Swart aanklaer lag openlik vir Ratte in hof

Met oudkommandant Willem Ratte se eerste hofverskyning op Maandag 11 Oktober het ‘n Afrikaanse vroue-aanklaer die saak hanteer en ‘n voorstel gedoen om die aangeklaagdes teen Vrydag op waarskuwing uit te laat terwyl die saak ondersoek word en hulle deur korrektiewe dienste gemonitor word. Intussen het ‘n aggressiewe swart aanklaer, Fanie Vundla, oorgeneem wat op Vrydag 15 Oktober openlik in die hof vir Ratte gelag het.

Die vooroordeel wat daar teen Ratte en sy mede-aangeklaagdes bestaan, is Vrydag verder gedemonstreer deur ‘n voorval waartydens mnr. J.P. Nel, woonagtig op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik waar Ratte in hegtenis geneem is, summier by die hof in Witbank gearresteer is omdat hy aan ‘n swart vroulike prokureur van die regshulpraad gevra het waarom sy nie haar handsak deur die x-straalmasjien by die hof laat gaan nie. Die persoon het haar opgeruk en Nel op ‘n vals klag van aanranding in hegtenis laat neem. Nel is intussen op borg van R500 vrygelaat en beplan ‘n siviele eis teen die staat vir wederregtelike inhegtenisname.

Terwyl die vorige blanke aanklaer nie die borg van die nege mans wat saam met Ratte aangekla is sou teenstaan nie, het Fanie Vundla intussen besluit om wel Eugene Becker se borg teen te staan. Becker is tans nog in die tronk saam met Ratte wat steeds ‘n hongerstaking beoefen.

Die landdros wou eerskomende Vrydag 25 Oktober weer die saak aanhoor, maar Vundla het geweier aangesien hy sy “dogter se gradeplegtigheid moet bywoon”. Op ‘n vraag of daar nie ‘n ander aanklaer op daardie datum beskikbaar is nie, het Vundla geantwoord dat hy “deur sy hoofde aangesê is dat slegs hy die saak moet hanteer”.

Op ‘n vraag van die landdros of hy Willem Ratte se borg sal teenstaan of nie, het Vundla geantwoord: “Ek het nog nie besluit nie.”

Vundla het ook die polisie se reaksiemag na die hof laat kom om die gehoor en gevangenes te laat intimideer.

Die sogenaamde “onwettige wapens” wat op Wille Ratte se plaas gevind is, blyk nou wettig te wees, synde grootliks voorlaaierrewolwers en windbukse waarvoor geen lisensie nodig is nie. Blykbaar is slegs die R4-geweer streng gesproke onwettig, maar ook dit is voorheen gelisensieer deur ‘n oudkollega van Ratte.

Volgens ‘n persoon wat ook die hofverrigtinge bygewoon het, is die staat besig om te vis vir verdere klagtes wat hulle teen Ratte en sy groep kan bring aangesien die huidige getuienis nie in die hof teen hulle gaan slaag nie. Daar word ook vermoed dat Fanie Vundla oudkommandant Ratte lank genoeg op die hongerstaking wil hou sodat hy kan sterf; vandaar sy pogings om tyd te wen met die vasstel van ‘n volgende verhoordatum.

Soos vroeër berig is, is agt van die beskuldigdes op waarskuwing vrygelaat. Hulle is mnre. Marais Bouer (30), Günther Kotze (32), Petrus Visser (20), Raymond Senekal (43), Wesley Borman (24), Corné de Beer (22), Justin Schoeman (18) en Christopher Meyer (27). Almal is onder korrektiewe toesig geplaas in die jeugherberg op die plaas naby Balmoral. Dit blyk egter dat Justin Schoeman 17 en nie 18 jaar oud is nie, wat hom ‘n minderjarige maak wat deur die staat as volwassene hanteer word en in ‘n volwasse tronk aangehou is.

Volgens regslui in Witbank is viktimisering van blankes deur die owerheid aan die toeneem en word mense goedsmoeds op vals klagtes gearresteer en in selle gesmyt. Hoewel die media heelwat aandag aan Ratte se geval geskenk het, is dit geensins geïsoleerd nie en blykbaar algemeen in die omgewing.

‘n Toeskouer wat die inhegtenisname van J.P. Nel aanskou het, het gesê: “Daar is geen verskil meer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe nie. Wet en orde is besig om te verval en magsmisbruik weens rassistiese haat teen blankes is deesdae aan die orde van die dag.”

Tans sterf daar meer mense jaarliks in aanhouding in polisieselle as ooit onder die ou regering toe daar byna daagliks daaroor in die internasionale media berig is.

мембранный напорный бакАлександр Фильчаков прокурор

Korrektiewe dienste steeds onredelik oor Clive Derby-Lewis

Die voormalige parlementslid, mnr. Clive Derby-Lewis, se dokter het sy mediese verslag vrygestel in ‘n poging om die departement van korrektiewe dienste te verhoed om weer na die gevangenis oor te plaas waar mediese sorg tot dusver van hom weerhou is. Hier volg die verslag:

Mnr. Clive Derby-Lewis is ‘n bejaarde man van 74 jaar wat verskeie potensieel lewensbedreigende siektes onderlede het.

Mnr. Derby-Lewis het sy regteronderbeen beseer in ‘n tronkgang. He het na die dokter wat Korrektiewe Diens voorsien gegaan wat salf met verbande voorgeskryf het. Die wond het swart verkleur en het etter gedreineer. Die doctor wat Korrektiewe Diens voorsien het, het nie verwys nie. Die pasient se been het begin swel en hy het koorsig geword en eetlus verloor.

Ten einde mediese sorg te bekom wat toepassend is, is mnr. Derby-Lewis na ‘n privaat hospital oorgeplaas op 20 September 2010.

Met ondersoek was dit duidelik dat mnr. Derby-Lewis baie siek was en verswak was. Die pasient se onderbeen was erg geswel – twee keer dikker as die gesonde been. Etter het uit ‘n opening van die area van nat gangreen geloop. Dit was duidelik dat mnr. Derby-Lewis sy been vanwee sepsis gaan verloor.

Ten einde ‘n amputasie te voorkom is die pasient onmiddellik gerussussiteer met binneaarse vog en antibiotika.

Mnr. Derby-Lewis is die volgende dag na die teater geneem vir die eerste operasie. Die wagte het langs die operasietafel gestaan. Eers nadat sy regspan ingetree het, kon die wagte oortuig word om 5 tree van die teatertafel posisie in te neem.

Die dooie weefsel is uit die regteronderbeen chirurgies verwyder. Die etter is uit die onderbeen gespoel.

‘n Tweede operasie is later die week gedoen (24 September 2010). ‘n Hofbevel is bekom om die wagte to belet om tydens die operasie direk langs die operasietafel te staan. Die laaste dooie weefsel en etter is tydens hierdie operasie verwyder. Nadat al die dooie weefsel uit die onderbeen verwyder was, was daar ‘n defek van 15 cm by 10 cm gewees.

Ten einde die infeksie van die wond, die been en die hele liggaam onder beheer te bring is drie verskillende antibiotikas gelykertyd intraveneus toegedien. Dit het ‘n week geduur om die infeksie onder beheer te bring.

Die regterdy is as donor gebruik om vel te kry om die wond oor te plant.

Die veloorplanting het meestal vasgegroei. Dit is op hierdie stadium nie seker of ‘n tweede verloorplanting nodig sal wees nie.

Mnr. Derby-Lewis is deur die dokter wat deur die korrektiewe dienste beskikbaar gestel is behandel vir sy velkanker. ‘n Salf is voorgeskryf maar dit het geen effek op die groei van die kanker gehad nie. Met opname in die privaat hospital was daar twee ulserende velkankers aan die regterkant van die pasiente se gesig. Die kankers (7 cm x 5 cm) het van sy haarlyn gestrek tot by sy regter wenkbrou en het gebloei.

Die twee kankers was uitgesny en vir analise gestuur ten einde te aard daarvan te bepaal. Daar word nog twee operasies beplan om die kankers volledig uit die gesig te sny.

Mnr. Derby-Lewis se hoë bloeddruk was buite beheer. Die metings was 180/95 mm hg. Daar is met kombinasie-antihipertensiemedikasie begin wat die hoe bloeddruk verlaag het. Die dosering van antihipertensie medikasie moes verhoog word ten einde die pasient se bloeddruk finaal onder beheer te bring.

‘n Roetine-ondersoek na die prostaat is onderneem. ‘n Bloedtoets wat gebruik word om prostaatkanker te diagnoseer is gedoen, wat baie verhoog is. Daar is ‘n groot moontlikheid dat mnr. Derby- Lewis prostaatkanker het. Verdere toetse en behandeling sal nog moet plaasvind om die prostaatprobleem te genees.

Mnr. Derby-Lewis word aan sy bed geboei. Dit belemmer sy beweging en stel die pasient in ‘n hoe risiko om trombose van sy bene te ontwikkel. Aangesien Korrektiewe Dienste geweier het om die pasient se boeie te verwyder is daar voortgegaan om die pasient met heparien te behandel ten einde trombose te voorkom.

Daar is by my geen twyfel dat ‘n oorplasing na ‘n mediese versorging wat deur die korrektiewe diens verskaf word tot ernstige nadeel en selfs lewensbedreigende nadeel van mnr. Derby-Lewis sal strek nie.

Ek verstrek die volgende redes waarom voortgesette behandeling in die privaat hospital lewensnooodsaaklik is vir my pasient:

  • Die veloorplanting op die been is nog nie vasgegroei nie. Die veloorplanting kan misluk indien die verbande nie deur ‘n spesialis in wondversorging gedoen word nie.
  • Die velkankers van die gesig het nog twee operasies nodig – waarvan die eerste operasie reeds Maandag 11 October geskeduleer is.
  • Die prostaatkanker moet nog verder behandel word.

Konserwatief gesproke moet mnr. Derby-Lewis nog 30 tot 40 dae in die privaat hospitaal behandel word.

7 Oktober 2010

Dr. M. du Rand

самовсасывающие насосы характеристикилобановский александр игоревич харьков

Diskriminasie teen blanke plakkers in Krugersdorp

‘n Inwoner van die blanke plakkerskamp by Kroningspark in Krugersdorp verduidelik hoe hulle lastig geval word deur swart besoekers wat hulle kommunale toilette bemors en die ANC-munisipaliteit teen hulle diskrimineer as dit by die voorsiening van elektrisiteit kom.

компрессоры насосы беккер комплектующиеФильчаков прокурор харькова

8 in Ratte-saak vrygelaat

Agt van die beskuldigdes in die Willem Ratte-saak is vandag op waarskuwing vrygelaat en sal in huisarres op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik verkeer. Oudkommandant Ratte en Eugène Becker het egter nie om borgtog aansoek gedoen nie en sal in die WItbankse gevangenis agterbly.

Ratte hou vol dat hy onskuldig deur die polisie in hegtenis geneem is en weier daarom om om borgtog aansoek te doen. Hy is nou reeds 15 dae met ‘n eetstaking besig en daar word gevrees dat hy in die gevangenis mag sterf. Eugene Becker het ook nie om borgtog aansoek gedoen nie ten einde Ratte in sy verswakte toestand in die tronk by te staan.

Die departement van korrektiewe dienste sal die vrygelate mans monitor en hulle sal gereeld by die naaste polisiestasie moet aanmeld.

Foscarini Александр Фильчаков

Moslem-swarte spuug na Ratte en medegevangenes

Nadat oudkommandant Willem Ratte en sy medegevangenes in die landdroshof op Witbank verskyn het, het ‘n swarte met ‘n Moslem-fez op na hulle in die vangwa gespuug terwyl die voertuig die hofterrein verlaat het.

Ratte, wat tans op ‘n eetstaking is, gaan nie vir borgtog aansoek doen nie, maar die ander nege gevangenis kan moontylik teen Vrydag op waarskuwing vrygelaat word, hangende ‘n ondersoek deur die departement van korrektiewe dienste.

By die hof was ‘n aansienlike mediakontingent teenwoordig en onderhoude is met my, sowel as mnr. Avigdor Eskin, die Israelse aktivis, gevoer.

Ratte het moeg en bleek in die hof gelyk. Nadat ons drie en ‘n half uur in die hof gewag het, het die tien gevangenes in die hof verskyn en sowet ‘n kwartier later weer na die selle vertrek. Die borgaansoek van die nege gevangenes, uitgesonderd Ratte, sal Vrydag teen 12.00 aangehoor word.

детские самокатыФильчаков прокурор отзывы

Willem Ratte op hongerstaking in tronk

Willem RatteOud-kmdt. Willem Ratte is reeds ‘n week lank op ‘n hongerstaking in die Witbankse gevangenis omdat hy voel dat hy onregmatig aangehou word. Vriende en mense na aan hom vrees vir sy lewe aangesien sy gestel reeds verswak is en die gevangenisowerheid weier dat hy elektroliete ontvang wat die verhongeringsproses sou vertraag.

Dr. Dan Roodt van Praag en ‘n vriend van Ratte was Donderdag by die gevangenis waar hulle op tegniese gronde toegang tot Ratte geweier is. Hulle het elektroliete by hulle gehad wat hulle aan Ratte sou kon oorhandig.

Die handelsnaam van die elektroliete is Rehidrat en kan oor die toonbank en selfs in supermarkte gekoop word. Terwyl die gevangenisowerheid geweier het dat die elektroliete aan Ratte oorhandig word, word gevangenes wel toegelaat om kitskos soos Nando en Kentucky Fried Chicken te ontvang, asook tandepasta en ander toiletware.

Ratte se vrou Zanzi het bevestig dat sy van ‘n medegevangene verneem het dat Ratte ‘n hongerstaking uitvoer. Hy het reeds twee keer vantevore toe hy in die gevangenis aangehou is dieselfde gedoen. Toentertyd het hy egter vrylik toegang tot elektroliete gehad.

Volgens Ratte het hy “hoegenaamd niks” met enige wapens of dagga wat op die plaas gevind is te make gehad nie. Hy ontken ook dat ‘n koperkabel wat op die plaas gevind is, gesteel is. Hy voel dat hy onmiddellik vrygelaat behoort te word.

Intussen het dit geblyk dat die polisie aanvanklik deur ‘n werknemer van die sweisskool op die plaas, mnr. Mike Hough, ontbied is nadat ‘n sakkie dagga en 9mm-patrone op die perseel van die sweisskool gevind is. Daar is ‘n slegte verhouding tussen Ratte en Hough en blykbaar het hulle vantevore reeds rusie gemaak.

Hough het oor die afgelope weke toegelaat dat vragmotorbestuurders van buite by die sweisskool oorslaap vir herstelwerk aan swaar vragmotors, wat tegelyktertyd die “volkseie” reël van die stigting waaraan die plaas behoort oortree het en ‘n veiligheidsrisiko geskep het. Hough is daarna aangesê om dié praktyk te staak.

‘n Vriend van Ratte wat anoniem wil bly, meen: “Ek vind dit vreemd dat die sakkie dagga en patrone direk ná dié voorval daar gevind is. Die plaas funksioneer reeds nege jaar lank met die rehabilitasieprogram vir hawelose seuns waarvan sommige al daggarokers was. Waarom word die sakkie dagga en patrone skielik ontdek net nadat die onderonsie met Hough oor die vragmotorbestuurders ontstaan het? Aan wie behoort die dagga en wie het dit daar geplant?”

Mnr. Mike Hough het volgens bronne op die plaas die polisie twee keer oor die sakkie dagga gebel. Aanvanklik is twee swart polisiemanne na die plaas gestuur, maar hul ondersoek het nie veel opgelewer nie en geen klopjag is op Ratte en die jongmans uitgevoer nie. Daarna het Hough weereens die polisie gekontak en aangepor om ‘n klopjag op die hele plaas uit te voer. Hough wou blykbaar “wit polisiemanne” op die plaas hê om die klopjag uit te voer. Blykbaar het ambulanse die taakmag vergesel, wat die indruk gewek het dat die polisie nie sou skroom om op Ratte en die hawelose seuns te skiet nie.

Ratte en sy mede-aangehoudenes verkeer reeds langer as ‘n week in die gevangenis op Witbank. Hulle sal Maandagoggend in die landdroshof in Witbank verskyn waar moontlike borgaansoeke aangehoor sal word. ‘n Groot groep ondersteuners en simpatiseerders word by die hof verwag.

Volgens ‘n medegevangene is Ratte egter so swak omdat hy reeds ‘n week lank nie eet nie dat hy beswaarlik kan staan. Of hy dus in ‘n toestand sal wees om Maandag in die hof te verskyn, is ‘n ope vraag. Intussen weier die gevangenisowerheid dat Ratte elekroliete ontvang.

Volgens gevangenisreëls sou dit wel moontlik wees om vir Ratte ‘n privaat dokter te bekom wat die tronk kon besoek. ‘n Sakeman en vriend van Ratte sê: “Ek het my bes probeer om vir Ratte ‘n dokter te kry wat hom kon ondersoek en die elektroliete vir hom sou kon invat, maar die gevangenisowerheid op Witbank bly onbehulpsaam.”

абажур с гималайской солью для банилобановский депутат

Willem Ratte nie vry

Die Bosoorlogheld oud-kmdt. Willem Ratte se dringende aansoek om uit die Witbankse gevangenis vrygelaat te word, het in die Pretoriase Hooggeregshof misluk. Ratte en sy nege medegevangenes sal nou eerskomende Maandag vir die eerste keer in die hof voorkom waar hulle om borg sal kan aansoek doen.

Ratte word reeds byna ‘n week lank aangehou. Aanvanklik is geen klagtes teen hom gestel nie, maar tans word hy aangehou weens “dwelmhandel en diefstal”.

Vriende wat Ratte in die tronk besoek het, is bekommerd oor sy gesondheidstoestand en daar is gerugte dat hy dikwels nie kos en water van die gevangenisowerheid ontvang nie.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het intussen ‘n dringende beroep op parlementslede van die Vryheidsfront Plus gedoen om ‘n besoek aan Ratte op Witbank te reël sodat die situasie by die gevangenis ondersoek kan word.

пляжи хорватии для детейданильченко юрий брониславович прокурор

Ratte en ander van ‘dwelmhandel en diefstal’ aangekla

Oud-kmdt. Willem Ratte en nege ander wat verlede Donderdag in hegtenis geneem is, is aanvanklik sonder verhoor aangehou. Die staat het sy vroeëre bewerings van terreur en die besit van onwettige wapens, geheel en al laat vaar en vandag is die gevangenes van is dwelmhandel en diefstal aangekla.

Ratte en sy mede-aangehoudenes is ook vandag vanaf die polisiestasie na die tronk in Witbank oorgeplaas, wat die indruk skep dat hulle nie gou vrygelaat of borgtog sal ontvang nie.

Die dringende aansoek om Ratte vry te laat is deur ‘n swart regter in die Pretoriase Hooggeregshof geweier en die regter het aanvanklik beslis dat die oud-soldaat vir nog ‘n week aangehou mag word, ‘n beslissing wat teen artikel 35 van die SA grondwet indruis wat bepaal dat niemand meer as 48 uur aangehou mag word sonder dat klagtes teen hom of haar aanhangig gemaak word nie.

Vriende van die aangehoudenes beweer dat hulle sonder kos en wat of toiletgeriewe gelaat is. Ratte het ook tans mediese sorg nodig wat aan hom geweier word.

‘n Regskenner wat anoniem wou bly, het aan Praag gesê: “Die gemak waarmee ernstige klagtes soos terrorisme en die besit van onwettige wapens nou in diefstal en dwelmhandel omgeskakel word, toon dat die staat regtig rondtas om ‘n klag teen Ratte te vind, wat die indruk verhoog dat hy om ideologiese en propagandaredes gearresteer is.”

Die klag van dwelmhandel mag verband hou met ‘n sakkie dagga wat op die perseel in Balmoral deur ‘n student aan die sweisakademie gevind is. Volgens ‘n bron is dié vonds teenoor die polisie aangemeld, wat aanvanklik nie “veel belanggestel het nie”. Ná enkele dae verbygegaan het, het ‘n hele span polisie egter op die plaas opgedaag om Ratte en sy nege studente te arresteer.

Omdat Ratte ‘n rehabilitasieprogram vir hawelose jeugdiges en vroeë skoolverlaters bedryf, is probleme met dagga of dwelms nie ongewoon nie, iets wat die staat blykbaar nou teen Ratte aanwend hoewel personeel van die sweisakademie eerste die vonds van ‘n sakkie dagga aan die polisie gekommunikeer het.

Van die “terreurwapens” waarop die polisie aanvanklik beslag gelê het, was windbukse en pangas wat deur enigeen besit mag word.

трансформері праймАлександр Фильчаков

Ratte-saak uitgestel ná ‘nuwe bewerings’

Die dringende aansoek om die vrylating van oud-kmdt. Willem Ratte wat vanmôre om 10.00 in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor sou word, is uitgestel vanweë “nuwe en ernstige bewerings” wat deur die staat gemaak word. Ratte se prokureur, mnr. Daan Mostert, is na die gevangenis in Witbank op pad om verdere getuienis van sy kliënt in te win.

Wilde bewerings van “terrorisme” word deur die staat teen Ratte gemaak, met die Media 24-koerant Beeld wat lustig hieraan deelneem op ‘n wyse wat herinner aan die onsmaaklike bewerings van homoseksualisme wat ná die moord op Eugene Terre’Blanche deur die ANC se inligtingsdiens en die media versprei is. ‘n Ingeligite mediakenner het aan Praag gesê: “Bewerings soos dié van terrorisme is baie ernstig, veral binne die internasionale konteks met Amerika se ‘oorlog teen terreur’. Die foto van die beweerde wapens en besonderhede wat tot dusver vrygestel is, wil dit laat voorkom asof ‘n akkedis hier tot ‘n krokodil aangepraat word. Dit reflekteer op die professionalisme van sowel die polisie as die verslaggewers wat kennelik met ‘n soort propagandaveldtog teen Ratte besig is wat hoegenaamd nie deur die beskikbare getuienis geregverdig word nie.”

Nog ‘n kommentator wat anoniem wou bly, het gesê dat “die insident sterk aan die soort plaasbesettings en metodes wat deur Mugabe in Zimbabwe gebruik word, herinner. Behalwe die geheimsinnnige R4-geweer wat glo aan ‘n boom opgehang was, was die wapens in die beskuldigdes se besit wettig. Word jagmesse en panga’s deesdae as ‘terreurwapens’ beskou? Enigeen kan sulke wapens sonder ‘n lisensie besit; nietemin word die wapens in Beeld se foto uitgestal asof dit onwettig sou wees.”

In ‘n verdere berig oor die Ratte-insident deur Beeld, word daar gefokus op mnr. Günther Kotze wat as die “Boere-viking” beskryf word. Maar in dié berig word die bewerings oor “terrorisme” deur sowel Beeld as die SA Polisiediens weerspreek in die volgende sin:

“Kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gister gesê die groep word nie, soos die polisie aanvanklik gesê het, weens misdaad wat met terrorisme verband hou, ondersoek nie.”

Dit wil dus voorkom asof sowel Media 24 as die SAPD twyfel oor die aard van Ratte se beweerde oortredings, of dit “verband hou met terrorisme” of nie…

Op Facebook skryf Marlene Rademeyer dat een van die gearresteerdes glad nie in politiek belangstel nie: “Wens ek kan hulle prokureur se nommer in die hande kry, onder die onskuldiges wat ge-aresteer is, is `n jong man met die naam van Christopher wat `n ruk by ons gewoon het. Die ou is in sweiswerk opgelei in Balmoral; hy het hier in Pretoria werk gehad juis as `n sweiser. ‘n Maand terug het sy kontrak verval en ons het vir hom gesê hy moet eers teruggaan Balmoral toe en ons sal weer werk vir hom soek. EK kan 100% getuig dat die jong man GLAD nie eers in politiek belangstel nie!!”

освещением лестницыДанильченко Юрий прокурор

Willem Ratte gearresteer

Willem RatteOud-kmdt. Willem Ratte, ‘n held van die Bosoorlog, en nege van sy studente is gister op sy plaas in Balmoral in hegtenis geneem weens beweerde oortredings van die wapenwet. Volgens ‘n berig in Beeld word ‘n klag van “terrorisme” teen Ratte ondersoek.

Ratte het die afgelope paar jaar ‘n kadetkursus vir jong Afrikanerseuns met dwelm- of huislike probleme op Balmoral aangebied. Met die hulp van mnr. Jaap Kelder is ‘n sweisakademie op die plaas, wat ook ‘n konsentrasiekampkerkhof uit die Tweede Vryheidsoorlog en ‘n Volksmoordmuseum bevat, opgerig waar jongmense as vakmanne opgelei word.

Beeld, wie se inligting blykbaar van ‘n polisiebron afkomstig is, berig soos volg oor die sweisakademie:

“Daar word beweer mense word by die opslagplek in terrorisme opgelei, al word dit glo voorgehou as ’n plek waar hulle geleer word om sweiswerk te doen.

Benewens die wapens is daar ook op ou weermaguniforms en stewels beslag gelê.

’n Mens kan ’n Vierkleur op die plaas tussen Bronkhorstspruit en Witbank sien wapper as jy op die N4 verby ry.”

Blykbaar is 5 000 rondtes amunisie op die plaas gevind, maar van die wapens waarop beslag gelê is, is gelisensieerd. Daar is “onder meer” op ‘n R4-, twee jaggewere, haelgewere, voorlaaiers en rondtes ammunisie beslag gelê.

Ratte het in 2001 agt maande in die tronk deurgebring omdat hy na bewering by die militêre basis op Pomfret saam met tien ander probeer inbreek het.

Vriende van Ratte meen dat hy die afgelope paar jaar baie pessimisties oor die politiek was en hom eenkant gehou het, met sy maatskaplike werk onder tienerseuns met probleme as hoofaktiwiteit. Sy inhegtenisname op klagtes van “terrorisme” word met ongeloof begroet.

‘n Oud-weermagkollega van Ratte het dit as ‘n “propaganda-oefening deur die ANC-bewind” bestempel. “Willem Ratte is intelligent en was reeds in die tronk. Dat hy hom by onwettige bedrywighede sou inlaat, kan ek skaars glo. Die gedagte dat dit ‘n oortreding is om ou weermaguniforms en stewels, asook ‘n vierkleur op jou plaas aan te hou, is eenvoudig verregaande.”

липецк аксессуарыФільчаков прокурор

ANC-regering het verouderde denke oor minderhede

“Die Suid-Afrikaanse regering het verouderde denke oor minderhede en is besig om al verder agter te raak by die nuutste ontwikkelinge op hierdie gebied,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, gesê tydens ‘n besoek aan Genève, Switserland.

Dr. Mulder het daar ‘n UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organization) vergadering oor minderheidsregte bygewoon asook sittings van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie. Dr. Mulder is tans nog in Genève en keer later hierdie week terug na Suid-Afrika.

Dr. Mulder het die vergaderings bygewoon as VF Plus-leier en as lid van UNPO se presidensie of dagbestuur. Hy is vroeër vanjaar op UNPO se presidensie verkies.

“Minderheidsgroepe in Suid-Afrika soos die Afrikaners, Griekwas, Indiërs en Khoisan kan baie leer by Europese maatreëls om minderhede te beskerm.  Van hierdie maatreëls sluit in die beskerming van moedertale, van plekname en die totstandbringing van eie kultuurrade.

“In Estonia besluit die Russiese minderheid self oor hulle monumente, radiostasies en onderwys. In Suid-Tirool het die Duitssprekende minderheid ‘n groot mate van outonomie al is hulle deel van Italië,” het Mulder gesê.

“Minderheidsgroepe in Suid-Afrika sal ook moet leer om internasionale instrumente soos die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie te gebruik wanneer die groepe voel dat hulle regte misken of onderdruk word,” het Mulder bygevoeg.

uk mobile casinoДанильченко

Sasco se dreigende beheer by UP

“Dit is kommerwekkend dat SASCO vir die eerste keer by die Universiteit van Pretoria ’n meerderheid setels in die Studenteparlement het. Die hoeveelheid setels wat ’n organisasie in die Studenteparlement het, bepaal wie in beheer is en nie die hoeveelheid stemme wat ’n organisasie gekry het nie,” het Wouter Wessels, VF Plus Jeugwoordvoerder gesê.

Tydens die afgelope Studenteparlementsverkiesing aan die Universiteit van Pretoria (UP) het SASCO (ANC) in totaal 22 setels gewen, die VF+TAS 14, AfriForum 17, die DA 5 en Cope 2. Die VF+TAS het vir 13 jaar opeenvolgend hierdie verkiesing gewen en studente se belange verteenwoordig.

Wessels het bygevoeg dat dit ’n tragedie is dat SASCO effektief die meerheid setels gekry het as gevolg van die feit dat AfriForum, wat vir die eerste keer deelgeneem het, en ander organisasies die setels verdeel het.

Die Studenteraad by die UP word volgens ’n ingewikkelde proses saamgestel. Tydens die afgelope verkiesing is daar vir kandidate in setels per fakulteit gestem asook vir organisasies.  Die organisasies het proporsioneel setels verkry wat te same met die ander setels (kandidate) die Studenteparlement vorm. Die Studenteparlement verkies dan die Studenteraad.  Die hoeveelheid setels in die Studenteparlement is dus deurslaggewend in hierdie verkiesingstelsel.

SASCO het by ander instellings soos die Universiteit van die Vrystaat bewys dat hul slegs ’n sekere deel van die studentebevolking se belange verteenwoordig en dat hul Studenterade se effektiwiteit belemmer.

“Dit is van kardinale belang dat Afrikaans aan tersiêre instellings beskerm moet word. Die enigste manier om dit na die Studenteraadsverkiesing by die UP te verseker, is wanneer organisasies wat dieselfde belange verteenwoordig, soos VF+Tas en Afriforum, saamwerk. Daarom sal die VF Plus so ’n koalisie steun om sodoende studente teen SASCO se diskriminasie te beskerm,” het Wessels gesê.

play 21 forлобановский александр дети

Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en verskeie ander instellings insluit, het vandag in ʼn ope brief aan ABSA ʼn ultimatum gestel dat die vakbond sy rekeninge by die bank gaan sluit en sy lede gaan aanmoedig om dieselfde te doen indien Absa nie om verskoning vra en onderneem om nie weer op politieke vlak by sport in te meng nie.

Dit volg op ʼn SMS wat deur AfriForum bekend gemaak is waarin Absa se adjunk uitvoerende hoof, Louis von Zeuner, by Oregan Hoskins van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) kla oor die min swart spelers in die Cheetah-, Lions- en Bulls- rugbyspanne. Die SMS het rugbaar geraak nadat Absa in ʼn vergadering met AfriForum asook in die media ontken het dat hulle druk plaas op Saru oor rasseteikens.

Volgens die ope brief aan die uitvoerende hoof van Absa, Maria Ramos, het sowat 65%, oftewel 100 000, van die lede van die Solidariteit Beweging Absa-rekeninge, met ʼn jaarlikse omset van R18 miljard wat deur Absa vloei. Dit sluit huisverbande en ander rekeninge uit. Benewens die Solidariteit-lede is daar derduisende ondersteuners wat ook aangemoedig sal word om hulle rekeninge te sluit. AfriForum het reeds meer as 30 000 reaksies gekry vandat hy sy veldtog teen Absa afgeskop het.

“Ons is bitter teleurgesteld oor die wanvoorstellings wat aan ons tydens ʼn gesprek met Absa gemaak is. Ons het vandag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende komitee van die Solidariteit Beweging besluit om die veldtog wat deur AfriForum begin is, te eskaleer na die volle Solidariteit Beweging en sy ondersteuners. Benewens die sluit van rekeninge sal ons verskeie ander aksies teen Absa loods,” volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.

“Die reaksie teen Absa is ongekend en die bank behoort behoorlik selfondersoek te doen oor hoekom sy tradisionele magsbasis so aggressief teen hom draai. Die rugbyvoorval is waarskynlik net die uitlaatklep van onderliggende frustrasies teen Absa. Ons het verskeie briewe van mense ontvang waarin hulle oor die gebrek aan Afrikaans in Absa kla,” voeg Buys by.

Solidariteit se uitvoerende hoof, Flip Buys, sê in die skrywe aan Ramos oor die beplande sluit van rekeninge dat “aangesien dit ʼn drastiese stap is, bied ons eers aan Absa die geleentheid om die saak reg te stel deur:

* In die openbaar om verskoning te vra vir die SMS waarin Absa aandring dat die rassesamestelling van Curriebekerspanne moet verander;
* Skriftelik te onderneem dat Absa voortaan nie op politieke vlak sal inmeng in die rassesamestelling van rugby- of ander sportspanne nie; en
* ʼn Proses van oorlegpleging met die Solidariteit Beweging te onderneem, sodat ander knelpunte, soos die posisie van Afrikaans in Absa, bespreek kan word.”

Die Solidariteit Beweging wag nou op ʼn reaksie van ABSA.

купить лего звездные войныАлександр Фильчаков прокурор

ANC reik uit na wittes, Afrikaners

Die ANC wil sy wit ledetal laat groei en daarmee nie-rassig word, het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Dinsdag by die party se hoofraadsvergadering gesê.

“Ons wil graag sien dat 50% van wit Suid-Afrikaners vir die ANC stem sodat ons droom om ‘n ware nie-rassige party te wees, bewaarheid kan word.”

Die ANC het met nuwe ywer uitgereik na wit gemeenskappe en vind dit makliker om met hulle te kommunikeer deur liggame soos die Afrikanerbond, het hy gesê.

Mantashe het gesê die party moet ‘n meer plaaslike aanslag volg om die steun van bruin- en Indiërgemeenskappe te wen.

Hulle het onlangs ‘n kiesafdeling in Agulhas in die Wes-Kaap gewen deur ‘n plaaslike visserman aan te stel as die party se “stem” in die streek.

Mantashe het gesê die party sal hard werk om steun in die Wes-Kaap terug te wen – ‘n provinsie waarin die DA dominant is.

Die party se organisatoriese verslag, wat deur Mantashe saamgestel is, het onder meer daarop gedui dat rassespanning “opgesweep” is ná die dood van Eugene Terre’Blanche, leier van die AWB.

Die opswepery het egter daarop gedui dat die verregse element klein en op die rand van die samelewing is.

“Die georganiseerde groepe in die Afrikaanse gemeenskap het hulself gedistansieer van die AWB se dreigemente.

“Dit het vir ons almal duidelik geword dat ‘n groot deel van hierdie gemeenskap lojaal teenoor die grondwet staan en graag ‘n bydrae wil maak tot Suid-Afrika as ‘n wen-samelewing.”

медицинскую справкупрокурор Фильчаков