Reitz-4 was ‘toneelspel’ sê regter

Regters M.H. Rampai en M.B. Molemela het die Reitz-vier se vonnisse in die Vrystaatse hooggeregshof drasties verminder. Dié uitspraak is ná die appèl van die studente gelewer.

Rampai het gesê die landdros het by vonnisoplegging wesentlike mistastings rakende die aard en die erns van die oortreding gemaak.

Die vermeende rassistiese oortredings wat die studente sou gepleeg het, en wat internasionaal opslae gemaak het, is tydens die appèlsaak uitgewys as studentepret.

Die “morele” blaam van die “misdadige gedrag” van die vier oudstudente is dus geminimaliseer, volgens die uitspraak.

Regter Rampai het bevestig wat almal wat die gewraakte video onder oë gehad het, reeds weet. Hy het gesê videotonele waar die studente kamma in kos urineer, was net toneelspel en dat daar nie werklik in die brousel geürineer is nie. 

Die regter is oortuig dat die vier swart skoonmakers en die man in die video toneel gespeel het en nooit die brousel ingekry het nie en net gemaak het of hulle daarvan eet en naar word.

Die vernedering en aantasting van waardigheid was werklik nie so ernstig en ontstellend as wat voorgegee is nie, sê Rampai.

Die opgeskorte tronkstraf van ses maande wat hooflanddros Mziwonke Hinxa in Julie 2010 in die Bloemfonteinse landdroshof aan hulle opgelê het, val ook heeltemal weg.

Volgens Rampai het die vier studente nie crimen injuria teenoor swart mense in die algemeen en in die besonder die studente en personeel van die Universiteit van die Vrystaat gepleeg nie.  Hulle het alleen skuld beken teenoor die vyf klaers.

Senior advokaat Kemp J. Kemp, het vir die Reitz-vier opgetree.

casino onlineАлександр Фильчаков прокурор

Vrystaatse boere hier om te bly

Vrystaatse boere is in Suid-Afrika om te bly en om ‘n positiewe bydrae tot die land te maak, het die Vrystaat Landbou-vereniging Donderdag gesê.

Dan Kriek, adjunkpresident van Vrystaat Landbou, het gesê die markte het reeds gereageer op Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga (ANCJL), se opmerkings oor nasionalisering en grondhervorming by die liga se onlangse nasionale konferensie.

“Dit was nie groot nie, so ek dink mense raak gewoond aan hierdie stellings,” het Kriek gesê met verwysing na dié opmerkings.

Kriek het gesê Malema se opmerkings oor nasionalisering en grondhervorming word nietemin steeds in ‘n ernstige lig beskou. Leiers soos Malema behoort volgens hom meer versigtig te wees met wat hulle sê.

Volgens Kriek fokus die boergemeenskap eerder op opmerkings wat President Jacob Zuma by die konferensie gemaak het.

Suid-Afrika se groeiplan, werkskepping en voedselsekerheid is waarop hulle fokus.

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe se stelling dat grondhervorming binne die grense van die grondwet bespreek moet word, is presies hoe Vrystaatse boere die kwessie beskou, het hy gesê.

Volgens Kriek sal Vrystaatse boere eerder op beter alternatiewe vir grondhervorming fokus as dié wat deur Malema voorgestel is.

“Ons het ons planne in verskeie stadiums sedert 2005 aan die regering voorgelê en in ons mening het hulle dit nie ernstig genoeg oorweeg nie,” het hy gesê.

Boere sal beter alternatiewe, insluitende finansiering en ondersteuning aan boere wat grondhervorming betref, oorweeg, het Kriek gesê.

пневмоинструмент интернет магазинФильчаков прокурор харькова

Regsproses wys al hoe meer krake

Moontlike regsremedies gaan ondersoek word om die gemeenskap in die breë, en slagoffers van misdaad in besonder, te beskerm teen die gevolge van swak polisie-ondersoeke en aanklaagwerk, sê Afriforum.

Dié burgerregtegroep is steeds optimisties dat regsremedies gevind kan word om die gebreke in die regstelsel aan te spreek ten spyte van oplaaiende getuienis tot die teendeel.

Dit volg nadat vyf rampokkers van Soshanguve buite Pretoria vroeër vandag vrygespreek is op die moord op Hein de Jager, ‘n jong getroude pa wat op 13 Maart 2011 koelbloedig in sy winkel in Akasia, Pretoria doodgeskiet is.

Die een beskuldigde is reeds vroeër vrygelaat nadat die staatsadvokaat geensins ‘n saak teen hom bewys het nie. Die oorblywende vier beskuldigdes is vandag deur regter Cynthia Pretorius vrygespreek.

Regter Pretorius het in haar uitspraak genoem dat, alhoewel die hof ‘n sterk agterdog aangaande die betrokkenheid van die beskuldigdes by die moord op Hein de Jager het, die staat nie bo redelike twyfel daarin geslaag het om hul skuld te bewys nie.

Die polisie het nagelaat om ‘n uitkenningsparade te reël en geeneen van die getuies was later in staat om die beskuldigdes positief te identifiseer nie.

Regter Pretorius het bevind dat ‘n uitwysing van gesteelde goedere, die ontsnappingsvoertuig en die moordwapen deur een van die getuies nie toelaatbare getuienis was nie, aangesien die betrokke beskuldigde nie ná sy inhegtenisname ingelig is omtrent sy “grondwetlike regte” nie.

‘n Verdere bekentenis voor ‘n landdros deur een van die beskuldigdes is eweneens as ontoelaatbare getuienis geklassifiseer omdat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat die bekentenis uit vrye wil en sonder onbehoorlike beïnvloeding gegee is nie.

Die grootste teleurstelling van die verhoor was die feit dat die staatsaanklaer self ‘n alibi vir die hoofverdagte bewys het deur die feit dat hy die hoofverdagte se vriendin as getuie geroep het om oor die eienaarskap van die ontsnappingsvoertuig te getuig.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, wat die uitspraak saam met die gesin van die slagoffer bygewoon het, het in sy reaksie gesê die staatsaanklaer het geskiedenis gemaak deur self ‘n alibi vir die hoofverdagte te bewys. Selfs nadat die betrokke getuie onder eed ‘n alibi aan die hoofverdagte gegee het, het die staatsaanklaer geen poging aangewend om die getuienis te weerlê of ten minste die getuie tot ‘n vyandige getuie te laat verklaar nie.

“Dit is tragies dat die vyf beskuldigdes, op staatskoste, elk ‘n eie advokaat gehad het, terwyl die slagoffers van misdaad en hul naasbestaandes uitgelewer is aan die halfgebakte ondersoekwerk van die polisie en swak voorbereide litigasie van die vervolgingsgesag se enkele junior advokaat. Die strafprosesreg laat geen ruimte vir die toetrede van vriende van die hof of derde partye nie. Slagoffers moet hulle dus berus by die feit dat hul belange deur onbekwame staatamptenare verteenwoordig word,” het Spies gesê.

деревянная баня под ключлобановский депутат

Athollgate: Trollip antwoord ‘met Zille se steun’

Die Afrikanerhaatskandaal wat rondom mnr. Atholl Trollip, parlementêre leier van die DA, uitgebreek het, is besig om wyer uit te kring. ‘n Berig daaroor is selfs vandag in die Kaapse koerant Die Burger, ‘n fanatiese ondersteuner van die Engels-liberale party, gepubliseer. Blykbaar staan die partykoukus van die DA, asook die leier mev. Helen Zille, bankvas agter Trollip en beskou sy anti-Afrikaanse uitlatings as ‘n “persoonlike meningsverskil” met mnr. Jaap Kelder. Intussen het Trollip in ‘n brief gereageer aan mnr. Hannes Slabbert wat beswaar teen Trollip se onbeskofte gevloek teenoor Kelder aangeteken het. Praag plaas Trollip se volledige brief onveranderd (alle taalfoute en gebrek aan leestekens is Trollip s’n) hier onder:

Geagte Mr Slabbert,

Met hierdie skrywe wil ek die oorsprong van die hele debakel rondom my en Mnr Jaap Kelder aanspreek. Huidiglik maak elke Jan Rap en sy maat uitsprake hieroor en ek voel dit is tyd dat ons die bespiegelinge rondom my siening van Afrikaans en Afrikaners objektief aanspreek.

Die Demokratiese Alliansie was, en is steeds meer as gewillig om ons standpunt aangaande grondhervorming met Mnr Kelder en die res van die publiek te deel. Na aanleiding van Mnr Groenewald se selektiewe aanhaling van DA beleid in die Nasionale Vergadering en die onaangename situasie rondom my reaksie op Mnr Kelder se brief, blyk daar ’n wanpersepsie te bestaan dat die Demokratiese Alliansie, en meer spesifiek ek persoonlik, anti-Afrikaans en anti-Afrikaner is. Dit gaan my verstand te bowe hoe hierdie aanname gemaak kon word agv my reaksie.

Ek wil u graag verwys na Mnr Kelder se skrywe aan Me Steyn op die 10de Junie 2011 waarin Mnr Kelder sekere dogmatiese stellings kwytraak: “…Daar is natuurlik ook die verloopte Afrikaners met vanne soos Maree, Niehause, du Toit, Naude, Hanekom, du Preez ens. wat hulle eie mense verloën het. Hulle is gelukkig ver in die minderheid“.

Dit is hierdie stelling van Mnr Kelder wat tot my reaksie gelei het – Mnr Kelder maak ’n uitspraak wat direk teenstrydig is met, nie net die waardes en beginsels van die DA nie, maar ook met my eie. My karakter en die van die DA getuig van eerlik en opregte sieninge en is gebasseer op ’n beleid wat nie diskrimineer teenoor enige persoon agv hul ras, taal, heenkome of etniese verbintenis NIE. Mnr Kelder se konserwatiewe, ultra-regse en verkrampte sieninge rondom sekere burgers van hierdie land is in lyn met die van groepe soos die FF+, wat streef om NET die belange van sekere minderheidsgroepe te bevorder. Op sulke sieninge, Mr Slabbert, neem ek aanstoot.

Ek is ’n 5de geslag boer. My pa was ’n boer – Die feit dat my moedertaal Engels is maak my geensins minder bekwaam om as ’n boer geklasifiseer te word nie. Ek verstaan dus die belange, begeertes, waardes en beginsels van die boeregemeenskap, ongeag die taal wat ons praat.

Ek skerm geensins agter die werklikheid en intensie van my reaksie op Mnr Kelder se sieninge nie. Ek het my reaksie deeglik met Me Zille, asook ons Nasionale Uitvoerende Kommittee bespreek en die algehele gevoel is dit: Oordrewe, miskien. Eerlik, definitief. My tyd is beperk en alhoewel ek ten alle tye tyd sal maak vir die publiek en alle groepe binne die gemeenskap, is my geduld ietwat min vir individue wie se orientasies nie gelykheid vir almal ag nie. Hierdie was nie ’n politieke debat nie Mnr Slabbert, dit was n persoonlike meningsverskil wat ek van Mnr Kelder se opinie gehad het en ek vra dat ons dit asb daar sal laat.

Ten slotte wil ek graag verwys na u stelling dat u vir die DA gestem het in die pas afgelope munisipale verkiesing agv n gebrek aan‘n beter kandidaat/alternatief. Ek wil dit egter aan u duidelik stel dat Mnr Francios Greyling‚ wat toevallig ook afkomstig is vanuit die Afrikaner gemeenskap, ’n uiters bekwame raadslid is wat die gemeenskap met toewyding dien. Met aanloop tot die verkiesing het ek saam met hom die strate van Despatch deurkruis om stemme te werf en kan ek getuig dat Mnr Greyling sal omsien na almal se belange en dat sy diensrekord aan die gemeenskap boekdele spreek van die verskil wat die DA gaan maak noudat ons aan bewind is in Despatch.

Athol Trollip, LP
DA Parlementere Leier

круглые светодиодные люстрыФильчаков прокурор харькова

Lastersaak is ‘terugslag vir spraakvryheid en geregtigheid’, sê Roodt

Leopold ScholtzIn sy reaksie op regter Goodey se bevinding dat lasterlike etikette jeens hom “in die openbare belang” en geregverdig is, het dr. Dan Roodt van Praag dit as ‘n “slag vir spraakvryheid en geregtigheid” bestempel.

“Heel moontlik sien ons hier die eerste gevolge van ‘n getransformeerde regbank waarin omstrede sake met rassekonnotasies konstant in die guns van die heersende ideologie en van politieke korrektheid beslis gaan word,” het Roodt gesê. “Die deur word hiermee ook oopgemaak vir die verguising van dissidente en selfs haatspraak teen die blanke en Afrikanerminderheid. Ons het onlangs gesien hoe mnr. Atholl Trollip van die liberale DA Afrikaners voor die voet as ‘Nazi’s’ in ‘n e-pos aan mnr. Jaap Kelder tipeer. Ek herinner my dat ek reeds tien jaar gelede toe ek slegs ‘n versigtige besorgdheid oor die voortbestaan van Afrikaans uitgespreek het, reeds as ‘n ‘Nazi’ verketter is.”

Roodt meen dat Die Burger, Leopold Scholtz en die bruin elite van die Wes-Kaap met ‘n veldtog teen Afrikanerdissidente en teen hom persoonlik besig is. “Ironies genoeg is dit die tweede keer in my lewe dat ek ‘n hofsaak oor meningsvryheid verloor. Die eerste keer was as student in die destydse Taaldoos-saak in Johannesburg toe ek die spit moes afbyt vir die vierletterwoorde van Koos Kombuis en ten minste een Naspers-joernalis wat onder ‘n skuilnaam geskryf het. Tans is dieselfde volgers en kruipers wat die sensuur van destyds goedgepraat en ondersteun het besig om ‘n nuwe en erger sensuur te vestig.”

Die etikettering van Roodt as “rassis” deur Scholtz en ander het geskied weens sy kommentaar op geweldsmisdaad en plaasmoorde wat oorwegend deur jong manlike lede van sommige rassegroepe gepleeg word. Volgens Roodt “is hierdie nuwe sensuur wat nou gevestig word nie net veel erger as die oue nie, maar maak dit eerlike kommentaar oor die geweld, misdaad en korrupsie wat in ons land tier toenemend onmoontlik. Selfs akademiese navorsing oor disfunksionele groepe of sub-groepe in die samelewing sal voortaan onmoontlik wees, uit vrees dat navorsers deur die hoofstroommedia in hul heksejag as ‘rassiste’ gestigmatiseer sal word.”

Roodt het sy ondersteuners, ook sy groot internasionale aanhang, vir hul lojaliteit bedank en gesê: “Dis ‘n bitter pil om te sluk as die hof ook ‘n bestraffende kostebevel teen ‘n individu soos ek in die guns van ‘n reusemaatskappy soos Naspers met sy vyf miljard rand aan jaarlikse winste ná belasting uitreik. Duidelik moet ek, benewens die aantasting van my waardigheid en reputasie, nog verder gestraf word omdat ek dit durf waag het om my teen die mag van Grootbroer te verset.”

Die leier van Praag meen dat die stryd om spraakvryheid en geregtigheid in Suid-Afrika “net feller kan word soos wat ‘n korrupte oligargie hom in die land vestig en rassehaat teen minderheidsgroepe, spesifiek die Afrikaner, aangeblaas word. Of Leopold Scholtz en Die Burger dit nou wil weet of nie, hulle verkeer in dieselfde kamp as Malema met sy ‘Skiet die Boer’-liedjies. Histories veg hulle sy aan sy met diegene wat die Afrikanervolk wou uitwis, vanaf Dingaan tot die lords Milner en Kitchener.”

Roodt het die onlangse publikasie van twee belangwekkende boeke oor onderskeidelik die rasseproblematiek van Suid-Afrika en die VSA deur twee Amerikaanse skrywerskollegas verwelkom. Ilana Mercer se Into the cannibal’s pot – lessons for America from post-apartheid South Africa en Jared Taylor se White identity – racial consciousness in the 21st century gaan volgens hom “die land skud soos nog nooit tevore nie. Leopold Scholtz en Die Burger mag dink dat hul anti-wit rassisme – ons het mos nou carte blanche (sic) om mense ‘rassiste’ te noem – tot ‘n onaantasbare dogma verhef is, maar danksy die internet en boekpublikasies gaan hulle nie daarin slaag om die intellektuele en politieke debat in die doofpot te smoor nie.”

hair accessoriestopcargo отзыв

Telkom-probleem teister Praag

Weens ‘n probleem met Telkom se netwerk in ons omgewing, is ons internetverbinding heeltemal buite werking en kan ons net sporadies per koordlose verbinding aanlyn gaan.

Sodra die Telkom-probleem herstel is, sal die webwerf teen die normale ritme bygewerk word.

Ons vra om verskoning vir die ongerief.

– die redaksie

песочный насос для бассейна купитьtopcargo

Grond: Geen verskil tussen die DA en ANC nie

“Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is ‘n belangrike begrotingspos en belangrike goed was vandag hier gesê. Die landbouleiers wat hier sit, die boere en die grondeienaars daar buite moet kennis neem van wat vandag in hierdie debat gesê is. Die Demokratiese Alliansie (DA) se spreker, me. Mazibuku het vandag erken en gesê die DA het dieselfde doelstellings met grondhervorming as die ANC. Daar is dus geen verskil tussen die DA en die ANC as dit kom by grondhervorming nie. Die Vryheidsfront Plus verskil egter drasties met die ANC, en nou ook die DA, wanneer dit gaan oor grondhervorming.

Die adjunkminister kla oor die DA, maar dit is soos die katfamilie wat gelyktydig vry en baklei. Die adjunkminister kritiseer die VF Plus en sê ons is die eerste party wat altyd kla oor grondhervorming. Hy is reg, maar ek wil dit duidelik stel dat ons steeds daarmee sal voortgaan. Die adjunkminister kla die boere aan en vertel hoe mishandel hulle hulle werkers en maak hulle selfs dood. Ek daag die adjunkminister uit om die statistiek hiervan bekend te stel. Hoeveel plaaswerkers is deur boere vermoor? Ek sal egter die statistiek gee van plaasmoorde in Suid-Afrika. Tans is daar 313 moorde per 100 000 van die bevolking betreffende plaasmoorde. Die Polisie, as gevaarlike beroep, se syfer is 271 per 100 000 van die bevolking. Die wêreldgemiddel vir moord is sewe per 100 000 van die bevolking. Hiervan hoor ek niks by die adjunkminister nie en hy moet sy feite eers reg kry voordat hy hier onverantwoordelike stellings kom maak. Die adjunkminister moet ook weet as dit nie vir die boere is wat sorg dat daar kos is nie, sal hy nie so blink en vet hier kan kom sit en ‘n klomp snert praat nie.

Ek wil vir die adjunkminister sê hy moet luister wat sy minister sê. Die minister self het erken dat 90% van die grondhervormingsprojekte misluk het. Die adjunkminister kla egter oor die stadige pas van grondoordrag. Tans is ongeveer 6,03 miljoen hektaar landbougrond oorgedra in terme van grondhervorming en restitusie, maar die suksessyfer is slegs 10%. Die VF Plus se standpunt is om eers seker te maak dat die reeds oorgedraagde grond suksesvol aangewend word voor verdere grond oorgedra word.

Vir die minister wil ek sê daar kan geen landelike ontwikkeling plaasvind sonder die kommersiële boere nie. Kommersiële boere is die hartklop van die landelike ekonomie en moet daarom vertroetel word. Sy department is egter die grootste bedreiging vir voedselsekerheid in Suid-Afrika deurdat verwarrende uitsprake, soos die adjunkminister s’n vanmiddag, onsekerheid by die boere skep. Dit is hoekom boere begin uitwyk na ander lande toe en Suid-Afrika gaan sy boere verloor as daar nie sekerheid kom oor grondhervorming nie. Dit is een van die belangrikste aspekte waaraan die minister aandag sal moet gee.”

Begrotingsposdebat: Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Parlement – 7 Junie 2011

 

освещение для картинtopcargo отзывы

Boere voed minister tot hy ‘vet en blink’ is

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Dinsdag in die parlement aangekondig dat die voorgenome Wetsontwerp op Grondbeskerming buitelandse grondbesit in Suid-Afrika sal reguleer.

Nkwinti se adjunk, mnr. Thembelani Nxesi het daarna gedreig dat grondbesettings ‘n “werklike gevaar” sal wees indien grondhervorming nie vinniger geskied nie. Hy het gesê plaaswerkers word reëlmatig onwettig van plase verdryf, vakbondlidmaatskap verbied en “selfs doodgemaak”.

Pieter Groenewald, VF+ se woordvoerder oor grondsake, het Nxesi se aantygings met minagting verwerp en gesê dit berus hoegenaamd nie op enige feite nie. Hy het bygevoeg dat Nkwinti se departement ‘n bedreiging vir voedselsekerheid inhou.

“Ek daag jou uit, bring vir my die statistieke van boere wat hul werkers vermoor en ek sal vir jou statistieke oor plaasmoorde gee. Jy moet jou feite regkry.”

Groenewald het gesê landelike ontwikkeling sonder kommersiële boere se hulp is wensdenkery. “Júlle skep onsekerheid, boere weet nie wat met hul grond gaan gebeur nie, daarom gaan boer hulle nou elders (in Afrika).”

Groenewald het Nkwinti sonder meer die waarheid kaalkop toegedeel: “Sonder kommersiële boere sal jou adjunk (Nxesi) nie so vet en blink hier kan sit nie.” Die LP’s het hardop gelag vir Groenewald se stelling.

Die departement het erken grondhervormingsprojekte het sedert 1994 op groot skaal misluk het. Tot R1,3 miljard sal oor die volgende drie jaar bestee word om boerderye wat deur swart boere oorgeneem is, reg te ruk.

бурениелобановский александр фото

Nòg ‘n plaasmoord ruk Randfontein

 ‘n Prominente boer se liggaam is om ongeveer 4.30nm deur plaaswerkers gevind, nadat hy Vrydagoggend as vermis aangemeld is.

Lede van die plaaslike SAPD-sektorpolisie, honde-eenheid en lugvleuel, sowel as gemeenskapslede, en die plaaslike gemeenskapspolisieëringsforum (GPF), is al sedert Vrydag betrokke by ‘n reuse soektog na die boer, wat niks opgelewer het nie.

Plaaswerkers, wat Saterdag laatmiddag nog gehelp het met die soektog, het op die boer se liggaam, waar dit, oorkant die straat van sy plaas, sowat ‘n kilometer vanaf die pad, in ‘n rotsskeur versteek is en met gras en bossies bedek is, opgemerk en die GPF en polisie in kennis gestel.

Die boer, wie se naam op hierdie stadium nie aan die HERALD bekend is nie, was volgens getuies op die toneel, die eienaar van ‘n bekende troeteldier- en voëlplaas in die omgewing.

Die liggaam is gevind met vasgebinde hande en voete, sonder klere en met ‘n lap oor die kop getrek.

Die oorsaak van sy dood kan nog nie bepaal word nie, aangesien die polisiepatalogie-eenheid, nog nie die liggaam verwyder het nie, en ondersoekers op die toneel nie die liggaam mag beweeg nie.

Volgens ooggetuies, het die man “baie wreed” gesterf.

Die boer se dood volg glo kort nadat ‘n gewese werknemer die boer probeer dagvaar het oor ‘n geldgeskil, wraak gesweer het op die boer nadat sy saak glo misluk het.

Volgens getuies op die toneel, het die gewese werknemer, en drie ander werknemers wat ook by die geskil betrokke was, intussen spoorloos verdwyn.

люстра купитьФільчаков Олександр Васильович

50 Jaar: SA ‘n ekonomiese reus

Die Republiek van Suid-Afrika het vandag presies vyftig jaar gelede op 31 Mei 1961 tot stand gekom.

Suid-Afrika is vandag die ekonomiese reus in Afrika en dit is belangrik om erkenning te gee aan almal wat die afgelope vyftig jaar deur harde werk dit moontlik gemaak het.

In die eerste dekade na Republiekwording het Suid-Afrika deurlopend ‘n gemiddelde groeikoers van 6% per jaar gehad met ‘n inflasiekoers van 2% per jaar terwyl die prima rentekoers tussen 3% en 3,5% gewissel het. Hierop is die ekonomiese sterk Suid-Afrika van vandag gebou.

Suid-Afrika is vandag ekonomies meer as twee keer so sterk soos Nigerië en amper drie-keer so sterk soos Egipte. Suid-Afrika is ekonomies 80 keer sterker as die gemiddelde Afrikastaat. Daarbenewens het Suid-Afrika die beste paaie-, krag- en telefoonnetwerke in Afrika en is ons aandelebeurs een van die tien grootste aandelebeurse in die wêreld. Amper die helfte van alle teerpaaie in Afrika, is in Suid-Afrika.

Pogings om die geskiedenis te verander deur sekere van hierdie geskiedenisfeite te ignoreer, maak geen bydrae tot versoening in Suid-Afrika nie. Samewerking met die oog op ‘n voorspoedige toekoms lê eerder daarin om op ‘n gebalanseerde wyse foute en prestasies van die verlede te beoordeel en billike erkenning te gee aan alle rolspelers wat Suid-Afrika die land gemaak het wat dit vandag is.

нужно оборудованиеФильчаков прокурор

Lindley-moord was beplan

‘n Man wat van die moord op die Potgieter-gesin in Lindley beskuldig word, het Donderdag in die Bloemfonteinse Hooggeregshof erken dié moord was beplan, het SABC berig.

Paulus Khumalo (23), ‘n plaasarbeider, het in ‘n verklaring gesê die plan van ‘n groep mans was om geld uit die kluis in die Potgieters se huis te kry.

Die hof het gehoor dat die groep vóór die misdaad op ‘n plaas naby Lindley in die Oos-Vrystaat ontmoet het en ‘n vuurwapen, ‘n panga en klere om oor die slagoffers se gesigte te gooi, gereed gekry het.

Khumalo het gesê daar is ooreengekom dat die kind nié doodgemaak sou word nie.

Hy is een van ses mans, tussen die ouderdomme van 18 en 33, wat beskuldig word van die moord op die boer Attie Potgieter, sy vrou Wilna en hul tweejarige dogter, Wilmien, in Desember verlede jaar.

Die ander beskuldigdes is Stemmer Mofokeng (23), Tapa Mofokeng (34), Tshokolo Lelala (19), Telleko Seekoei (20) en Diphapang Motaung (18). Hulle is almal van Lindley afkomstig.

Hulle het almal onskuldig gepleit op drie aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede en ander aanklagte wat met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verband hou.

In die hof Woensdag is verklaar dat Attie Potgieter 151 keer gesteek en gesny is.

“Die oorledene is doodgemartel,” het die patoloog Robert Book gesê.

‘n Nadoodse ondersoek het aangetoon dat Wilna (36) verskeie diep snye aan haar kop en ‘n skietwond aan die nek gehad het.

Wilmien is in die agterkant van haar koppie geskiet.

справка кэк купитьФильчаков прокурор харьков

PRAAG kla Julius Malema in Den Haag aan

PRAAG het ‘n klag teen mnr. Julius Sello Malema vir direkte en openbare aanhitsing tot volksmoord gelê by die internasionale strafhof in Den Haag. Dit volg nadat ‘n skrywe aan dr. Dan Roodt van PRAAG gerig is waarin die nasionale vervolgingsgesag bekendmaak dat hy nie vir Malema in terme van die volkereg gaan vervolg nie. Die klag word deur die bekende sanger, mnr. Steve Hofmeyr, ondersteun.

Julius Malema het sowel die Konvensie oor die bestraffing en voorkoming van volksmoord as die Roomse statuut oortree deur sy liedere “Skiet die Boer” en “Maak die Boer dood” te sing. Albei verdrae, wat deur die Suid-Afrikaanse regering onderteken en bekragtig is, maak “openbare en direkte aanhitsing” tot volksmoord ‘n internasionaal strafbare misdryf.

Indien die internasionale strafhof met die saak voortgaan, kan dit beteken dat Malema uitgelewer kan word om in die Nederlandse hoofstad tereg te staan. Roodt het in ‘n onderhoud met Radio sonder grense gesê dat die Rwandese popsanger Simon Bikindi enkele maande gelede tot vyftien jaar tronkstraf gevonnis is weens die sing van liedjies waarin hy in 1994 Hutu’s aangemoedig het om Tutsi’s dood te maak.

Roodt meen dat die huidige hofsake teen Malema waarin hy van “haatspraak” aangekla word nie genoegsaam ernstig is nie. “Haatspraak” is ‘n begrip wat ná die tweede wêreldoorlog in Europa onstaan het,” het Roodt gesê. “Dit plaas beperkings op spraakvryheid omdat die uitdrukking van gevoelens tussen etniese groepe daardeur belemmer word. Ook is dit in die Suid-Afrikaanse gelykheidswet opgeneem, hoofsaaklik om as basis vir aanklagte van rassisme jeens blankes te dien. In die Amerikaanse wetgewing bestaan die begrip glad nie. In die geval van Malema het hy egter nie net haatspraak nie, maar ook aanhitsing tot volksmoord, ‘n veel ernstiger oortreding begaan. Dit is waarvoor ons wil hê hy moet aangekla word. Regter Halgryn se uitspraak dat Malema aanhitsing tot moord pleeg, ondersteun dié siening en die getuienis wat in die haatspraakverhore gelewer is, kan ook in die internasionale strafhof gebruik word.”

PRAAG voer sedert verlede jaar ‘n veldtog om die internasionale gemeenskap oor die gevare van ‘n etniese konflik in Suid-Afrika in te lig, asook die diskriminasie wat blankes en Afrikaners onder Suid-Afrikaanse wetgewing moet verduur. In ‘n onderhoud met Radio Jacaranda gister het Roodt gesê dat die aanhitsing waaraan Malema hom skuldig maak, meer universeel erken word as dat apartheid ‘n sogenaamde “misdaad teen die mensdom” was. “Die konvensie teen apartheid van die sewentigerjare is nie deur die Westerse lande onderteken nie. Maar buiten Amerika, Israel en enkele ander lande, het die meeste state die konvensie teen volksmoord, asook die Roomse statuut, onderteken. Die afkeer van aanhitsing tot volksmoord is dus veel wyer as dié van apartheid in die sewentigerjare,” het hy gesê.

Roodt het die publiek aangemoedig om by PRAAG aan te sluit. “PRAAG is die enigste organisasie wat die Afrikaner se vryheidstryd werklik internasionaliseer. As ons sien watter sukses die ANC met dié strategie gehad het, is dit van wesentlike belang.”

Enigeen wat by PRAAG wil aansluit kan op hierdie skakel klik.

клиника пародонтологииданильченко юрій броніславович

Is daar hoop vir Afrika?

Onlangs in ‘n gesprek met ‘n sakeman van Wes-Afrika, het hy afgesluit deur die wens uit te spreek dat Suid-Afrika Afrika so kan help ontwikkel, dat Afrika meer soos Europa en Suid-Afrika kan word. “Afrika is so ver agter julle,” het hy moedeloos afgesluit.

Kan Suid-Afrika dit doen?

Ja. Suid-Afrika is ekonomies meer as twee keer so sterk soos Nigerië en amper drie-keer so sterk soos Egipte. Suid-Afrika is ekonomies 80 keer sterker as die gemiddelde Afrikastaat. Daarbenewens het ons die beste paaie-, krag- en telefoonnetwerke in Afrika en is ons aandelebeurs een van die tien grootste aandelebeurse in die wêreld. Amper die helfte van alle teerpaaie in Afrika, is in Suid-Afrika.

Maar as ons oor Afrika praat, moet ons ook realisties wees oor Afrika se probleme. Ek is kwaad vir Afrika se korrupsie en magsmisbruik. Ek is moeg vir Afrika-konflikte en TV-beelde van jong soldate in kamoefleeruniforms wat vol bravade agter op ‘n bakkie staan met ‘n swaar masjiengeweer in die hand en bande vol koeëls om die nek. Ek is moedeloos as ek nog een keer moet kyk na Afrika-babas wat met dowwe oë en uitgeteerde lyfies lê en hoop op kos.

Kommunikasie-infrastruktuur is ‘n belangrike voorwaarde vir ontwikkeling in Afrika.

Vodacom en MTN het die “pay-as-you-go”-konsep ontwikkel en groot sukses in Afrika behaal. Hulle is tans die hoof-selfoonverskaffers in verskeie Afrika lande.

Daar is talle soortgelyke voorbeelde van Suid-Afrikaanse maatskappye se suksesse in Afrika. Shoprite Checkers het tans die grootse voedselwinkel-netwerk in Afrika met amper 200 winkels in vyftien lande. Suid-Afrikaners bedryf Kameroen se spoorweë en ons bou paaie en brûe in Malawi en Mosambiek. Deur MultiChoice en die SABC bereik Suid-Afrikaanse televisieprogramme en nuus reeds 48 Afrikalande terwyl Media24 tydskrifte verkoop in Nigerië en Kenia.

Suid-Afrika het binne tien jaar na 1994 een van die top lande met beleggings in Afrika geword. Suid-Afrikaanse maatskappye het reeds geslaag om die lewenstandaard van baie Afrikane te verbeter.

Maar ek wil ook met Afrikaners praat. Baie Afrikaners onttrek hulle en hoop die probleme gaan weg. As Afrikaners eerlik oor hulle posisie nadink, het hulle op die oomblik nie baie keuses nie. Of jy emigreer, of jy raak betrokke en help om vir die Afrikaner ‘n plek in die son in Afrika te skep. Dit kan nie in isolasie gedoen word nie. Die feite is dat as Afrika tot niet gaan, dan is Suid-Afrika in die moeilikheid. As Suid-Afrika tot niet gaan, is die Afrikaner in die moeilikheid.

‘n Britse joernalis het onlangs aan my gesê: “Julle Afrikaners kan nooit brugbouers in Afrika wees nie vanweë julle geskiedenis.”

Is hy reg? Wat is die houding teenoor Afrikaners in die res van Afrika? Behalwe vir in Suid-Afrika, waar Malema sê ons is almal misdadigers, is ek orals in Afrika nog net positief ontvang.

Tans het 24 Afrikastate reeds versoeke gerig vir Suid-Afrikaanse kommersiële boere om by hulle te kom boer en met voedselproduksie te help.

Maar daar is ‘n voorwaarde. Dan moet Afrikaners nie permanent voel hulle word deur die regering geteiken nie. Dit maak dat alle energie vir oorlewing in Suid-Afrika aangewend word en is daar nie energie vir uitreik na Afrika nie.

игр детскиеАлександр Фильчаков

Afrikaanse film wen Queer Palm

Die bruin regisseur van die eerste Afrikaanse film wat by die gesogte Cannes Filmfees in Frankryk met ‘n Queer Palm vereer is, sê dié eer kom van “reuse van Europese rolprent kritici”.

Oliver Hermanus se rolprent Skoonheid het die toekenning vir die beste film wat handel oor gay kwessies Saterdag losgeslaan.

Die film handel oor Francois, ‘n familieman uit die Vrystaat, wat sukkel om sy latente seksuele begeertes te onderdruk.

In sy stryd, ontwikkel hy ‘n ongesonde en vernietigende obsessie met sy vriend se 22-jaar-oue seun.

Deon Lotz, die Suid-Afrikaanse akteur wat die rol van Francois vertolk, het gesê hy is “in ekstase” dat die film die toekenning gewen het.

“Dit gee wonderlike erkenning aan Suid-Afrika se groeiende filmbedryf,” het hy gesê.

Lotz, wat ook die rol van die FW de Klerk in die film Winnie speel, het gesê: “Ek sou nie sê Francois is ‘n gay-in-die-kas nie Hy het net nie geweet hoe om hierdie gevoelens wat hy onderdruk het, te hanteer nie as gevolg van Afrikanermans wat altyd op ‘n sekere manier optree”.

Elisabeth Quin, ‘n Franse kritikus en president van die jurie wat die Queer Palm toeken, het gesê: “Ons is getref deur hierdie film se uitbeelding van self-haat, homofobie en rassisme.

“Skoonheid is ‘n ontstellende, radikale film, ware teater.”

“Ek hoop Suid-Afrika is gereed vir Skoonheid wanneer ons terugkeer,” het Oliver gesê.

детские велосипеды украинаФильчаков прокурор