Boer se lyk in vlak graf gekry

‘n Vrystaatse boer is in ‘n vlak graf begrawe nadat hy Maandag naby Reitz op sy plaas aangeval is, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Sers. Mmako Mophireng sê die boer se seun het die polisie ontbied nadat hy agterdogtig geraak het. ‘n Vreemde stem het glo een van sy oproepe na sy ouers se huis geantwoord.

Twee vroue was vasgebind toe die polisie by die huis opgedaag het. Daar was geen teken van die boer nie.

Daarna het die polisie die plaaswerf gefynkam en op die vlak graf afgekom. Die boer se lyk was daarin begrawe.

Mophireng sê twee mense is tot dusver by ‘n lokasie by Reitz in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes het glo ‘n paar dae gelede op die plaas gewerk.

Mophireng sê die twee vroue is na die Bethlehem-hospitaal geneem.

Daar is geen aanduiding of enige besittings gesteel is nie.

video game slotsДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae