Die Noorweegse vliegtuie het 583 sendings oor Libië gevlieg uit ‘n totaal van 6 493 wat sedert 31 Maart deur NAVO uitgevoer is. Die vliegtuie het altesaam 569 bomme in Libië laat val, het Petter Lindqvist, die militêre woordvoerder, gesê.
Op 10 Junie het die Noorse regering aangekondig dat hy stelselmatig sy deelname aan die bomaanvalle gaan afskaal en uiteindelik sy F-16 vegvliegtuie gaan onttrek.
Die regering het verduidelik dat sy klein lugmag nie ‘n groot bydrae vir lank kan volhou nie.
Slegs agt van NAVO se 28 lidlande het aan die lugaanvalle deelgeneem sedert die alliansie beheer van die operasie op 31 Maart geneem het. Die lande is Noorweë, Brittanje, Frankryk, Kanada, België, Denemarke, Italië en Amerika.
