Petrolprys moet dringend hersien word

Die VF Plus gaan die minister van Energie versoek om die prysformule van petroleum dringend te hersien wat besparings kan meebring vir die vuisvoos publiek. Die VF Plus het hom by die Kaapse Handelskamer aangesluit in die oproep dat die huidige formule argaïes is en nie meer relevant is vir vandag se omstandighede nie. Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Energie, het aangedui dat die prysformule uit die dae van Suid-Afrika se ekonomiese isolasie kom en nou gevolglik werklikheidsvreemd geword het.

Vanaand se brandstofprysverhogings kom teen die agtergrond van al hoe meer belastings wat teen individue gehef word, soos tolhektariewe, groenbelastings en ‘n groeiende klomp sluipbelastings. Derhalwe gaan die VF Plus die minister versoek om die formule te herevalueer en kompetisie in die mark toe te laat.

“Indien ons nie dringend aan verskeie wyses dink om die druk van die belastingbetaler, padverbruiker en die middelklas in die algemeen af te haal nie, gaan Suid-Afrika moet begroot vir ‘n toekoms vol onrus en belastingsopstote,” het adv. Alberts gesê.

справки 086-уОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae