Die polisie sê die situasie in die Thembelihle plakkerskamp naby Lenasia suid van Johannesburg is glo weer kalm en onder beheer.
Inwoners eers gedreig om weer te betoog nadat hulle vroeër die strate ingevaar het uit protes teen ‘n gebrek aan dienslewering in die gebied.
Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om inwoners uiteen te jaag, nadat hulle buitebande aan die brand gesteek en die paaie met groot klippe versper het.
