Hof wys ET-verdagte se aansoek van die hand

Die landdroshof in Ventersdorp het ‘n aansoek van Chris Mahlangu se prokureur van die hand gewys nadat dié versoek het dat die aanklagte teen sy kliënt gewysig word.

Mahlangu word daarvan verdink dat hy en ‘n 15-jarige medepligtige glo die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het.

Die verdagte se prokureur, Puna Moroko, het gevra dat die aanklag teen sy kliënt vanaf ‘n skedule 6-oortreding na ‘n skedule 5-oortreding verander word.

‘n Skedule 6-oortreding is beplan, terwyl ‘n skedule 5-oortreding onbepland is.

Moroka het vroeër gesê dat hy sal argumenteer dat Mahlangu homself verdedig het en dat hy nie die moord op Terre’Blanche beplan het nie.

Tydens ‘n vorige verskyning in die hof het dit aan die lig gekom dat Mahlangu en sy vermeende medepligtige glo die moord in Terre’Blanche se perdestalle beplan het.

Die saak het Woensdag kort voor middagete weer voortgegaan nadat ‘n Tsonga-tolk eers nie dadelik beskikbaar was nie.

Moroko wil ook die ondersoekbeampte kapt. Tsietsi Mano ondervra oor sy bewerings dat Terre’Blanche geslaap het toe die voorval plaasgevind het.

“Ons sal Mano uitvra oor waar hy die inligting vandaan gekry het. Hy het baie om te verduidelik.” het Moroko gesê.

monster high смотреть онлайндепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae