praag.co.za

Media bedreig demokrasie

Written by

in

Die gedrukte media in Suid-Afrika is ‘n bedreiging vir demokrasie, het die minister vir hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, luidens ‘n berig wat Dinsdag gepubliseer is, gesê.

“Ons het ‘n groot liberale aanval op ons demokrasie… die gedrukte media is die groot skuldige van hierdie liberale denke,” het Nzimande gesê by Nehawu, vakbond vir onderwysers en gesondheidswerkers, se kongres in Ekurheleni, oos van Johannesburg.

Nzimande is ook sekretaris-generaal van die SAKP.

Volgens die Business Day het hy gesê die voorgestelde mediatribunaal is nodig om die toekoms van sosialisme in Suid-Afrika te beskerm.

“Hulle (die media) het hul vriende oor die wêreld heen se hulp ingeroep, insluitende dié in Amerika, om mense te kry om teen die tribunaal te staan.

“Hoe kan ons die Amerikaanse joernaliste, wat Irak binnegeval het en toe deur die generaals daar aangesê is wat om te skryf, vertrou? Ons benodig ‘n rewolusionêre – en nie ‘n liberale nie – bekermer van ons grondwet.”

Hy het enkele dae nadat die ANC se nasionale hoofraad besluit het om die parlement instruksie te gee om self-regulering, transformasie en eienaarskap in die gedrukte media te ondersoek, gepraat.

free pokerФильчаков прокурор харькова

Comments

Leave a Reply