Angola het 47 burgers van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), wat onwettig in die noordlike Zaire-provinsie gewoon het, en ses Brasiliane met vervalste werkspermitte gedeporteer, het die land se immigrasiediens Sondag gesê.
Die Kongolese is deur “plaaslike inwoners aan die kaak gestel”, het ‘n beampte aan AFP gesê.
“Hierdie buitelanders woon nou al meer as twee maande lank onwettig in die provinsie, sonder steurnis,” het die beampte gesê.
Minstens ‘n dosyn buitelanders word weekliks uit dié provinsie gedeporteer. Hulle is meestal van die DRK afkomstig.
Angola het tussen 1 April en 19 April vanjaar 5 400 burgers van die DRK gedeporteer. Meer as 100 vroue is ook tydens dié uitsetting verkrag, het ‘n priester in die distrik gesê.
