Dinsdag het vier begrotingsposdebatte, naamlik Internasionale Betrekkinge en Samewerking asook Kommunikasie die oggend, en Koöperatiewe Regering en Tradisionale Sake en Gesondheid die middag, plaasgevind. Dieselfde dag het twintig portefeuljekomitees die oggend begin sit en sommige het die hele dag geduur. Vandag het elf portefeuljekomitees van die Nasionale Vergadering gesit en word ses begrotingsposte gedebatteer.
“Wanneer begrotingsposdebatte plaasvind, behoort dit in die raadsaal gedebatteer te word en moet opposisielede genoegsame tyd gegun word om daaroor te debatteer. Ministers moet in die debatte hoor wat is die besware en standpunte van parlementslede en behoort dit uit te voer,” het Groenewald gesê.
