Diensleweringsgeweld in suide van Johannesburg

Die polisie sê die situasie in die Thembelihle plakkerskamp naby Lenasia suid van Johannesburg is glo weer kalm en onder beheer.

Inwoners eers gedreig om weer te betoog nadat hulle vroeër die strate ingevaar het uit protes teen ‘n gebrek aan dienslewering in die gebied.

Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om inwoners uiteen te jaag, nadat hulle buitebande aan die brand gesteek en die paaie met groot klippe versper het.

справка для выезжающих за границуФильчаков прокурор харькова

Polisie ondersoek klopjag op OB

Die polisie gaan ‘n klopjag wat op die kantoor van die Openbare Beskermer uitgevoer is ondersoek, het ‘n woordvoerder Donderdag gesê.

“Ons veroordeel die klopjag en dit was nie goedgekeur nie,” het kol. McIntosh Polela, polisiewoordvoerder, gesê.

Genl. Bheki Cele se kantoor het ook die voorval veroordeel.

Polela het gesê die klopjag is Woensdagaand op die kantoor uitgevoer, op dieselfde dag as wat die kabinet die verslag van die OB se adv. Thuli Madonsela, teen Cele bespreek het.

“Ons is bekommerd dat dit dalk gesien kan word as intimidasie teen die kantoor van die Openbare Beskermer en ons wil op rekord wees dat ons die kantoor van die Openbare Beskermer respekteer en ondersteun,” het Polela gesê.

Die polisie glo dit was ‘n poging om dokumente rakende die verslag in die hande te kry.

Madonsela het Cele skuldig bevind op aanklagte van onregmatige gedrag en wanbestuur nadat die polisie ‘n huurkontrak van R500 miljoen vir die Sanlamgebou in Pretoria goedgekeur het.

автомобильный karcherФильчаков прокурор отзывы

Sasco-optogte

Die Vryheidsfront Plus beskou die feit dat SASCO en die ANC Jeugliga al hoe meer druk op gratis tersiêre onderrig en die nasionalisering van myne plaas, as ‘n bedreiging vir ‘n vrye ekonomie en is van oordeel dat hul eise buitelandse beleggers sal afskrik om in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê.

“Dit is onverantwoordelik van SASCO om gratis tersiêre onderrig as ‘n onmiddellike prioriteit in die huidige ekonomiese klimaat te beskou. Die verbetering van die standaard van basiese onderwys ter voorbereiding van verdere studie, is volgens die VF Plus die belangrikste en ‘n noodsaaklikheid,” het Jan van Niekerk, VF Plus-jeugleier, in reaksie op SASCO se voorneme op landswye betogings vir gratis tersiêre onderwys, wat vir vandag en Vrydag beplan word, gesê.

Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat, indien die standaard van skoolopleiding nie drasties verbeter nie, tersiêre onderrig sinloos sal word. Die swak deurvloei-syfers van instellings soos universiteite sal nie verbeter voordat die algemene geletterdheid van skoliere nie verbeter nie.

Die VF Plus eis dat SASCO nie soos in die verlede deur hul optogte klasse aan akademiese instellings sal ontwrig nie en dat kampusbesture en owerhede pro-aktief sal optree om dit te voorkom. Veral die feit dat SASCO se optogte nie ‘n goeie geskiedenis as vreedsame optogte het nie, behoort aan owerhede ‘n duidelike boodskap van pro-aktiewe optrede te stuur.

Van Niekerk het bygevoeg dat Mbulelo Mandlana, president van SASCO, se stelling “Ons glo nie dat die befondsing vir gratis onderwys van die Heilige Gees gaan kom nie”, onvanpas en onbehoorlik is. Die ANC en sy jeugliga-organisasies gebruik heel te dikwels aanstootlike stellings rakende die Christendom, wat daarop dui dat die sensitiwiteit van die verskeidenheid van die SA-samelewing nie deur die ANC begryp word nie.

осушитель адсорбционныйтопкарго отзывы

Registreer!

Die VF Plus verwelkom adjunkpresident Motlanthe se aankondiging van die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing as 18 Mei 2011.

“Dit is baie goed dat daar nou duidelikheid rondom die datum vir die verkiesing bestaan. Sodoende kan politieke partye, die kieserspubliek en die OVK voldoende voorbereidings tref vir die belangrike komende verkiesing,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus gesê.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle stemgeregtigdes om hierdie naweek seker te maak dat hul geregistreer is om in die wyk waar hul woon te mag stem. Indien ‘n kieser onseker is of hy op die regte plek geregistreer is, kan hy sy ID-nommer na 34139 sms.

“Die plaaslike regeringsverkiesing is juis belangrik omdat dit die vlak van regering is wat elke Suid-Afrikaner daagliks direk raak. Kiesers moet gaan stem om sodoende inspraak in dienslewering in hul gemeenskap te kry. As jy nie gaan stem nie – mag jy nie na die verkiesing oor swak dienslewering kla nie,” het dr. Mulder gesê.

Indien opposisiekiesers in groot getalle gaan stem en opposisiepartye werk verstandig saam, kan die ANC weens die proporsionele kiesstelsel sekere gebiede verloor.

светильниковАлександр Фильчаков прокурор

‘n ‘Hendrik Verwoerd-rassis’

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdag ‘n nuwe opname bekendgestel waarin die omstrede Jimmy Manyi, regeringswoorvoerder, glo uitvaar teen Indiërs in Suid-Afrika.

“Die DA sal ‘n opname in DVD-formaat aan joernaliste verskaf waarin Manyi nóg ‘n rassistiese opmerking maak, hierdie keer teenoor Indiërs in Suid-Afrika,” het die party gesê.

Nuus24 het ‘n opname van Manyi se toespraak op die DA se YouTube-blad gevind.

Daarin vaar Manyi uit teen die top-bestuur in Suid-Afrikaanse maatskappye wat nie verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse demografie is nie.

“Indiërs, ons moet net 3% (in bestuursposte) hê. Hulle sit op 5.9%. Ek noem dit die krag van onderhandeling. Indiërs het hulle pad boontoe onderhandel (sic),” het Manyi verlede jaar tydens ‘n toespraak aan die Durbanse sakekamer gesê.

Manyi het vroeër vir opspraak gesorg nadat hy uitlatings gemaak het oor bruinmense in Suid-Afrika. Hy het glo in Maart 2010 tydens ‘n onderhoud op KykNet gesê dat daar te veel bruinmense in die Kaap is.

“Laat ek net ‘n laaste ding oor bruinmense sê. Dit is belangrik dat hulle besef dat Suid-Afrika in sy geheel aan hulle behoort en nie net die Wes-Kaap nie,” het Manyi tydens die onderhoud gesê.

“Hierdie sametrekking in die Wes-Kaap werk nie vir hulle nie. Hulle moet versprei na die res van die land. Hulle is volop in daardie gebied en moet bietjie versprei,” het hy glo gesê.

Volgens Manyi het hy tydens die onderhoud namens die Black Management Forum (BMF) gepraat.

Trevor Manuel, minister in die presidensie, het Woensdag in ‘n ope brief in die Mercury uitgevaar teenoor Manyi oor sy kommentaar oor bruinmense.

“Ek wil jou aandag vestig op die feit dat jou stellings oor ‘n ‘oorkonsentrasie van bruinmense’ teen die gees van die Suid-Afrikaanse grondwet, sowel as die Black Management Forum is,” het Manuel in die brief geskryf.

“Ek wil dit aan jou stel dat die stellings jou ‘n rassis in die vorm van HF Verwoerd (Hendrik Verwoerd) maak.”

Manyi wou nie kommentaar lewer oor Manuel se brief nie.

with bonusФильчаков прокурор

SABC-aanstellings ‘n bron van kommer

“Die Vryheidsfront Plus verwerp die aanstellings wat die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie gister op die SABC-raad gemaak het. Al die aanstellings was ANC-voorkeurkandidate en geeneen van die opposisie se kandidate was oorweeg nie. Dit beteken dat die ANC sy greep op die SABC verder versterk het en is ‘n kommerwekkende tendens, spesifiek beskou teen die agtergrond van die komende plaaslike verkiesing,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kommunikasie, gesê.

“Net soos met die vorige aanstelling van die hele Raad in 2009 waar die ANC kwansuis die opposisie en die VF Plus se kandidate in ag sou neem en selfs sou aanstel, het die ANC sy ooreenkoms gerepudieer en sy eie kandidate aangestel. Hierdie nuwe aanstellings is weereens ‘n bewys dat die ANC nie vertrou kan word nie,” het hy bygevoeg.

Die VF Plus se vorige verteenwoordiger op die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie, dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het in 2007 uit die komitee gestap aangesien die ANC sy meerderheid in die komitee gebruik het om die aanstellings van SABC-raadslede te stoomroller. Hy het by die geleentheid gesê dat opposisiepartye in die komitee misbruik word deur die ANC om legitimiteit aan ‘n onaanvaarbare prosedure te gee.

Die party sal die werksaamhede van die SABC-raad, nou eintlik ‘n ANC-raad, fyn dophou en sal nie skroom om verdere stappe te neem indien die ANC die SABC vir eie gewin probeer misbruik nie.

детский реглан для девочкиАлександр Фильчаков прокурор

Staak die misbruik van belastingbetalers

“Die regering neem gevaarlike ekonomiese risiko’s deurdat ernstige waarskuwings deur ekonome telkens met aggressie deur ANC-parlementslede begroet en afgekeur word. Belastingbetalers word egter deur die ANC-regering misbruik om ‘n duur staatsdiens, ‘n toenemende aantal maatskaplike toelaes en onrealistiese werkskeppingsteikens te befonds,” het dr. Conrad Beyers, hoofwoordvoerder oor Finansies vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Die ekonoom, mnr. Mike Schüss­ler van Economists.co.za, het gister (1 Maart 2010) ernstig gewaarsku oor Suid-Afrika se huidige ekonomiese rigting, insluitende gevaarligte rakende onrealistiese werkskeppingsteikens, maatskaplike toelaes en die toenemende duur staatsdiens. Verlede jaar het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ook gewaarsku dat Suid-Afrika se werkskeppingsteikens nie strook met die huidige loononderhandelings nie. In beide gevalle het ANC-parlementslede wat op die portefeuljekomitee oor finansies in die parlement dien, waarskuwings woedend afgeskiet.

“Die ANC-regering se duur belastingstruktuur is besig om te swaar te word vir ‘n krimpende belastingbasis om te dra. Ongeveer 34% (15 miljoen) uit ‘n bevolking van ongeveer 50 miljoen mense ontvang tans maatskaplike toelaes. Dit moet vergelyk word met ‘n belastingbasis van 5,3 miljoen tot 5,6 miljoen mense. Indien die regering nie maatreëls instel om Suid-Afrikaners geleidelik minder afhanklik van maatskaplike toelaes te maak nie, gaan ‘n krisis in die toekoms ontstaan. Die krisis gaan ontstaan in die 2020’s as die belastinginkomste nie meer genoeg gaan wees vir al die toelaes nie. As toelaes dan noodwendig verminder moet word, kan jy ‘n Egipte-situasie in Suid-Afrika kry,” het dr. Beyers bygevoeg.

Volgens die VF Plus behoort die regering eerder belastingtoegewings aan individuele belastingbetalers te maak indien daar erns met werkskepping is. Die fokus behoort eerder daarop te wees om meer besteebare inkomste in verbruikers se sakke te plaas om sodoende die ekonomie te help groei en meer werksgeleenthede te help skep.

купить вФільчаков Олександр Васильович

Polisievoertuie vergader stof

“Die meer as honderd splinternuwe ongebruikte polisievoertuie by Bainsvlei-polisiekantoor (Bloemfontein) wat stof opgaar en nie versprei word aan polisiestasies wat ‘n tekort aan voertuie het nie, bevorder misdaad. Om te beweer die administrasie vir die verspreiding is omvattend en vertraag die proses is onaanvaarbaar en getuig eerder van laksheid en onbevoegdheid. Die feit dat Bloemspruit-polisiestasie nie genoeg voertuie gehad het om na ‘n misdaadtoneel te gaan nie en dat mnr. Hennie Viljoen met klippe doodgeslaan is, bewys dat hierdie vertraging van uitreiking van die voertuie misdaad bevorder,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die Vryheidsfront Plus sal hierdie aangeleentheid direk met die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, in die parlement opneem en verwag onmiddellike optrede,” het Groenewald gesê.

детские игртопкарго отзыв

Petrolprys moet dringend hersien word

Die VF Plus gaan die minister van Energie versoek om die prysformule van petroleum dringend te hersien wat besparings kan meebring vir die vuisvoos publiek. Die VF Plus het hom by die Kaapse Handelskamer aangesluit in die oproep dat die huidige formule argaïes is en nie meer relevant is vir vandag se omstandighede nie. Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Energie, het aangedui dat die prysformule uit die dae van Suid-Afrika se ekonomiese isolasie kom en nou gevolglik werklikheidsvreemd geword het.

Vanaand se brandstofprysverhogings kom teen die agtergrond van al hoe meer belastings wat teen individue gehef word, soos tolhektariewe, groenbelastings en ‘n groeiende klomp sluipbelastings. Derhalwe gaan die VF Plus die minister versoek om die formule te herevalueer en kompetisie in die mark toe te laat.

“Indien ons nie dringend aan verskeie wyses dink om die druk van die belastingbetaler, padverbruiker en die middelklas in die algemeen af te haal nie, gaan Suid-Afrika moet begroot vir ‘n toekoms vol onrus en belastingsopstote,” het adv. Alberts gesê.

справки 086-уОлександр Фільчаков прокурор

Rubriekskrywer afgedank oor bruin opmerkings

Nomakula (Kuli) Roberts se rubriek in Sunday World is binne enkele ure gestaak nadat sy Sondag die een en ander oor bruin vroue kwytgeraak het.

‘n Storm het oor die naweek op die sosiale netwerk Twitter losgebars oor die omstrede stellings. Die joernalis en TV-aanbieder is daarna gevra om dadelik te loop.

Denver Keytle skryf :”Hulle moet Kuli Roberts in die middel van Mitchells Plain aflaai met niks anders as ‘n waterbottel nie en sien hoe lank sy hou.”

In haar gewraakte rubriek, Jou ma se kinders, wat in die Sondagkoerant verskyn het, gee Roberts haar mening oor Kaapse bruin vroue.

”Kleurlinge is gek” omdat “hulle skree en borde gooi, hulle het geen voortande nie en eet vis asof hulle die see gaan uitput [en] hulle hou daarvan om in die openbaar te baklei en die meeste is baie gewelddadig “.

Roberts skryf bruines is die toekoms, want “jy sal nooit sonder sigarette opeindig [wanneer jy saam met hulle is nie].”

“Jy sal altyd verseker wees van ‘n groot gesin; baie van die meisies teel asof Allan Boesak hulle gestuur het om die bruin ras aan te vul.”

”Natuurlik, ek mis Kaapse bruinmense. Watter ander ras weet jy van wat so ‘n obsessie met naaimasjiene het? O ja, en ek bedoel nie ‘sewing machines’ nie,” skryf Roberts.

“Hulle hoef ook nie duisende rande vir hul hare uit te haal nie; baie van hulle het lang gladde hare…”

Die Menseregtekommissie het ‘n formele klagte teen Roberts ontvang en hulle het aangedui dat haar uitlatings ondersoek sal word.

”Alhoewel ek die reg van rubriekskrywers erken om hul menings uit te spreek sonder vrees of guns, behoort dit nie op vooroordeel te berus nie,”  het Sunday World se redakteur Wally Mbhele gister gesê.

”Ons sal eers bepaal of daar ‘n prima facie-skending van menseregte is,” sê kommissiewoordvoerder Vincent Moaga.

 

 

детямtopcargo