‘Oilgate’ weer opgediep

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het gevra dat adv. Lawrence Mushwana as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) moet bedank na aanleiding van die appèlhof se verdoemende uitspraak dat die Openbare Beskermer (OB), destyds adv. Mushwana, se ondersoek na die Oilgate-skandaal so halfhartig en oppervlakkig was, dat dit daarop neerkom dat hy hoegenaamd geen ondersoek gedoen het nie. Vyf appèlregters het saamgestem dat die OB se sogenaamde ondersoek ter syde gestel moet word, aangesien die aangeleenthede nie eens ondersoek is nie. AfriForum sal ook die huidige OB, adv. Thuli Madonsela, vra om ʼn nuwe ondersoek na die Oilgate-saak te loods.

Die Oilgate-skandaal het gevolg nadat die Mail & Guardian die brandstofmaatskappy Imvume Holdings daarvan beskuldig het dat dit R11-miljoen se staatsgeld kort voor die verkiesing van 2004 aan die ANC oorbetaal het. Die geld was deel van ʼn bedrag van R15-miljoen wat deur Imvume vir ‘n olietransaksie van PetroSA gevra is.

Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, sal die feit dat adv. Mushwana as OB die ANC klaarblyklik beskerm het, net die standpunt versterk dat die MRK eintlik as ʼn kommissie vir die beskerming van die ANC se regte funksioneer.

“In die verlede het AfriForum al etlike klagtes by die MRK ingedien, wat nie ondersoek is nie. Dit het reeds vrae oor die onpartydigheid en funksionaliteit van die MRK laat ontstaan,” het Bailey gesê. “Die appèlhof se beslissing dui net weer aan hoe instellings wat grondwetlik veronderstel is om die hele Suid-Afrikaanse gemeenskap te beskerm en te dien, en daardeur demokrasie te bevorder, deur die ANC se kaderontplooiing lamgelê word.”

AfriForum sal die saak na die OB terugverwys. Volgens Bailey sal dit die toets wees om te bepaal of die OB sedert Mushwana se vertrek, nou inderdaad as ʼn openbare beskermer funksioneer, of steeds net die ANC se belange op die hart dra.

паркетный полФільчаков Олександр Васильович прокурор

Begrotingsdebatte word totaal geminag

“Begrotingsposdebatte word tans deur die parlement geminag, aangesien tot ses begrotingsdebatte per dag plaasvind en terselfdertyd vind portefeuljekomitee-vergaderings ook plaas. Die gevolg is dat begrotingsdebatte afgewater is, swak bygewoon word deur LP’s en dit voorkom asof dit nie belangrik is nie. Die begrotingsdebatte is veronderstel om die belangrikste debatte te wees, want die parlement moet besluit hoe word belastingbetalers se geld verdeel en spandeer. Hierdie optrede maak dat LP’s nie hulle plig en verantwoordbaarheid teenoor kiesers kan nakom nie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), parlementêre leier vir die Vryheidsfront Plus.

Dinsdag het vier begrotingsposdebatte, naamlik Internasionale Betrekkinge en Samewerking asook Kommunikasie die oggend, en Koöperatiewe Regering en Tradisionale Sake en Gesondheid die middag, plaasgevind. Dieselfde dag het twintig portefeuljekomitees die oggend begin sit en sommige het die hele dag geduur. Vandag het elf portefeuljekomitees van die Nasionale Vergadering gesit en word ses begrotingsposte gedebatteer.

“Wanneer begrotingsposdebatte plaasvind, behoort dit in die raadsaal gedebatteer te word en moet opposisielede genoegsame tyd gegun word om daaroor te debatteer. Ministers moet in die debatte hoor wat is die besware en standpunte van parlementslede en behoort dit uit te voer,” het Groenewald gesê.

купить ветровку для девочкиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Wapenaankoopkoste het byna verdubbel

Die Weermag se Strategiese Wapenaankope-pakket gaan die belastingbetaler R55,086 miljard kos, amper dubbel soveel as die aanvanklike R30 miljard toe kontrakte gesluit is in 1998. In 2000 is die kabinet ingelig dat die wapenpakket volgens, projeksies, R43,828 miljard behoort te kos, maar nou is dit R55,086 miljard. Die rente op die lening alleen beloop tans R7,86 miljard. Hierdie bedrae is amptelik deur die minister van Verdediging op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus, in die parlement verskaf.

“Die wapenpakket kos nou reeds R25 miljard meer as wat voorsien is en kan nog verder verhoog. Dit opsig self is kommerwekkend, maar meer kommerwekkend is dat Suid-Afrika met miljarde rande se nuwe wapentuig sit, maar nie die arbeidskrag/werkkrag-vermoë het om dit operasioneel ten volle aan te wend nie.

Hoogs gesofistikeerde wapentuig soos die Gripen-vegvliegtuie is aangekoop, maar daar is nie geld om bestaande vegvliegtuie te laat vlieg nie en vlieëniers verlaat die lugmag. Ons het duikbote aangekoop, maar net een is operasioneel en een is sedert 2006 in die droogdok vir onderhoud tot 2013. Dit is duidelik dat die publiek nie behoorlik ingelig was oor die finale koste van die aankope-program nie en nie waarde vir hulle belastinggeld ontvang nie”, sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging van die Vryheidsfront Plus.

Volgens die antwoord van die minister is die verwagte koste sonder die rente op die lening R47, 225 miljard en sal Oktober weer opgedateer word.

потолочные современныеФильчаков прокурор

Kom in opstand!

Minister Colin Chabane en die NYDA-voorsitter, Andile Lungisa het tydens ‘n mediakonferensie gepleit dat die privaatsektor meer aktief by werkskepping betrokke raak. “Hierdie beroep is lagwekkend en niksseggend. Dit is juis die ANC-jeugliga waarvan Lungisa die adjunkpresident is, se onverantwoordelike uitsprake en ondeurdagte najaag van nasionalisering wat ‘n ongunstige omgewing vir die privaatsektor in Suid-Afrika skep. Daar kan nie van die privaatsektor verwag word om te midde van hierdie onstabiliteit ‘n aktiewe rol ten opsigte van werkskepping te speel nie,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Lungisa het tydens die mediakonferensie die privaatsektor blameer dat hul te stadig aan boord kom om die regering te help met werkskepping vir die jeug. Lungisa het ook gesê dat die NYDA se begroting van R380 miljoen heeltemal te min is “om te doen wat (ons) graag wil doen” en dat hul ‘n begroting van R1 miljard nodig het.

“Die VF Plus beskou die NYDA as ‘n struikelblok vir jeugontwikkeling in Suid-Afrika. Dit het tyd geword dat die jeug in opstand kom teen hierdie swak verteenwoordiging en vermorsing van geld. Dit is ook nodig om in opstand te kom teen swak skoolonderrig en diskriminasie wat op alle vlakke plaasvind,” het Wessels gesê.

пескоструй на керхерФільчаков прокурор

Munisipale wet wat diens verbeter, sloer

Die wetsontwerp wat bedoel is om kundigheid in munisipaliteite af te dwing en partypolitieke ampsdraers verbied om in senior munisipale poste te dien, is nog nie onderteken nie.

Nuwe raadslede en burgemeesters van watter politieke kleur ookal wat in die pas afgelope verkiesing aangewys is, sal dus steeds beëdig kan word, al beteken dit hulle is nie gekwalifiseer vir die pos nie.

Die departement van samewerkende regering sou die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels glo vóór die plaaslike verkiesing promulgeer.

Die munisipale vakbond Samwu is egter teen die wetsontwerp gekant. Nuus24 berig dat hulle dreig om landwyd te staak indien president Zuma die wet onderteken.

Tahir Sema, Samwu se nasionale woordvoerder, het gesê die president het reeds aangedui dat hy nie die wet sal onderteken nie.

Dié wetsontwerp bepaal onder meer dat korrupte munisipale amptenare se name vir ‘n dekade lank op ‘n swartlys sal verskyn en dat senior munisipale bestuurders toepaslik gekwalifiseerd moet wees.

Dit is reeds op 19 April goedgekeur en na die presidensie verwys.

белое испанское виноалександр лобановский харьков

SMS het vroue boos

‘n SMS met ‘n skakel na ‘n pornografiese webwerf het verlede Donderdag veroorsaak dat sommige vroue in Port Elizabeth hul mans se lojaliteit bevraagteken, het Dispatch Online berig.

Die SMS het die naam van die ontvanger ingesluit en lees: “Hi (Naam), jy het 1 nuwe boodskap van Cindy in Richmond Hill. Kliek hier om jou boodskap te lees.”

‘n Verslae vrou, wat anoniem wou bly, het gesê haar man het Donderdagaand ‘n SMS gekry en omdat hulle naby Richmond Hill woon, het sy aangeneem hy ken die vrou wat in die SMS genoem word.

“Ek was baie omgekrap toe ek op die webwerf kliek en al die pornografiese foto’s sien. Ons het in ‘n argument betrokke geraak en dit het amper ons huwelik verwoes.

“Ek het myself aan die slaap gehuil oor die hele ding. Ek het gedink hy het ‘n buite-egtelike verhouding. Ek wil weet wie die SMS gestuur het en hoekom,” het sy gesê.

Meer as 100 lesers op The Herald se Facebook-blad het ook bevestig dat hulle dié SMS gekry het.

Annette Hobschle, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), het gesê selfoonverwante misdade is besig om toe te neem en selfoongebruikers moet hulself beskerm deur nie op webskakels te kliek wanneer hulle vals SMS’e of e-posse ontvang nie.

дизайн гостиной с кухней и каминомАлександр Фильчаков Васильевич

Tolhekkostes is glo gekook

Die Vryheidsfront Plus gaan aansoek doen in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om alle dokumentasie van SANRAL/SANPAB te versoek wat sal aandui wat die werklike kostes van die Gautengse snelweg-opgradering sover is en wat die formule is wat gebruik word om die tariewe te bereken. Dit blyk uit ‘n berig van die dagblad The Star (30 Mei 2011) dat die gepubliseerde kostes van die projek deur SANRAL/SANPAB die helfte minder as die werklike uitgawes is en dat SANRAL/SANPAB nie baie deursigtig optree nie.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, kom daar elke dag meer inligting na vore wat daarop dui dat die proses moontlik bekook is en dat die belastingbetaler en padverbruiker met ‘n slenter gevang word deur gedwing te word om te betaal vir ‘n duur projek wat blykbaar baie meer koste-effektief gehanteer kon gewees het.

“Benewens die feit dat nie alle kostes openbaar gemaak is nie, is daar steeds onduidelikheid oor die formule wat gebruik is om die tariewe te bepaal. Die afwesigheid van inligting het dit moeilik gemaak om behoorlik met SANRAL in gesprek te tree oor die verdienstelikheid, al dan nie, van hulle voorgestelde tariewe,” het Alberts verder gesê.

Die VF Plus beskou ook die terughou van kerninligting rondom die projek as gronde vir die tersydestelling van die konsultasieproses aangesien die deelnemers ontneem word van hulle reg om behoorlik te reageer op die besluit wat SANRAL/SANPAB geneem het.

active instagram followersАлександр Фильчаков Васильевич

Britte druk SA in Veiligheidsraad

Suid-Afrika se verteenwoordiger wil glo ‘n resolusie van die Veiligheidsraad om die bloedvergieting in Sirië te stop, kelder sê Britse bronne. Maar die Suid-Afrikaners het dit ontken.

Kota Nomfanelo, woordvoerder van Suid-Afrika se permanente missie by die VN, het gesê hulle ondersoek nog die aangeleentheid.

‘n Ontwerp-resolusie, wat die Siriese regering maan tot “uiterste selfbeheersing” en lande wil verhoed om wapentuig aan die Siriese owerhede te verskaf, is op die tafel.

Die onrus het reeds negehonderd lewens geëis. Dit wil voorkom asof die beweging teen president Bashar al-Assad se regime, nou in sy derde maand, ‘n dooiepunt bereik het.

Volgens VN-bronne is daar min hoop dat die Britse ontwerpresolusie die nodige nege stemme sal kry. Suid-Afrika se weerstand teen Britse druk is deur verskeie ander VN-missies opgemerk. Een bron het gesê dat die Suid-Afrikaanse span instruksies het om enige besluit oor Sirië te opponeer. Die Suid-Afrikaners meen hul goedgelowigheid met die vorige resolusie wat NAVO-magte in Libië gemagtig het, is deur die VSA, Brittanje en Frankryk misbruik.

Clayson Monyela, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se woordvoerder, het gesê die gerugte oor Suid-Afrika se posisie “het al die kenmerke van ‘n poging om ons standpunt te manipuleer deur middel van die media”. Hy sê die span het slegs gister die ontwerpresolusie ontvang en kon nog nie reageer nie.

Besprekings oor die ontwerp-resolusie oor Sirië begin Vrydag.

poker online casinoалександр лобановский супермаркет класс

Angola raak van onwettige immigrante ontslae

Angola het 47 burgers van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), wat onwettig in die noordlike Zaire-provinsie gewoon het, en ses Brasiliane met vervalste werkspermitte gedeporteer, het die land se immigrasiediens Sondag gesê.

Die Kongolese is deur “plaaslike inwoners aan die kaak gestel”, het ‘n beampte aan AFP gesê.

“Hierdie buitelanders woon nou al meer as twee maande lank onwettig in die provinsie, sonder steurnis,” het die beampte gesê.

Minstens ‘n dosyn buitelanders word weekliks uit dié provinsie gedeporteer. Hulle is meestal van die DRK afkomstig.

Angola het tussen 1 April en 19 April vanjaar 5 400 burgers van die DRK gedeporteer. Meer as 100 vroue is ook tydens dié uitsetting verkrag, het ‘n priester in die distrik gesê.

дитячі іграшки інтернет-магазинФильчаков прокуратура харьков

ANC kritiseer Navo-aanvalle op Libië

Suid-Afrika se regerende party het Sondag die bomaanvalle op Libië veroordeel, in ‘n verklaring op die vooraand van ‘n besoek deur President Jacob Zuma aan Tripoli.

Zuma is na Libië onderweg om met Moeammar Gaddafi in gesprek te tree.

Zuma se party, die ANC, het gesê hulle ondersteun die Afrika-Unie (AU) se pogings om die onluste op vreedsame wyse te besleg “deur onderhandlings met al die partye wat by die konflik betrokke is”.

Zuma sal Maandag met Gaddafi vergader, te midde verskerpte Navo-aanvalle op die Libiese leier se troepe, as deel van ‘n poging om die konflik vanuit Afrika op te los. Bronne meen die samesprekinge kan fokus op ‘n reddingsboei vir Gaddafi.

Luidens die ANC-verklaring sluit dié party “aan by die kontinent en alle vredeliewende mense in die veroordeling van die lugaanvalle op Libië deur westerse magte”. Die verklaring is uitgereik nadat die ANC se uitvoerende raad twee dae lank vergader het.

Twee beamptes in Zuma se presidensie, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê Maandag se vergadering sal fokus op ‘n “uitgangstrategie” vir Gaddafi.

Sy woordvoerder het egter daarop aangedring dat dié inligting misleidend is en dat die samesprekinge deel van die AU se pogings is om Libië die “politieke hervorming te laat aanneem wat nodig is vir die oplossing van die huidige krisis”.

Die Suid-Afrikaanse leier, wat Sondag in Nigerië was, het ook belowe om “te doen watookal nodig is terwyl ek in Tripoli is” om seker te maak die oorskot van die fotograaf Anton Hammerl na Suid-Afrika terug gebring word.

Dié Suid-Afrikaanse fotograaf is in April deur Gaddafi se magte doodgeskiet. Daar was egter herhaaldelike aanduidings deur die Libiese regering dat hy steeds lewendig was.

Suid-Afrika het in Maart ‘n VN-besluit om ‘n vliegspergbebied oor Libië in te stel, ondersteun. Suid-Afrika kritiseer egter sedertdien Navo se lugaanvalle en is gekant teen ‘n bewindsverandering, maar het ook aanvalle op burgers deur Gaddafi se magte skerp veroordeel.

печь для сауны электрическаяданильченко юрій броніславович