Vrystaat-landbou sit aanvalle op Afrikanerbond voort

v.l.n.r: Mnr Louw Steytler (President Vrystaat Landbou), me Mamiki Qhabate (LUR vir Landbou) en Prof Steven Friedman, politieke analis vd Universiteit v Johannesburg
Nadat mnr. Louw Steytler, die president van Vrystaat-landbou gister tydens sy openingstoespraak by die organisasie se jaarlikse kongres ‘n striemende aanval op die Afrikanerbond geloods het, is die rusie tussen die twee organisasies vanmôre oor die lug op RSG voortgesit.
Mnr. Dan Kriek, visepresident van Vrystaat-landbou, het met verontwaardiging gereageer op die suggestie dat sy organisasie as “Afrikaans” beskou kan word. “Ons het swart en Engelse lede en is suiwer ‘n landbou-organisasie sonder enige bande met Afrikaans of Afrikaners,” het mnr. Kriek gesê. “Vrystaat-landbou wil eerlik en opreg met die ANC-regering saamwerk om landbou te transformeer, grondhervorming te laat plaasvind en probleme soos landelike armoede en ontwikkeling aan te spreek.”
Vrystaat-landbou is in die gesig gevat deur ‘n onderhoud met mnr. Pieter Vorster, voorsitter van die Afrikanerbond, wat enkele weke gelede in Die Volksblad verskyn het en waarin hy die indruk gewek het dat sowel die AB as Agri-SA in die Afrikaner-Burgerlike Netwerk dien. Die ABN is ‘n inisiatief van Solidariteit en Afriforum wat ‘n aantal organisasies wat insgelyks by die FAK geaffilieer is, saamsnoer. Benewens die Afrikanerbond en Agri SA, het mnr. Pieter Vorster ook die volgende liggame genoem: AfriForum, Solidariteit, die ATKV, Fedsas, Agri SA, Dames Aktueel en die SAOU.
Mnr.  Johannes Möller, die president van Agri SA het gister sy goeie wense aan Vrystaat-landbou oorgedra, maar dit “onomwonde gestel dat dit heeltemal onwaar is dat Agri SA in enige gesprekke met die AB” verkeer. Hy het die gedagte dat Agri SA aan die Afrikaner-Burgerlike Netwerk van Solidariteit en die FAK deelneem as “absolute irrelevante nonsens” bestempel.
Volgens mnr. Louw Steytler is Vrystaat-landbou ‘n “’n vrywillige organisasie vir landbouers oor die kleurgrens heen”. Ook mnr. Dan Kriek, die visepresident, het dit op RSG beklemtoon dat Vrystaat-landbou geensins met Afrikanerskap geassosieer wil wees nie en eerder sy samewerking aan die ANC-bewind wil gee sover dit grondhervorming en die verligting van landelike armoede betref.
Mnr. Pierre Theron, ‘n voormalige voorsitter van die Afrikanerbond en steeds bestuurslid, het in reaksie op die aanvalle van Vrystaat-landbou gesê dat sy organisasie graag namens Afrikaners met die ANC-bewind praat. Volgens mnr. Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC en voorsitter van die SA Kommunisteparty, is dit nuttig om met die Afrikanerbond te praat omdat hy die Afrikaners sou verteenwoordig.
Mnr. Kobus Rossouw van RSG het vanmôre hierdie stelling bevraagteken en gevra of “die Afrikanerbond nie eerder sy vlerke moet vou” en aanvaar dat hy nie meer weens ‘n dalende ledetal Afrikaners kan verteenwoordig nie. Hierop het mnr. Theron geantwoord dat die AB steeds oor 2000 “aktiewe lede” beskik, asook 2000 ander wat soms vergaderings bywoon of bydraes tot navorsing maak. Hy het ook verwys na ‘n boek wat deur ‘n Duitse navorser geskryf is waarin die Afrikanerbond geloof word vir sy bydrae tot die transformasie van Suid-Afrika ná 1994. Vanweë die leierskapsposisies wat lede van die Afrikanerbond beklee, kan hulle steeds ‘n groot bydrae lewer, ook op landbougebied.
Die voorsitter van die AB, mnr. Pieter Vorster het aan Die Volksblad gesê dat hy wel ‘n lid van Vrystaat-landbou is en sy teleurstelling uitgespreek dat sy organisasie nou in die openbaar aangeval word. “Ons verstaan nie waar al hierdie dinge nou vandaan kom nie. VL moet verduidelik. Steytler weet ek is ’n lid van VL. Hoekom kon hy nie met my hieroor gepraat het nie?” het Vorster gesê.
Vorster het ontken dat die AB en Agri SA saam praat oor ’n nuwe burgerlike organisasie.
“Daar is soms oorvleueling in ons werk as dit by dinge soos nasionalisering en eiendomsreg kom. Ons sal oor sulke kwessies reageer en hulle sal.”
Die Afrikaner-Burgerlike Netwerk het ontstaan uit gesprekke oor groter Afrikanereenheid wat ongeveer drie jaar gelede op inisiatief van die FAK tussen Afrikaanse organisasies gevoer is. PRAAG het aanvanklik daaraan deelgeneem, maar is op versoek van prof. Hans du Plessis van die ATKV uitgesluit omdat dié organisasie geweier het om deel te neem aan enige gesprek waarby dr. Dan Roodt van PRAAG teenwoordig sou wees.
Dr. Roodt het prof. Du Plessis indertyd gekritiseer omdat hy Afrikaans by die Voortrekkermonument as ‘n “gemorstaal” beskryf het en hom tot ‘n geleerde, taalkundige debat oor die herkoms en status van Afrikaans as kultuurtaal in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe uitgedaag. Prof. Du Plessis, wat ‘n dosent aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkamus is, het nooit die uitdaging aangeneem nie, maar het kennelik weens sy fyngevoeligheid vir intellektuele kritiek PRAAG se deelname aan die Afrikaner-Burgerlike Netwerk gekelder.

v.l.n.r: Mnr Louw Steytler (President Vrystaat Landbou), me Mamiki Qhabate (LUR vir Landbou) en Prof Steven Friedman, politieke analis vd Universiteit v JohannesburgNadat mnr. Louw Steytler, die president van Vrystaat-landbou gister tydens sy openingstoespraak by die organisasie se jaarlikse kongres ‘n striemende aanval op die Afrikanerbond geloods het, is die rusie tussen die twee organisasies vanmôre oor die lug op RSG voortgesit.

Mnr. Dan Kriek, visepresident van Vrystaat-landbou, het met verontwaardiging gereageer op die suggestie dat sy organisasie as “Afrikaans” beskou kan word. “Ons het swart en Engelse lede en is suiwer ‘n landbou-organisasie sonder enige bande met Afrikaans of Afrikaners,” het mnr. Kriek gesê. “Vrystaat-landbou wil eerlik en opreg met die ANC-regering saamwerk om landbou te transformeer, grondhervorming te laat plaasvind en probleme soos landelike armoede en ontwikkeling aan te spreek.”

Vrystaat-landbou het aanstoot geneem aan ‘n onderhoud met mnr. Pieter Vorster, voorsitter van die Afrikanerbond, wat enkele weke gelede in Die Volksblad verskyn het en waarin hy die indruk gewek het dat sowel die AB as Agri-SA in die Afrikaner-Burgerlike Netwerk dien. Die ABN is ‘n inisiatief van Solidariteit en Afriforum wat ‘n aantal organisasies wat insgelyks by die FAK geaffilieer is, saamsnoer. Benewens die Afrikanerbond en Agri SA, het mnr. Pieter Vorster ook die volgende liggame genoem: AfriForum, Solidariteit, die ATKV, Fedsas, Agri SA, Dames Aktueel en die SAOU.

Mnr.  Johannes Möller, die president van Agri SA het gister sy goeie wense aan Vrystaat-landbou oorgedra, maar dit “onomwonde gestel dat dit heeltemal onwaar is dat Agri SA in enige gesprekke met die AB” verkeer. Hy het die gedagte dat Agri SA aan die Afrikaner-Burgerlike Netwerk van Solidariteit en die FAK deelneem as “absolute irrelevante nonsens” bestempel.

Volgens mnr. Louw Steytler is Vrystaat-landbou ‘n “’n vrywillige organisasie vir landbouers oor die kleurgrens heen”. Ook mnr. Dan Kriek, die visepresident, het dit op RSG beklemtoon dat Vrystaat-landbou geensins met Afrikanerskap geassosieer wil wees nie en eerder sy samewerking aan die ANC-bewind wil gee sover dit grondhervorming en die verligting van landelike armoede betref.

Mnr. Pierre Theron, ‘n voormalige voorsitter van die Afrikanerbond en steeds bestuurslid, het in reaksie op die aanvalle van Vrystaat-landbou gesê dat sy organisasie graag namens Afrikaners met die ANC-bewind praat. Volgens mnr. Gwede Mantashe, sekretarisgeneraal van die ANC en voorsitter van die SA Kommunisteparty, is dit nuttig om met die Afrikanerbond te praat omdat hy die Afrikaners sou verteenwoordig.

Mnr. Kobus Rossouw van RSG het vanmôre hierdie stelling bevraagteken en gevra of “die Afrikanerbond nie eerder sy vlerke moet vou” en aanvaar dat hy nie meer weens ‘n dalende ledetal Afrikaners kan verteenwoordig nie. Hierop het mnr. Theron geantwoord dat die AB steeds oor 2000 “aktiewe lede” beskik, asook 2000 ander wat soms vergaderings bywoon of bydraes tot navorsing maak. Hy het ook verwys na ‘n boek wat deur ‘n Duitse navorser geskryf is waarin die Afrikanerbond geloof word vir sy bydrae tot die transformasie van Suid-Afrika ná 1994. Vanweë die leierskapsposisies wat lede van die Afrikanerbond beklee, kan hulle steeds ‘n groot bydrae lewer, ook op landbougebied.

Die voorsitter van die AB, mnr. Pieter Vorster het aan Die Volksblad gesê dat hy wel ‘n lid van Vrystaat-landbou is en sy teleurstelling uitgespreek dat sy organisasie nou in die openbaar aangeval word. “Ons verstaan nie waar al hierdie dinge nou vandaan kom nie. VL moet verduidelik. Steytler weet ek is ’n lid van VL. Hoekom kon hy nie met my hieroor gepraat het nie?” het Vorster gevra.

Vorster het ontken dat die AB en Agri SA saam praat oor ’n nuwe burgerlike organisasie.

“Daar is soms oorvleueling in ons werk as dit by dinge soos nasionalisering en eiendomsreg kom. Ons sal oor sulke kwessies reageer en hulle sal,” het hy verklaar.

Die Afrikaner-Burgerlike Netwerk het ontstaan uit gesprekke oor groter Afrikanereenheid wat ongeveer drie jaar gelede op inisiatief van die FAK tussen Afrikaanse organisasies gevoer is. PRAAG het aanvanklik daaraan deelgeneem, maar is op versoek van prof. Hans du Plessis van die ATKV uitgesluit omdat dié organisasie geweier het om deel te neem aan enige gesprek waarby dr. Dan Roodt van PRAAG teenwoordig sou wees.

Dr. Roodt het prof. Du Plessis indertyd in ‘n persoonlike e-pos gekritiseer omdat hy Afrikaans by die Voortrekkermonument as ‘n “gemorstaal” beskryf het en hom tot ‘n geleerde, taalkundige debat oor die herkoms en status van Afrikaans as kultuurtaal in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe uitgedaag. Prof. Du Plessis, wat ‘n dosent aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkamus is, het nooit die uitdaging aangeneem nie, maar het kennelik weens sy fyngevoeligheid vir intellektuele kritiek PRAAG se deelname aan die Afrikaner-Burgerlike Netwerk gekelder.

gambling sites thatФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae