Kom in opstand!

Minister Colin Chabane en die NYDA-voorsitter, Andile Lungisa het tydens ‘n mediakonferensie gepleit dat die privaatsektor meer aktief by werkskepping betrokke raak. “Hierdie beroep is lagwekkend en niksseggend. Dit is juis die ANC-jeugliga waarvan Lungisa die adjunkpresident is, se onverantwoordelike uitsprake en ondeurdagte najaag van nasionalisering wat ‘n ongunstige omgewing vir die privaatsektor in Suid-Afrika skep. Daar kan nie van die privaatsektor verwag word om te midde van hierdie onstabiliteit ‘n aktiewe rol ten opsigte van werkskepping te speel nie,” het Wouter Wessels, VF Plus-jeugwoordvoerder gesê.

Lungisa het tydens die mediakonferensie die privaatsektor blameer dat hul te stadig aan boord kom om die regering te help met werkskepping vir die jeug. Lungisa het ook gesê dat die NYDA se begroting van R380 miljoen heeltemal te min is “om te doen wat (ons) graag wil doen” en dat hul ‘n begroting van R1 miljard nodig het.

“Die VF Plus beskou die NYDA as ‘n struikelblok vir jeugontwikkeling in Suid-Afrika. Dit het tyd geword dat die jeug in opstand kom teen hierdie swak verteenwoordiging en vermorsing van geld. Dit is ook nodig om in opstand te kom teen swak skoolonderrig en diskriminasie wat op alle vlakke plaasvind,” het Wessels gesê.

пескоструй на керхерФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae