Izak Roodt (85) en sy vrou, Rita (79), het ligte beserings opgedoen toe drie gewapende swartes hulle oorval het.
Daar is ‘n delwery op die plaas.
Lees verder.
Slegs op PRAAG. Hier kry u 'n omvattende beeld van alle nuusgebeure rondom Afrikaans en Afrikaners, die enigste volksnuusblad op die web!
Izak Roodt (85) en sy vrou, Rita (79), het ligte beserings opgedoen toe drie gewapende swartes hulle oorval het.
Daar is ‘n delwery op die plaas.
Lees verder.
‘n Vergadering oor ‘n moontlike kantonstelsel om selfbeskikking op plaaslike vlak te verseker, sal op 3 September 2011 plaasvind.
Die Ou Raadzaal op Kerkplein in Pretoria is die vergaderplek. Die vergadering sal om 10:00 begin en sal om 17:00 eindig.
Parkering is beskikbaar in Schoemanstraat aan die linkerkant 100m oos van Paul Krugerstraat. Dit is twee blokke van die Ou Raadzaal af.
Vir diegene wat nie die vergadering persoonlik kan bywoon nie, gaan daar gepoog word om dit vir belangstellendes moontlik te maak om die vergadering op Skype te volg.
Diegene wat insette wil lewer maar nie die vergadering kan bywoon nie, kan skriftelike voorleggings aan ons deurstuur welke voorleggings dan op die vergadering ter tafel gelê sal word.
Diegene wat die vergadering wil bywoon moet asseblief hulle name deurstuur sodat daar reëlings vir verversings en middagete getref kan word, aan info[by]zanli.co.za.
Die kostes is soos volg, afhangend van waar u kom:
Pretorianers R100
PWV-inwoners R50
Alle ander Gratis
Die vergadering mag ‘n geskiedkundige gebeurtenis wees en geskied te midde van ‘n ongekende debat oor selfbeskikking in Afrikanergeledere en hoe finansies en infrastruktuur in groot dele van die land van die huidige verval gered kan word.
Die begeerte heers by baie mense om weer inspraak in die bestuur van hul eie gebiede te verkry en ‘n kantonstelsel of selfbeskikking op plaaslike vlak is al wat daarvoor voorsiening maak. Oor die langer termyn meen kenners dat die vestiging van sodanige kantons wat onderling met mekaar saamwerk tot toekomsigte volkstate binne die sentralistiese Suid-Afrika kan lei, met die moontlikheid van eksterne selfbeskikking wat uit de facto-beheer oor eie grondgebied(e) kan spruit.
Die bydrae wat so ‘n kantonstelsel tot onderwys, welsyn en veiligheid kan maak, sal ook onder die loep kom.
‘n Vorige vergadering enkele weke gelede is deur ‘n wye spektrum van Afrikaanse organisasies en politieke partye bygewoon en het die hoop op groter onderlinge samewerking tussen Afrikaners laat opvlam.
“Dit is duidelik dat die ANC-jeugliga se eise… [van nasionalisering] nie net opmerkings van ‘n spul heethoofde is nie,” het Ben Marais, president van TLU-SA, gesê.
“Beide die ANC en Cosatu ondersteun nasionalisering heelhartig en dis heel waarskynlik op die SAKP se kommunistiese agenda geskoei.”
‘n Ekonomis van Cosatu, Chris Malekane, het Donderdag gesê dat nasionalisering sál plaasvind en dat dit bloot die manier waarop dié stelsel geïmplementeer gaan word, wat nog ondersoek verg.
Malekane het tydens ‘n debat in Johannesburg gepraat en die jeugliga aangespoor om nasionalisering hoog op die agenda te plaas.
“Daar sal vergoeding ten bate van die publiek wees, maar nie ten koste van die Suid-Afrikaanse staat nie….balans moet gehandhaaf word,” het Malekane gesê.
Hy het bygevoeg dat grond ‘n natuurlike bate is, maar dat die staat dit besit en dat boere dit moet bewerk.
Geen vergoeding behoort vir grond gegee te word nie, het Malekane tydens die debat gesê.
In reaksie hierop het Marais gesê dat sonder vergoeding, boere “geteiken en vernietig” word.
“Is dit die rede hoekom niks aan plaasmoorde gedoen word nie?” het Marais gevra.
“Is elke boer wat doodgemaak word een minder probleem om te hanteer?”
TLU-SA het ‘n beroep op landbou- en besigheidsorganisasies gedoen om die betrokke partye se belange teen die bedreiging van nasionalisering te beskerm.
Nadat mnr. Louw Steytler, die president van Vrystaat-landbou gister tydens sy openingstoespraak by die organisasie se jaarlikse kongres ‘n striemende aanval op die Afrikanerbond geloods het, is die rusie tussen die twee organisasies vanmôre oor die lug op RSG voortgesit.
Mnr. Dan Kriek, visepresident van Vrystaat-landbou, het met verontwaardiging gereageer op die suggestie dat sy organisasie as “Afrikaans” beskou kan word. “Ons het swart en Engelse lede en is suiwer ‘n landbou-organisasie sonder enige bande met Afrikaans of Afrikaners,” het mnr. Kriek gesê. “Vrystaat-landbou wil eerlik en opreg met die ANC-regering saamwerk om landbou te transformeer, grondhervorming te laat plaasvind en probleme soos landelike armoede en ontwikkeling aan te spreek.”
Vrystaat-landbou het aanstoot geneem aan ‘n onderhoud met mnr. Pieter Vorster, voorsitter van die Afrikanerbond, wat enkele weke gelede in Die Volksblad verskyn het en waarin hy die indruk gewek het dat sowel die AB as Agri-SA in die Afrikaner-Burgerlike Netwerk dien. Die ABN is ‘n inisiatief van Solidariteit en Afriforum wat ‘n aantal organisasies wat insgelyks by die FAK geaffilieer is, saamsnoer. Benewens die Afrikanerbond en Agri SA, het mnr. Pieter Vorster ook die volgende liggame genoem: AfriForum, Solidariteit, die ATKV, Fedsas, Agri SA, Dames Aktueel en die SAOU.
Mnr. Johannes Möller, die president van Agri SA het gister sy goeie wense aan Vrystaat-landbou oorgedra, maar dit “onomwonde gestel dat dit heeltemal onwaar is dat Agri SA in enige gesprekke met die AB” verkeer. Hy het die gedagte dat Agri SA aan die Afrikaner-Burgerlike Netwerk van Solidariteit en die FAK deelneem as “absolute irrelevante nonsens” bestempel.
Volgens mnr. Louw Steytler is Vrystaat-landbou ‘n “’n vrywillige organisasie vir landbouers oor die kleurgrens heen”. Ook mnr. Dan Kriek, die visepresident, het dit op RSG beklemtoon dat Vrystaat-landbou geensins met Afrikanerskap geassosieer wil wees nie en eerder sy samewerking aan die ANC-bewind wil gee sover dit grondhervorming en die verligting van landelike armoede betref.
Mnr. Pierre Theron, ‘n voormalige voorsitter van die Afrikanerbond en steeds bestuurslid, het in reaksie op die aanvalle van Vrystaat-landbou gesê dat sy organisasie graag namens Afrikaners met die ANC-bewind praat. Volgens mnr. Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC en voorsitter van die SA Kommunisteparty, is dit nuttig om met die Afrikanerbond te praat omdat hy die Afrikaners sou verteenwoordig.
Mnr. Kobus Rossouw van RSG het vanmôre hierdie stelling bevraagteken en gevra of “die Afrikanerbond nie eerder sy vlerke moet vou” en aanvaar dat hy nie meer weens ‘n dalende ledetal Afrikaners kan verteenwoordig nie. Hierop het mnr. Theron geantwoord dat die AB steeds oor 2000 “aktiewe lede” beskik, asook 2000 ander wat soms vergaderings bywoon of bydraes tot navorsing maak. Hy het ook verwys na ‘n boek wat deur ‘n Duitse navorser geskryf is waarin die Afrikanerbond geloof word vir sy bydrae tot die transformasie van Suid-Afrika ná 1994. Vanweë die leierskapsposisies wat lede van die Afrikanerbond beklee, kan hulle steeds ‘n groot bydrae lewer, ook op landbougebied.
Vorster het ontken dat die AB en Agri SA saam praat oor ’n nuwe burgerlike organisasie.
“Daar is soms oorvleueling in ons werk as dit by dinge soos nasionalisering en eiendomsreg kom. Ons sal oor sulke kwessies reageer en hulle sal,” het hy verklaar.
Die Afrikaner-Burgerlike Netwerk het ontstaan uit gesprekke oor groter Afrikanereenheid wat ongeveer drie jaar gelede op inisiatief van die FAK tussen Afrikaanse organisasies gevoer is. PRAAG het aanvanklik daaraan deelgeneem, maar is op versoek van prof. Hans du Plessis van die ATKV uitgesluit omdat dié organisasie geweier het om deel te neem aan enige gesprek waarby dr. Dan Roodt van PRAAG teenwoordig sou wees.
Dr. Roodt het prof. Du Plessis indertyd in ‘n persoonlike e-pos gekritiseer omdat hy Afrikaans by die Voortrekkermonument as ‘n “gemorstaal” beskryf het en hom tot ‘n geleerde, taalkundige debat oor die herkoms en status van Afrikaans as kultuurtaal in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe uitgedaag. Prof. Du Plessis, wat ‘n dosent aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkamus is, het nooit die uitdaging aangeneem nie, maar het kennelik weens sy fyngevoeligheid vir intellektuele kritiek PRAAG se deelname aan die Afrikaner-Burgerlike Netwerk gekelder.
Fan Liebenberg (80), is so verniel dat sy skaars herkenbaar was.
Die moord is enkele dae nadat sy van haar vakansiehuis in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus teruggekeer het, gepleeg.
Haar lyk is Dinsdagmiddag in ‘n plas bloed op die eetkamervloer aangetref van haar huis in Nicolas Smitstraat aangetref.
Sy is vermoedelik na die hoofslaapkamer gesleep en herhaaldelik aangerand terwyl die huis geplunder is.
Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie, volens die polisie.
Sers. Mmako Mophireng sê die boer se seun het die polisie ontbied nadat hy agterdogtig geraak het. ‘n Vreemde stem het glo een van sy oproepe na sy ouers se huis geantwoord.
Twee vroue was vasgebind toe die polisie by die huis opgedaag het. Daar was geen teken van die boer nie.
Daarna het die polisie die plaaswerf gefynkam en op die vlak graf afgekom. Die boer se lyk was daarin begrawe.
Mophireng sê twee mense is tot dusver by ‘n lokasie by Reitz in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes het glo ‘n paar dae gelede op die plaas gewerk.
Mophireng sê die twee vroue is na die Bethlehem-hospitaal geneem.
Die Vryheidsfront Plus in Pretoria het tydens ‘n sitting van die Pretoria-streeksraad in Centurion, ’n drastiese besluit geneem wat selfbeskikking as die enigste opsie op die tafel plaas.
Tydens die algemene vergadering het die streekleier, rdsl Philip van Staden, in ‘n voorlegging aan die streeksraad dit baie duidelik gemaak dat die VF Plus in Pretoria daadwerklik uiting moet gee aan artikel 185 en 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet, Wet nr 108 van 1996. Volgens Van Staden is hierdie twee artikels nie om dowe neute in die grondwet ingeskryf nie en dat selfbeskikking hoog op die agenda geplaas moet word en dat daar drasties uiting gegee moet word om gemeenskaplike selfbeskikking toe te pas en te laat slaag. Dit is die enigste uitweg vir die Afrikaner om in die huidige politieke bestel in Suid-Afrika te oorleef. Hy het ook genoem dat gemeenskaplike selfbeskikking, of selfbeskikking in geheel, nie teen die grondwet van die land is nie en dat die twee artikels in die Suid-Afrikaanse grondwet nou in gebruik geneem moet word.
“Sestien jaar gelede is artikel 185 en 235 in die Suid-Afrikaanse grondwet ingeskryf. Vandag moet ons daarvan gebruik maak. Nie almal van ons kan in Orania gaan bly of selfs immigreer nie, daarom dat ons moet uiting gee aan selfbeskikking binne ons eie plaaslike gemeenskappe waar ons elke dag woon en werk,” het Van Staden gesê.
Die Streeksraad van die Vryheidsfront Plus in Pretoria het hierdie voorstelle aanvaar en daar sal nou daadwerklik begin word om gemeenskaplike selfbeskikking of selfbeskikking in die geheel ‘n werklikheid in Suid-Afrika te maak. Die kiesers wat die afgelope munisipale verkiesing vir die VF Plus in Pretoria gestem het, het vir die party ‘n mandaat gegee om die weg na selfbeskikking te baan. Tydens die vergadering is ook nuwe aksieplanne op die tafel geplaas wat die party gaan gebruik om sy ondersteuningsbasis onder die Afrikaner drasties uit te brei. Die streeksraad van die Vryheidsfront Plus bestaan uit drie afgevaardigdes van elke tak en die party beskik tans oor veertig takke in die Pretoria-streek.
Swartes wil nie boer nie, het ‘n 2008-peiling van Agri SA bevind en bruin boere glo landbou is die “laaste vesting van apartheid”.
Theo de Jager, die adjunk-president van Agri SA, sê navorsing wat hulle in Limpopo in 2008 onderneem het, het getoon dat swart jeugdiges boerdery as ‘n “minderwaardige beroep beskou en dit nie aantreklik genoeg ag om akademies daarvoor te kwalifiseer nie”.
Swartes glo daar is nie groot geld uit te maak nie, volgens de Jager. Achmat Brinkhuis, bruin president van die Verenigde Suid-Afrikaanse Landbouvereniging (USAA), meen egter transformasie in die landbou het misluk omdat dit die laaste vesting van apartheid is.
Volgens Agri SA het Suid-Afrika sowat 1,2 miljoen kleinboere, van wie die meeste in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is.
Lees verder.
Rupert het Woensdag uit Londen aan BusinessLIVE vertel dat die ANC geweet het dat hy en sy pa nog nooit enige bande met die voormalige Nasionale Party gehad het nie en dit nooit befonds het nie.
Vroeër Woensdag, het die ANC-jeugliga, as deel van sy reaksie op vrae oor sy president, Julius Malema, se trustfonds, verklaar dat die Rupert-familie die meerderheidsaandeelhouer van “die Afrikaneroorheersde en -beheerde Naspers Groep is, waarvan die seniorbestuur 100% wit en manlik is”.
Die ANC-jeugliga het bygevoeg dat Naspers Media24 besit wat Rapport, Die Beeld, City Press en die Daily Sun-koerante beheer.
Dit was die City Press-koerant wat onlangs beweer het Limpopo se sakemanne betaal geld in Malema se trustfondsrekening in ruil vir die regeringstenders, iets wat die ANC-jeugliga ten sterkste ontken het.
“Al hierdie publikasies herhaal die apartheidideologie van wit oorheersing en stuur ‘n beeld van swart mense uit as korrupte of bygelowige mense met geen potensiaal het om te ontwikkel of sosiale, politieke en ekonomiese kwessies wat SA raak te konfronteer nie.”
Maar Rupert het gesê dit is nuus vir hom, en dit sal ook nuus wees vir Naspers se Koos Bekker, dat die Rupert-familie ‘n invloed oor die media-groep uitoefen.
“As ons enige aandele besit, kan dit slegs ‘n paar duisend aandele wees wat my oorlede pa [Anton Rupert] oorspronklik besit het.”
Rupert is die voorsitter van die luukse goedere-groep Richemont.
Die ANC Jeugliga het ook gesê hulle wil weet hoeveel plaas- en landbougrond die Rupert-familie in Suid-Afrika vandag besit en hoe die familie dié grond verkry het.
Rupert, wat duidelik geamuseerd deur die Jeugliga se aantygings is, het gesê dat beide hy en sy pa in die verlede gekritiseer is deur Naspers vir die feit dat hulle teen apartheid was.
“Mense weet dit en die ANC-leiers weet dit.”
Dit is nie die eerste keer dat die Rupert-familie aangeval word deur die ANC-jeugliga nie. “Dit is die 5de of 6de keer dat hulle ons familie bykom, en hulle maak bewerings dat ons wegkruip in Stellenbosch.
“My rekord en my gesin se rekord teen rassisme kan vir homself praat.”
Een van SA se grootste banke, ABSA, is ook deur die ANC-jeugliga uitgesonder. “Wat is die rol van Absa, wie se uitvoerende hoof, Maria Ramos, in die openbaar teen die posisies van die ANC-jeugliga, veral oor die nasionalisering van myne, is?”
AfriForum het ook ‘n beurt gekry. Die ANC-Jeugliga beweer dat “die verhouding tussen Media24 en regse organisasies, in die besonder AfriForum” verduidelik moet word omdat AfriForum met “gratis Stop Malema-advertensies in Media24 se publikasies vir baie maande nou al volhou”.
AfriForum het ‘n korrupsiesaak teen die ANC-jeugliga se president gelê, na aanleiding van City Press se verslag dat Malema ‘n trustfonds vir die deposito’s van sakemanne in Limpopo aanhou.
AfriForum het die klag gelê in ooreenstemming met die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede van 2004.
Kaapstad – ‘n Boer wat van aanranding beskuldig word op prof Anton van Niekerk van die Universiteit van Stellenbosch, is Woensdag deur die plaaslike landdroshof op R5 000 borgtog vrygelaat. Abel Albertus Malan, 47, is die kleinseun van Danie Malan, ‘n prominente sakeman wat betrokke is by die versekeraar Sanlam.
Malan, van die Nelspruitomgewing, het na bewering die professor in sy kantoor gekonfronteer op 14 Julie oor ‘n artikel wat op 5 Julie in Die Burger verskyn het. In die artikel, wat Malan aanstootlik gevind het, het die professor geskryf dat die gevolge van apartheid nooit sal eindig nie en daarom beskik alle blankes oor ‘n swaar skuldlas. In die hitte van die konfrontasie, het Malan na bewering die professor se lessenaar omgegooi.
Malan staar twee aanklagte in die gesig – intimidasie omdat hy na bewering gedreig het om die professor aan te rand, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Malan het vlugtig voor landdros Anita Potgieter verskyn, wat as die borgtogvoorwaardes beveel het dat hy sy paspoort by die polisie inhandig en teen 20:00 op Woensdag uit Stellenbosch padgee. Ander voorwaardes is dat hy weer in die hof op 25 Augustus moet verskyn, wanneer die saak oorgedra sal word na die Stellenbosch-streekhof. Malan is gewaarsku om nie enige kontak, direk of indirek, met Van Niekerk te hê nie. Hy moet die ondersoekbeampte in kennis te stel van enige verandering van adres, en mag nie in die Stellenbosch-landdrosdistrik sonder toestemming wees nie, behalwe om die hofverrigtinge by te woon. ‘n Laaste voorwaarde was dat hy elke Vrydag tussen 6:00 en 20:00 by die Nelspruitpolisiestasie moet aanmeld.
Malan is gewaarsku dat hy weer in hegtenis geneem sou word, en sy borgtog teruggetrek sou word indien hy enige van sy borgvoorwaardes oortree.