‘n Vrou van Monument in Krugersdorp se lyk is Dinsdag in haar huis aangetref waar haar kop oënskynlik met ‘n tuinskêr verbrysel is.
Fan Liebenberg (80), is so verniel dat sy skaars herkenbaar was.
Die moord is enkele dae nadat sy van haar vakansiehuis in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus teruggekeer het, gepleeg.
Haar lyk is Dinsdagmiddag in ‘n plas bloed op die eetkamervloer aangetref van haar huis in Nicolas Smitstraat aangetref.
Sy is vermoedelik na die hoofslaapkamer gesleep en herhaaldelik aangerand terwyl die huis geplunder is.
Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie, volens die polisie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.