“Die minister van Staatsdiens en Administrasie mag wel posisies buite die voltydse pos goedkeur indien die posisie nie inmeng met die wetlike verpligting om voltyds aandag aan die staatsdienspos te wy nie. Ons weet egter nie of dit die geval is met Manyi nie en daarom word die ondersoek gevra,” het adv. Alberts gesê.
Die VF Plus se ondersoek het aangetoon dat Manyi die volgende posisies beklee:
1. President van die Black Management Forum;
2. President van die BMFI (die Black Management Forum se beleggingsvoertuig);
3. President van die Confederation of the Black Business Organisations (CBBO);
4. Nie-uitvoerende direkteur op verskeie maatskappye se direksies, soos IBM South Africa en Meegbank Holdings.
“Die VF Plus het nog altyd volgehou dat Manyi nie geskik is om ‘n openbare pos te beklee nie. Die publieke reaksie op sy rassistiese uitsprake het weereens die party se mening beaam. Indien dit bevind word dat Manyi nie die nodige toestemming verkry het om die verskillende posisie te beklee saam met sy pos as kabinetswoordvoerder nie, moet Manyi afgedank word en ‘n einde gebring word aan die staat se vermorsing van belastingbetalers se geld op hierdie onbevoegde amptenaar,” het adv. Alberts bygevoeg.
