“Die wapenpakket kos nou reeds R25 miljard meer as wat voorsien is en kan nog verder verhoog. Dit opsig self is kommerwekkend, maar meer kommerwekkend is dat Suid-Afrika met miljarde rande se nuwe wapentuig sit, maar nie die arbeidskrag/werkkrag-vermoë het om dit operasioneel ten volle aan te wend nie.
Hoogs gesofistikeerde wapentuig soos die Gripen-vegvliegtuie is aangekoop, maar daar is nie geld om bestaande vegvliegtuie te laat vlieg nie en vlieëniers verlaat die lugmag. Ons het duikbote aangekoop, maar net een is operasioneel en een is sedert 2006 in die droogdok vir onderhoud tot 2013. Dit is duidelik dat die publiek nie behoorlik ingelig was oor die finale koste van die aankope-program nie en nie waarde vir hulle belastinggeld ontvang nie”, sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging van die Vryheidsfront Plus.
Volgens die antwoord van die minister is die verwagte koste sonder die rente op die lening R47, 225 miljard en sal Oktober weer opgedateer word.
