Plakkers en ‘terrorisme’

Die inhegtenisname en aanhouding van ses lede van die Verkennersbeweging weens die aanbring van plakkers op aanwysingsborde in Pretoria maak ‘n bespotting van die liberale menseregterekord wat sommige mense in Suid-Afrika sedert 1994 bespeur.

Naamsveranderings soos dié van Voortrekkerstraat in Pretoria,asook die stad se naam self, was nog altyd omstrede en lok openbare protes uit. In dié geval gaan dit om naamborde, maar ook die aanhouding van mnr. Clive Derby-Lewis wat geruime tyd reeds vir parool kwalifiseer, maar om politieke redes nie vrygelaat word nie. Dít terwyl mnr. FW de Klerk reeds in 1991 4 000 ANC-lede wat ernstige misdade soos moord, terreur en geweld teen burgerlikes vrygelaat het, terwyl die Waarheids- en versoeningskommissie van biskop Tutu alle “politieke moorde” aan ANC-kant voor die voet kwytgeskeld het.

Die ses betogers van Pretoria het dus rede gehad om hul saak of sake onder die publiek se aandag te bring, net soos die tienduisende stakers en toi-toiende ANC-ondersteuners wat straffeloos openbare saakbeskadiging tydens hul dikwels gewelddadige betogings pleeg. Dan praat ‘n mens nie eens van die 80 buitelanders wat tydens 2009 se xenofobiese aanvalle vermoor is en waarvoor niemand nog aangekla is nie.

Om gewone wetsgehoorsame middelklas-Afrikaners links en regs in polisieselle aan te hou, is besig om die indruk te versterk dat ons voortaan in ‘n tipiese Afrikaland woon waar die regstaat en menseregte die tweede plek naas magsvertoon inneem. Waar persone in uniform maar kan maak wat hulle wil, veral daar waar hulle nie omkoopgeld ontvang nie. Dat etniese minderhede vandag in Suid-Afrika rede het om ernstig oor die toekoms bekommerd te wees, word deur die reakse van die staat op die ses Verkenners bevestig.

Ook die hantering van die Abel Malan-geval op Stellenbosch het getoon dat blanke Afrikaners wat van behoudende politieke standpunte verdink word nie op dieselfde behandeling as die res van die bevolking geregtig is nie. Hoe ‘n middelklas-Afrikaner met ‘n vaste adres ná ‘n vuisgeveg nie op borgtog geregtig is nie terwyl gewoontemisdadigers of selfs moordenaars elke dag op die strate losgelaat word, gaan die verstand te bowe.

Prof. Anton van Niekerk het vir seker ook provokasie teen die meeste gewone mense in dié land gepleeg met sy moralisering vanuit die wêreldvreemde personeelkamers van die Stellenbosse universiteit. Terwyl die gemiddelde Afrikaner daarbuite die onreg van regstellende aksie en die konstante van vrees van geweldsmisdaad en etniese aanvalle moet verduur, verguis Van Niekerk op sy pedantiese – en dom – manier juis die lydende man op straat.

Afrikaners sal vinnig moet leer om hul verskille uit die verlede te oorbrug en mekaar in dié moeilike en gevaarlike tyd te ondersteun. As hierdie rampokkerstaat aan een van ons vat, van hy aan almal.

боль десенлобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae