Helen Zille het die Sunday Times Sondag berispe in ‘n twiet op Twitter dat die koerant verkeerd is om te berig dat die DA 21,97% van die stemme gewen het en daarop gewys dat die koerant vroeër ‘n hoër syfer op sy voorblad gebruik het.
“Die korrekte resultaat is DA 23,9% (NIE 21,9%) en ANC 62% (NIE 63,65%), ” het sy geskryf.
Die telling wat Zille verkies sluit die verkiesing vir distriksrade uit – dus die derde stembrief wat aan kiesers gegee is wat nie in een van die agt metro’s woon nie. In dié rade het die DA aansienlik swakker gevaar met net 15% van die stemme.
Die DA het maw alleen 21,97% van alle stemme verower, en nie 23,9% soos die party beweer nie. Die ANC het 63,65% gewen.
Navorsers het dié syfer van die OVK se finale uitslae beaam en gesê dit dui die werklike stempersentasie aan.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.