Munisipale wet wat diens verbeter, sloer

Die wetsontwerp wat bedoel is om kundigheid in munisipaliteite af te dwing en partypolitieke ampsdraers verbied om in senior munisipale poste te dien, is nog nie onderteken nie.

Nuwe raadslede en burgemeesters van watter politieke kleur ookal wat in die pas afgelope verkiesing aangewys is, sal dus steeds beëdig kan word, al beteken dit hulle is nie gekwalifiseer vir die pos nie.

Die departement van samewerkende regering sou die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels glo vóór die plaaslike verkiesing promulgeer.

Die munisipale vakbond Samwu is egter teen die wetsontwerp gekant. Nuus24 berig dat hulle dreig om landwyd te staak indien president Zuma die wet onderteken.

Tahir Sema, Samwu se nasionale woordvoerder, het gesê die president het reeds aangedui dat hy nie die wet sal onderteken nie.

Dié wetsontwerp bepaal onder meer dat korrupte munisipale amptenare se name vir ‘n dekade lank op ‘n swartlys sal verskyn en dat senior munisipale bestuurders toepaslik gekwalifiseerd moet wees.

Dit is reeds op 19 April goedgekeur en na die presidensie verwys.

белое испанское виноалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae