Ratte en ander van ‘dwelmhandel en diefstal’ aangekla

Oud-kmdt. Willem Ratte en nege ander wat verlede Donderdag in hegtenis geneem is, is aanvanklik sonder verhoor aangehou. Die staat het sy vroeëre bewerings van terreur en die besit van onwettige wapens, geheel en al laat vaar en vandag is die gevangenes van is dwelmhandel en diefstal aangekla.

Ratte en sy mede-aangehoudenes is ook vandag vanaf die polisiestasie na die tronk in Witbank oorgeplaas, wat die indruk skep dat hulle nie gou vrygelaat of borgtog sal ontvang nie.

Die dringende aansoek om Ratte vry te laat is deur ‘n swart regter in die Pretoriase Hooggeregshof geweier en die regter het aanvanklik beslis dat die oud-soldaat vir nog ‘n week aangehou mag word, ‘n beslissing wat teen artikel 35 van die SA grondwet indruis wat bepaal dat niemand meer as 48 uur aangehou mag word sonder dat klagtes teen hom of haar aanhangig gemaak word nie.

Vriende van die aangehoudenes beweer dat hulle sonder kos en wat of toiletgeriewe gelaat is. Ratte het ook tans mediese sorg nodig wat aan hom geweier word.

‘n Regskenner wat anoniem wou bly, het aan Praag gesê: “Die gemak waarmee ernstige klagtes soos terrorisme en die besit van onwettige wapens nou in diefstal en dwelmhandel omgeskakel word, toon dat die staat regtig rondtas om ‘n klag teen Ratte te vind, wat die indruk verhoog dat hy om ideologiese en propagandaredes gearresteer is.”

Die klag van dwelmhandel mag verband hou met ‘n sakkie dagga wat op die perseel in Balmoral deur ‘n student aan die sweisakademie gevind is. Volgens ‘n bron is dié vonds teenoor die polisie aangemeld, wat aanvanklik nie “veel belanggestel het nie”. Ná enkele dae verbygegaan het, het ‘n hele span polisie egter op die plaas opgedaag om Ratte en sy nege studente te arresteer.

Omdat Ratte ‘n rehabilitasieprogram vir hawelose jeugdiges en vroeë skoolverlaters bedryf, is probleme met dagga of dwelms nie ongewoon nie, iets wat die staat blykbaar nou teen Ratte aanwend hoewel personeel van die sweisakademie eerste die vonds van ‘n sakkie dagga aan die polisie gekommunikeer het.

Van die “terreurwapens” waarop die polisie aanvanklik beslag gelê het, was windbukse en pangas wat deur enigeen besit mag word.

трансформері праймАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae