‘n Groep van ses het hulself dadelik uit die voete gemaak toe hulle deur die televisie-span opgemerk is.
Die beeldmateriaal is vrygestel voor die aankoms van Suid-Afrika se president, Jacob Zuma, in Tripoli in ‘n poging om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig.
Die westerlinge is laat verlede week deur al-Jazeera by rebellegroepe opgemerk, slegs dae voordat Britse en Franse aanvalshelikopters by die NAVO-veldtog aan sal sluit.
Daar is talle berigte in die Britse pers dat SAS-soldate optree as “spotters” in Libië om Navo se vegvliegtuie te help om regeringsteikens uit te wis. In Maart, is ses spesmag soldate en twee MI6-offisiere aangehou op ‘n mislukte missie om rebelleleiers te ontmoet in Benghazi, wat ‘n verleentheid vir die SAS was.
Gevra vir kommentaar Maandag, het ‘n woordvoerder van die Britse ministerie van verdediging gesê: “Ons het nie enige magte daar buite nie.”
Die onderwerp is sensitief want die Veiligheidsraadbesluit van Maart sluit die totstandkoming van ‘n buitelandse besettingsmag op enige deel van Libiese grondgebied spesifiek uit.
Ten spyte van meer as twee maande se bombardement deur NAVO, het rebelle nie werklik gevorder nie. Die hoofstad, Tripoli, bly steeds in die greep van Gaddafi.
Daar is onbevestigde verslae dat Brittanje van plan was om voormalige SAS-lede en ander ervare soldate onder die dekking van private sekuriteitsmaatskappye in te stuur in Libië, betaal deur Arabiese lande, om die anti-regeringstroepe op te lei.
