Die 59-jarige het oor skerp borspyne gekla.
Hy is na Parys oorgeplaas en in die intensiewe sorg geplaas.
Mwanawasa was ook die huidige voorsitter van die SAOG en 'n ondersteuner van Morgan Tsvangirai.
Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Die president van Zambië, Levy Mwanawasa, is in 'n Paryse hospitaal dood nadat hy vroeër vandeesweek 'n beroerte gehad het in die aanloop tot die AU-beraad in Egipte.
Die 59-jarige het oor skerp borspyne gekla.
Hy is na Parys oorgeplaas en in die intensiewe sorg geplaas.
Mwanawasa was ook die huidige voorsitter van die SAOG en 'n ondersteuner van Morgan Tsvangirai.
Vroeër het die Verenigde State gesê hulle was vol vertroue dat die VN se Veiligheidsraad volgende week ten gunste van die sanksies sou stem.
Die Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VN, Dumisani Kumalo, het egter gesê hy ondersteun nie die VSA se voorstel nie.
Hy sê die regering is nie van mening dat die verkiesingskrisis in Zimbabwe 'n internasionale bedreiging inhou nie.
Die ANC se Jeugliga-leier, Julius Malema, is nog 'n week gegun om sy omstrede standpunt dat die organisasie bereid is om moord te pleeg vir Jacob Zuma, terug te trek.
Malema het die opmerking gemaak tydens 'n toespraak op Jeugdag.
Die Menseregtekommissie het 'n ultimatum aan hom uitgereik om sy stelling terug te trek.
Malema het geweier om dit te doen.
'n Segsman vir die MRK, Sello Hatang, sê die ANC het aan die kommissie geskryf en gevra dat die ultimatum teruggetrek word.
Die kommissie het die aansoek van die hand gewys maar die ultimatum met 'n week verleng.
Sasol het sy swartbemagtigingsaanbod tot 9 Julie verleng.
Hulle glo dat die uitstel die aansoekproses gladder sal laat verloop en tot minder toue by die poskantoor sal lei.
Sasol se Inzalo-swartpubliekuitnodigins is by alle poskantore beskikbaar gestel wat tot druk op sulke kantore op die laaste nippertjie kan lei.
Potensiële deelnemers moet seker maak dat hul betalings geregistreer word voordat die aansoeke sluit.
Die uitnodiging is nou met drie werksdae verleng.
Suid-Afrikaanse verbruikersvertroue het 'n nuwe vierjaarlaagtepunt in die tweede kwartaal van 2008 bereik.
Meer huishoudings toon pessimisme as selfvertroue oor hul finansiële toekoms.
Dit verteenwoordig een van die skerpste dalings wat tot dusver gemeet is.
Die hoofekonoom van Eerste Nasionale Bank, Cees Bruggemans, sê dat die verbruikersvertroue wat vier jaar geneem het om van 2004 tot 2007 op te bou binne ses maande vernietig is.
Hy het bygevoeg dat die ekonomiese vooruitsig oor die volgende twaalf maande drasties versleg het.
'n Ryk Pretoriase apteker en 'n mediese dokter het na bewering bedrog gepleeg teenoor verskeie mediese fondse soos Polmed, GEMS en
ten minste 13 ander ten bedrae van R4 miljoen.
Obed Khalidzwe en dr. Dovhani Josephine Ravhengani is gister in hegtenis geneem.
Hulle sal tereg staan op aanklagte van bedrog, diefstal, vervalsing en meineed in die Middelburgse streekshof.
Khalidzwe sou kruideniersware teen buitensporige hoë pryse aan lede van verskeie mediese skemas verkoop het.
Die apteker sou dan die vals eise in die naam van 'n lid van die skema indien om vir die kruideniersware te betaal.
Ravhengani het na bewering honderde vals eise teenoor mediese skemas ingedien.
President Thabo Mbeki het die Europese Unie se eis dat Morgan Tsvangirai 'n toekomstige regering lei, verwerp.

Die SAUK het verslag gedoen dat Mbeki gesê het dat die toekomstige regering in Zimbabwe die gevolg van 'n dialoogproses moet wees.
Mbeki het gesê dat Mugabe nie beswaar het teen die magsdelingresolusie wat by die Afrika-Uniespitsberaad in Egipte aanvaar is nie.
Swart sake-ondernemings en professionele organisasies het 'n beslissing van Pretoriase Hooggeregshof dat Chinese Suid-Afrikaners swart is verwerp.
Nafcoc president Buhke Nthethwa sê die beslissing hersien 'n lang historiese standpunt van die demokratiese stryd in Suid-Afrika.
Hy sê die verantwoordelikheid om wetgewende- en politieke dubbelsinnigheid op te klaar berus by die wetgewende- en uitvoerende vertakkinge van die regering.
Die hofbeslissing definieër Chinese Suid-Afrikaners as gekleurd. Volgens die defenisie kan hulle voordeel trek uit die bepalings van die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Wet op Gelyke Werksgeleenthede.
Motoriste kan daarvan seker wees dat hulle nie nog meer vir petrol gaan betaal as die jongste prysverhoging nie.
Die Minerale en Energiesake departement sê die verwarring oor die nuwe petrolprys is nou opgeklaar.
Oliemaatskappye en vulstasies was onseker oor die prys wat motoriste moet betaal. Dit nadat minister Buelwa Sonjica nie die 5.4 persent grootmaat wins wat by die petrolprys ingesluit is, goedgekeur het nie.
Motata het aan Richard Baird gesê daar is nie probleme nie en die skade sal herstel word nadat hy in hom vasgery het.
Dit is gevolg deur 'n stroom vloekwoorde wat deur Baird op sy selfoon opgeneem is.
Die hof het drie van die vyf opnames wat op die toneel van 'n motorongeluk opgeneem is, aangehoor.
Sommige van die opnames was in seTswana en seSotho en die Landdros moes tolke inroep om dit te vertaal.