Oliver Hermanus se rolprent Skoonheid het die toekenning vir die beste film wat handel oor gay kwessies Saterdag losgeslaan.
Die film handel oor Francois, ‘n familieman uit die Vrystaat, wat sukkel om sy latente seksuele begeertes te onderdruk.
In sy stryd, ontwikkel hy ‘n ongesonde en vernietigende obsessie met sy vriend se 22-jaar-oue seun.
Deon Lotz, die Suid-Afrikaanse akteur wat die rol van Francois vertolk, het gesê hy is “in ekstase” dat die film die toekenning gewen het.
“Dit gee wonderlike erkenning aan Suid-Afrika se groeiende filmbedryf,” het hy gesê.
Lotz, wat ook die rol van die FW de Klerk in die film Winnie speel, het gesê: “Ek sou nie sê Francois is ‘n gay-in-die-kas nie Hy het net nie geweet hoe om hierdie gevoelens wat hy onderdruk het, te hanteer nie as gevolg van Afrikanermans wat altyd op ‘n sekere manier optree”.
Elisabeth Quin, ‘n Franse kritikus en president van die jurie wat die Queer Palm toeken, het gesê: “Ons is getref deur hierdie film se uitbeelding van self-haat, homofobie en rassisme.
“Skoonheid is ‘n ontstellende, radikale film, ware teater.”
“Ek hoop Suid-Afrika is gereed vir Skoonheid wanneer ons terugkeer,” het Oliver gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.