‘Wittes is lui’

“Wit spelers is lui. Hulle probeer nie so hard soos swart kinders nie,” sê Les Grobler, voormalige doelskieter vir Moroka Swallows.

Grobler sê een van sy eie seuns is te lui om te oefen. Die ander een speel vir Platinum Stars.

Volgens Grobler is daar niks wat wit spelers keer om vir sokker te speel behalwe hul eie luiheid nie.

“Dis onsin. Een dag is hulle op die oefenveld, maar die volgende dag nie,” sê die 48-jarige afrigter vir Highlands Park onder-19 span.

Grobler is 48 jaar oud. Hy sê die een dag daag die wittes op vir die oefening en die volgende dag is hulle nie daar nie.
Die seuns stel hom nie eens in kennis dat hulle nie gaan opdaag nie.

длинной прихожейлобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae