Polisie ondersoek klopjag op OB

Die polisie gaan ‘n klopjag wat op die kantoor van die Openbare Beskermer uitgevoer is ondersoek, het ‘n woordvoerder Donderdag gesê.

“Ons veroordeel die klopjag en dit was nie goedgekeur nie,” het kol. McIntosh Polela, polisiewoordvoerder, gesê.

Genl. Bheki Cele se kantoor het ook die voorval veroordeel.

Polela het gesê die klopjag is Woensdagaand op die kantoor uitgevoer, op dieselfde dag as wat die kabinet die verslag van die OB se adv. Thuli Madonsela, teen Cele bespreek het.

“Ons is bekommerd dat dit dalk gesien kan word as intimidasie teen die kantoor van die Openbare Beskermer en ons wil op rekord wees dat ons die kantoor van die Openbare Beskermer respekteer en ondersteun,” het Polela gesê.

Die polisie glo dit was ‘n poging om dokumente rakende die verslag in die hande te kry.

Madonsela het Cele skuldig bevind op aanklagte van onregmatige gedrag en wanbestuur nadat die polisie ‘n huurkontrak van R500 miljoen vir die Sanlamgebou in Pretoria goedgekeur het.

автомобильный karcherФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae