praag.co.za

ANC-regering het verouderde denke oor minderhede

Written by

in

“Die Suid-Afrikaanse regering het verouderde denke oor minderhede en is besig om al verder agter te raak by die nuutste ontwikkelinge op hierdie gebied,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, gesê tydens ‘n besoek aan Genève, Switserland.

Dr. Mulder het daar ‘n UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organization) vergadering oor minderheidsregte bygewoon asook sittings van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie. Dr. Mulder is tans nog in Genève en keer later hierdie week terug na Suid-Afrika.

Dr. Mulder het die vergaderings bygewoon as VF Plus-leier en as lid van UNPO se presidensie of dagbestuur. Hy is vroeër vanjaar op UNPO se presidensie verkies.

“Minderheidsgroepe in Suid-Afrika soos die Afrikaners, Griekwas, Indiërs en Khoisan kan baie leer by Europese maatreëls om minderhede te beskerm.  Van hierdie maatreëls sluit in die beskerming van moedertale, van plekname en die totstandbringing van eie kultuurrade.

“In Estonia besluit die Russiese minderheid self oor hulle monumente, radiostasies en onderwys. In Suid-Tirool het die Duitssprekende minderheid ‘n groot mate van outonomie al is hulle deel van Italië,” het Mulder gesê.

“Minderheidsgroepe in Suid-Afrika sal ook moet leer om internasionale instrumente soos die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie te gebruik wanneer die groepe voel dat hulle regte misken of onderdruk word,” het Mulder bygevoeg.

uk mobile casinoДанильченко

Comments

Leave a Reply