Britte druk SA in Veiligheidsraad

Suid-Afrika se verteenwoordiger wil glo ‘n resolusie van die Veiligheidsraad om die bloedvergieting in Sirië te stop, kelder sê Britse bronne. Maar die Suid-Afrikaners het dit ontken.

Kota Nomfanelo, woordvoerder van Suid-Afrika se permanente missie by die VN, het gesê hulle ondersoek nog die aangeleentheid.

‘n Ontwerp-resolusie, wat die Siriese regering maan tot “uiterste selfbeheersing” en lande wil verhoed om wapentuig aan die Siriese owerhede te verskaf, is op die tafel.

Die onrus het reeds negehonderd lewens geëis. Dit wil voorkom asof die beweging teen president Bashar al-Assad se regime, nou in sy derde maand, ‘n dooiepunt bereik het.

Volgens VN-bronne is daar min hoop dat die Britse ontwerpresolusie die nodige nege stemme sal kry. Suid-Afrika se weerstand teen Britse druk is deur verskeie ander VN-missies opgemerk. Een bron het gesê dat die Suid-Afrikaanse span instruksies het om enige besluit oor Sirië te opponeer. Die Suid-Afrikaners meen hul goedgelowigheid met die vorige resolusie wat NAVO-magte in Libië gemagtig het, is deur die VSA, Brittanje en Frankryk misbruik.

Clayson Monyela, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se woordvoerder, het gesê die gerugte oor Suid-Afrika se posisie “het al die kenmerke van ‘n poging om ons standpunt te manipuleer deur middel van die media”. Hy sê die span het slegs gister die ontwerpresolusie ontvang en kon nog nie reageer nie.

Besprekings oor die ontwerp-resolusie oor Sirië begin Vrydag.

poker online casinoалександр лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae