Staak die misbruik van belastingbetalers

“Die regering neem gevaarlike ekonomiese risiko’s deurdat ernstige waarskuwings deur ekonome telkens met aggressie deur ANC-parlementslede begroet en afgekeur word. Belastingbetalers word egter deur die ANC-regering misbruik om ‘n duur staatsdiens, ‘n toenemende aantal maatskaplike toelaes en onrealistiese werkskeppingsteikens te befonds,” het dr. Conrad Beyers, hoofwoordvoerder oor Finansies vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Die ekonoom, mnr. Mike Schüss­ler van Economists.co.za, het gister (1 Maart 2010) ernstig gewaarsku oor Suid-Afrika se huidige ekonomiese rigting, insluitende gevaarligte rakende onrealistiese werkskeppingsteikens, maatskaplike toelaes en die toenemende duur staatsdiens. Verlede jaar het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ook gewaarsku dat Suid-Afrika se werkskeppingsteikens nie strook met die huidige loononderhandelings nie. In beide gevalle het ANC-parlementslede wat op die portefeuljekomitee oor finansies in die parlement dien, waarskuwings woedend afgeskiet.

“Die ANC-regering se duur belastingstruktuur is besig om te swaar te word vir ‘n krimpende belastingbasis om te dra. Ongeveer 34% (15 miljoen) uit ‘n bevolking van ongeveer 50 miljoen mense ontvang tans maatskaplike toelaes. Dit moet vergelyk word met ‘n belastingbasis van 5,3 miljoen tot 5,6 miljoen mense. Indien die regering nie maatreëls instel om Suid-Afrikaners geleidelik minder afhanklik van maatskaplike toelaes te maak nie, gaan ‘n krisis in die toekoms ontstaan. Die krisis gaan ontstaan in die 2020’s as die belastinginkomste nie meer genoeg gaan wees vir al die toelaes nie. As toelaes dan noodwendig verminder moet word, kan jy ‘n Egipte-situasie in Suid-Afrika kry,” het dr. Beyers bygevoeg.

Volgens die VF Plus behoort die regering eerder belastingtoegewings aan individuele belastingbetalers te maak indien daar erns met werkskepping is. Die fokus behoort eerder daarop te wees om meer besteebare inkomste in verbruikers se sakke te plaas om sodoende die ekonomie te help groei en meer werksgeleenthede te help skep.

купить вФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae