Zuma vra dat Zim-sanksies opgehef word

Pres. Zuma gaan Europese leiers Dinsdag in België versoek om sanksies teen Zimbabwe op te hef.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) moet verseker dat die ooreenkoms wat in 2008 tussen twee strydende partye in Zimbabwe gesluit is, toegepas word. Zuma tree as afgevaardigde op.

Hy sal met José Manuel Barroso, president van die Europese Kommissie, en Herman van Rompuy, president van die Europese Raad, in Brussel oor die aangeleentheid vergader.

Daar kom steeds geweld in Zimbabwe voor en volgens die Suid-Afrikaanse regering sal die opheffing van sanksies daartoe lei dat Zanu-PF die morele hoëgrond kwyt is. Tot dusver gebruik Mugabe se volgelinge sanksies as verskoning vir hul gewelddadige optrede.

Die sukses van die Zimbabwiese eenheidsregering word deur sanksies in die wiele gery, volgens die Suid-Afrikaanse afvaardiging.

Die VSA het reeds vroeër in ‘n verklaring gesê dat sanksies teen Zimbabwe nie opgehef sal word nie, vanweë politieke geweld en intimidasie wat steeds voorkom.

Die EU se Afrika-beraad sal in November in Libië plaasvind.

Тепловойлобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae