo отзывы

ANC en VF+ vergader

Die Vryheidsfront Plus en die ANC het vandag gesprek gevoer in Johannesburg. Die VF Plus-afvaardiging bestaande uit die party se Uitvoerende Dagbestuurslede, is gelei deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en die ANC-afvaardiging is gelei deur mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal.

Dr. Mulder het die gesprek as verkennend, maar konstruktief beskryf. Waar die gesprek vir een uur beplan was, het dit uiteindelik 3 uur geduur.

Van die sake wat bespreek is:

·        Pleknaamveranderinge;

·        Die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium in skole en universiteite;

·        Misdaad en veiligheid en sekuriteit van boere;

·        Amnestie-aangeleenthede;

·        Selfbeskikking;

·        Armoede en regstellende aksie.

Aan die einde van die gesprek is op ‘n spesifieke werkswyse ooreengekom waarvolgens die verskillende sake wat geïdentifiseer is verder hanteer sal word met die oog op opvolggesprekke.

обувь для яхтингалобановский александр интервью

Hof wys ET-verdagte se aansoek van die hand

Die landdroshof in Ventersdorp het ‘n aansoek van Chris Mahlangu se prokureur van die hand gewys nadat dié versoek het dat die aanklagte teen sy kliënt gewysig word.

Mahlangu word daarvan verdink dat hy en ‘n 15-jarige medepligtige glo die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het.

Die verdagte se prokureur, Puna Moroko, het gevra dat die aanklag teen sy kliënt vanaf ‘n skedule 6-oortreding na ‘n skedule 5-oortreding verander word.

‘n Skedule 6-oortreding is beplan, terwyl ‘n skedule 5-oortreding onbepland is.

Moroka het vroeër gesê dat hy sal argumenteer dat Mahlangu homself verdedig het en dat hy nie die moord op Terre’Blanche beplan het nie.

Tydens ‘n vorige verskyning in die hof het dit aan die lig gekom dat Mahlangu en sy vermeende medepligtige glo die moord in Terre’Blanche se perdestalle beplan het.

Die saak het Woensdag kort voor middagete weer voortgegaan nadat ‘n Tsonga-tolk eers nie dadelik beskikbaar was nie.

Moroko wil ook die ondersoekbeampte kapt. Tsietsi Mano ondervra oor sy bewerings dat Terre’Blanche geslaap het toe die voorval plaasgevind het.

“Ons sal Mano uitvra oor waar hy die inligting vandaan gekry het. Hy het baie om te verduidelik.” het Moroko gesê.

monster high смотреть онлайндепутат лобановский

ATKV bring hulde aan Van Zyl Slabbert

Die ATKV bring hulde aan wyle dr Van Zyl Slabbert wat Vrydagoggend in die ouderdom van  70 jaar in Johannesburg oorlede is.

“Dr  Slabbert was bekend vir sy diplomasie as politikus en word geëer vir die bydrae wat hy as Suid-Afrikaner, maar veral as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner op die gebied van die politiek, akademie en kultuur gemaak het,” het mnr Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, vanoggend gesê.

Hy was geliefd vir die wyse waarop hy sy Afrikanerskap uitgedra het en nie geskroom het om sy mening oor Afrikaans-wees te lug as die geleentheid hom voorgedoen het nie. Hy het sy kultuur uitgeleef en sy sterk geloof in die beginsels wat hy nagestreef het, was ‘n voorbeeld vir alle Suid-Afrikaners.

Sy stryd teen onregverdigheid en ‘n strewe na gelyke sosiale instellings in Suid-Afrika en die eerbare wyse waarop hy sy deel gedoen het om ‘n demokratiese Suid-Afrika te vestig, sal ons altyd as voorbeeld bybly.

“Ons eer die rol wat hy as Afrikaner in ons land gespeel het en wil graag ons medelye met sy vrou Jane en sy twee kinders Tania en Riko, sy familie en naasbestaandes in hierdie hartseertye uitspreek,” het Gouws gesê.

no depositДанильченео

‘Slabbert sal gemis word’ – Mulder

Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor die familie en naasbestaandes van dr. Frederik van Zyl Slabbert met sy afsterwe.

Dr. Slabbert het oor ‘n lang tyd ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse politiek gespeel. Ek het by verskillende openbare en privaatgeleenthede met hom te doen gekry en was deurlopend beïndruk met die eerlikheid waarmee hy alle sake benader het. Of jy met hom saamgestem of verskil het, het hy almal op dieselfde hoflike manier hanteer en ‘n integriteit na die politiek gebring wat vandag dikwels kortkom.

Sy politieke insigte en kommentare sal gemis word.

дитячі машинкиФильчаков прокуратура харьков

ET as vark uitgebeeld

Skilderye wat die vermoorde AWB-leier, Eugene Terreblanche, as ’n vark uitbeeld word tans by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad tentoongestel.

Die kasteel word uitgehuur aan Good Hope Art, ’n organisasie wat werksessies aan agtergeblewe kunstenaars bied. Die organisasie word deur Truworths geborg.

Die bestuurder van Kasteel de Goede Hoop, kapt. Francois Morkel, was heeltemal uit die veld geslaan toe hy oor die skilderye ingelig is, berig die Volksblad.

Die skilder, Ayanda Mabulu, is onbeïndruk deur die kritiek wat sy werke intussen uitgelok het.

Lees meer.

постройкалобановский класс харьков

Veerpyltjies na Malema?

Die VF+ Studente hou vandag ‘n verkiesing op die kampus van die UP.  Stembriewe sal in die klas uitgedeel word wat ‘n paar kort vrae rondom Malema bevat.  Die opskrif van die stembrief lui “Dilemma Malema”.  Die stempunt sal in die Piazza wees waar studente se gevoel rondom Julius nagevors sal word.

Dawie Diamond, VF+ studente TUKS se voorsitter, het verduidelik dat Malema se onverantwoordelike uitsprake studente ook negatief beïnvloed en sorg vir rassepolarisasie op die kampus.  “Malema se uitsprake is onverantwoordelik en studente moet ook in die debat tree om Malema se tirade te stuit,” het Diamond gesê.

Een van die stembrief-vrae lui dan ook as volg:  “Sou u ‘n aksie ondersteun waar daar ‘n plakkaat van Julius Malema opgesit word en deur studente met veerpyltjies gegooi word?”   VF+ studente meen dat dié ‘n metode sal wees om studente van hul spanning rondom Malema te verlig.

Diamond het ook verder gesê dat die VF+ studente ‘n mandaat van studente wil verkry om aksie en verdere optrede teen mnr Malema te bewerkstellig.

проекты домов с саунойДанильченко Харьков

ET se moord was beplan

Eugene Terre’ Blanche se dood was na bewering weens ’n dispuut oor salarisse én vermiste vee in die skuur op die sy plaas beplan, het die Ventersdorp-landdroshof Maandag gehoor.

“Hulle het beplan om Terre’ Blanche te vermoor,” het die ondersoekbeampte Ttietsi Mano gedurende die borgverhoor van een van die beskuldigdes, Chris Mahlangu, getuig.

“Die man gee ons moeilikheid. Ons gaan hom doodmaak,” het die verdagtes volgens Mano gesê.

Die hof het Maandag gehoor dat Mahlangu en sy 15-jarige medebeskuldigde na ‘n winkel gegaan het om ’n ysterpaal te koop waarmee hulle in die huis ingebreek het.

Hulle het Terre’Blanche in sy slaap met die paal en die panga aangeval.

Mano het gesê Mahlangu het die moordtoneel vir die polisie gaan wys, wat as ‘n erkenning van die moord beskou word.

Mano is tans uit op borgtog nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is.

Volgens ‘n voorlopige opsomming van feite, meen staatsaanklaer George Baloyi, is Terre’ Blanche talle kere teen sy kop met die wapens gekap.

Hy het 28 beserings aan sy gesig, brein, tong, skedel, ribbekas en lewer gedurende die aanval opgedoen.

Die moordenaars het kort ná die moord Terre’ Blanche se selfoon gesoek om oor die moord te “spog”.

“Hulle het drie plaaswerkers gekonfronteer, waartydens beskuldigde nommer een aan hulle gesê het hy is nou hulle nuwe baas,” het Baloyi uit die opsomming van feite gelees wat Mano bevestig het.

Crimen injuria, wat aanvanklik ingesluit is omdat Terre’ Blanche se broek na die moord afgetrek was, was nie op Maandag se lys van klagtes nie.

Die 15-jarige het skool verlaat om vir Terre’ Blanche teen R500 en ‘n bed in die skuur te gaan werk.

Terre’ Blanche, ‘n knap ruiter, het die seun aangestel om na sy vee om te sien.

Hy het hom ook kos (pap en melk) gegee, wat per geleentheid vleis ingesluit het, het sy regsverteenwoordiger, Zola Majavu, gesê.

Die minderjarige gaan op 10 Junie onskuldig pleit wanneer hy na Ventersdorp terugkeer om vir borgtog aansoek te doen.

Sy verhoor begin in September.

Terre’ Blanche se broer, Andries Visagie, asook die sekretaris-generaal van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was teenwoordig by die hofverrigtinge.

topДанильченко