Kaapstad – ‘n Boer wat van aanranding beskuldig word op prof Anton van Niekerk van die Universiteit van Stellenbosch, is Woensdag deur die plaaslike landdroshof op R5 000 borgtog vrygelaat.
Abel Albertus Malan, 47, is die kleinseun van Danie Malan, ‘n prominente sakeman wat betrokke is by die versekeraar Sanlam.
Malan, van die Nelspruitomgewing, het na bewering die professor in sy kantoor gekonfronteer op 14 Julie oor ‘n artikel wat op 5 Julie in Die Burger verskyn het.
In die artikel, wat Malan aanstootlik gevind het, het die professor geskryf dat die gevolge van apartheid nooit sal eindig nie en daarom beskik alle blankes oor ‘n swaar skuldlas. In die hitte van die konfrontasie, het Malan na bewering die professor se lessenaar omgegooi.
Malan staar twee aanklagte in die gesig – intimidasie omdat hy na bewering gedreig het om die professor aan te rand, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Malan het vlugtig voor landdros Anita Potgieter verskyn, wat as die borgtogvoorwaardes beveel het dat hy sy paspoort by die polisie inhandig en teen 20:00 op Woensdag uit Stellenbosch padgee.
Ander voorwaardes is dat hy weer in die hof op 25 Augustus moet verskyn, wanneer die saak oorgedra sal word na die Stellenbosch-streekhof.
Malan is gewaarsku om nie enige kontak, direk of indirek, met Van Niekerk te hê nie.
Hy moet die ondersoekbeampte in kennis te stel van enige verandering van adres, en mag nie in die Stellenbosch-landdrosdistrik sonder toestemming wees nie, behalwe om die hofverrigtinge by te woon.
‘n Laaste voorwaarde was dat hy elke Vrydag tussen 6:00 en 20:00 by die Nelspruitpolisiestasie moet aanmeld.
Malan is gewaarsku dat hy weer in hegtenis geneem sou word, en sy borgtog teruggetrek sou word indien hy enige van sy borgvoorwaardes oortree.
Kaapstad – ‘n Boer wat van aanranding beskuldig word op prof Anton van Niekerk van die Universiteit van Stellenbosch, is Woensdag deur die plaaslike landdroshof op R5 000 borgtog vrygelaat. Abel Albertus Malan, 47, is die kleinseun van Danie Malan, ‘n prominente sakeman wat betrokke is by die versekeraar Sanlam.
Malan, van die Nelspruitomgewing, het na bewering die professor in sy kantoor gekonfronteer op 14 Julie oor ‘n artikel wat op 5 Julie in Die Burger verskyn het. In die artikel, wat Malan aanstootlik gevind het, het die professor geskryf dat die gevolge van apartheid nooit sal eindig nie en daarom beskik alle blankes oor ‘n swaar skuldlas. In die hitte van die konfrontasie, het Malan na bewering die professor se lessenaar omgegooi.
Malan staar twee aanklagte in die gesig – intimidasie omdat hy na bewering gedreig het om die professor aan te rand, asook aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Malan het vlugtig voor landdros Anita Potgieter verskyn, wat as die borgtogvoorwaardes beveel het dat hy sy paspoort by die polisie inhandig en teen 20:00 op Woensdag uit Stellenbosch padgee. Ander voorwaardes is dat hy weer in die hof op 25 Augustus moet verskyn, wanneer die saak oorgedra sal word na die Stellenbosch-streekhof. Malan is gewaarsku om nie enige kontak, direk of indirek, met Van Niekerk te hê nie. Hy moet die ondersoekbeampte in kennis te stel van enige verandering van adres, en mag nie in die Stellenbosch-landdrosdistrik sonder toestemming wees nie, behalwe om die hofverrigtinge by te woon. ‘n Laaste voorwaarde was dat hy elke Vrydag tussen 6:00 en 20:00 by die Nelspruitpolisiestasie moet aanmeld.
Malan is gewaarsku dat hy weer in hegtenis geneem sou word, en sy borgtog teruggetrek sou word indien hy enige van sy borgvoorwaardes oortree.
пескоструйная насадка для компрессораФільчаков Олександр Васильович прокурор
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.