ANC-Jeugleier geskiet

‘n Voormalige streeksleier van die ANC-Jeugliga in Mpembeni buite Empangeni is Saterdagmiddag deur die KwaZulu-Natalse polisie binne sy huis doodgeskiet, het die ANC gesê.

“Ons kameraad Qinisani Gwala is gisternag deur die polisie binne sy huis doodgeskiet. Ons veroordeel die voorval,” het Thulani Mashaba, ANC-voorsitter van die Noordkus-streek, Sondag gesê.

Hy het gesê Gwala was lank die voorsitter van dié ANCJL-tak.

“Hy was by ‘n sitting van ‘n tradisionele hof toe hy deur die polisie weggeneem is. Hulle het hom na sy huis geneem, waar hy doodgeskiet is,” het Mashaba gesê.

Hy kon nie verstaan waarom Gwala geskiet is nie, aangesien hy volgens Mashaba met die polisie saamgewerk het toe hulle hom weggeneem het.

Dir. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, het gesê Gwala was ‘n hoofverdagte in ‘n saak van moord en poging tot moord, wat in Augustus vanjaar plaasgevind het.

“Ons beamptes het hom gesoek vir die moord en poging tot moord wat in Nyoni plaasgevind het,” het sy gesê.

Volgens Radebe het die polisie twee ongelisensieerde vuurwapens by Gwala gevind.

“Hy is geskiet nadat hy op die polisie geskiet het.”

Volgens Mashaba is Gwala van sy broer verwyder voordat hy geskiet is.

“Hulle het hulle in verskillende huise gesit. Ons verstaan werklik nie waarom hy doodgemaak is nie.”

лобановский александр биография

Mogoeng lag DA-besware af

Regter Mogoeng Mogoeng sal as Suid–Afrika se hoofregter dien, aangesien die meerderheid (16 teenoor 7) van die Regterlike Dienskommissie (RDK) se 23 lede hul steun aan hom toegesê het.

Hy is die enigste kandidaat vir die pos van hoofregter nadat hy deur pres. Zuma benoem is om regter Sandile Ngcobo te vervang wat in Julie aangekondig het hy sal nie aanbly in sy pos ná die verstryking van sy termyn nie.

Zuma het Ngcobo versoek om nie weer as hoofregter te dien nie.

Mogoeng het dié naweek voor lede van die RDK verskyn wat hom oor sy benoeming uitgevra het en dit het geblyk dat hy sterk steun van veral ANC-lede in die RDK geniet. Die meeste van die kommissarisse is ANC-ondersteuners.

Koos van der Merwe van die IVP, het Mogoeng versoek om hom aan die proses te onttrek tot die ontsteltenis van die paneel. Jeff Radebe, minister van justisie, het Van der Merwe berispe en adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke, RDK-voorsitter, het dié versoek buite orde gereël.

Mogoeng het in reaksie gesê:”Ek het ‘n teken gekry dat dit die regte ding is. Ek dink God wil hê ek moet die hoofregter wees.”

Die DA is fel gekant teen Mogoeng se aanstelling. Kritici het sy “patriargale ingesteldheid”, gebrekkige etiese waardes en “onsensitiwiteit” teenoor vroueregte uitgelig as redes waarom hy nie moet dien nie.

“Dank die Here ek kon my saak stel. Noudat almal dit weet, kan ek sê: Moenie geskok wees nie, kalmeer en vat dit rustig. Dit (die besware) is nie so erg as wat dit lyk nie, julle het julle misgis,” het Mogoeng gesê toe adv. Hendrik Schmidt (DA) teen Mogoeng uitgevaar het.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Shell belowe SA kan selfonderhoudend raak

Suid-Afrika kan binne ‘n dekade “energieselfonderhoudend” raak as kommersieel ontginbare volumes gas in die Karoo ontdek word, sê die bestuurder wat verantwoordelik is vir die Karooprojek vir hidroliese breking.

“As die eksplorasie-pogings bewys dat die skalie kommersieel ontginbare volumes gas bevat, dan kan Suid-Afrika die produksie van hierdie bron binne ‘n dekade verwag,” het Jan Willem Eggink, die stroomop-bestuurder vir Shell SA aan die Kaapstadse Persklub gesê.

“As die volumes selfs die helfte so groot soos die VSA se Energy Information Administration se ramings is, dan kan Suid-Afrika waarskynlik energieselfonderhoudend wees vir die komende dekades.”

Lees verder.

лобановский александр дочь

Zim-jeug steun Malema

Die Zimbabwiese jeug het ‘n petisie aan die Suid-Afrikaanse ambassade in Harare teen die beweerde vervolging van die ANC-jeugliga president Julius Malema, oorhandig, het Zimbabwe se Herald Online berig.

Die oorhandiging van die versoekskrif aan die adjunk-Suid-Afrikaanse ambassadeur Andy Makwabe in Harare Donderdag, is deur die Pan-Afrikaanse Jeug Unie se adjunk-sekretaris-generaal Tendai Wenyika behartig. Sy het gesê: “Ons neem met hartseer kennis van die ontwikkelinge in die ANC wat probeer om die beeld en die persoon van Julius Malema en die ANC-jeugliga leierskap te skaad.

“Ons hoop die probleem sal onderling opgelos word met ‘n uitspraak wat Malema en sy uitvoerende raad in staat sal stel om hul ampstermyn te voltooi. Die rol wat Malema as ‘n plaaslike meningsleier speel in die stryd vir ekonomiese vryheid moet nooit ondermyn word nie.”

Sy het gesê dat die swart jeug ondersteun Malema se oproep vir die nasionalisering van myne en die onteiening van grond.

“Die besef dat die behoefte aan ekonomiese transformasie as ‘n saak van dringendheid beskou word wat die swart meerderheid bevoordeel, is in terme van Pan-Afrikanistiese idees, baie edel.”

Malema en vyf mede-beskuldigdes staar ‘n ANC-dissiplinêre verhoor in die gesig. 

Die verhoor sal Vrydag om 09:00 hervat word wanneer die dissiplinêre komitee uitspraak sal lewer op Malema se aansoek om die klagtes te laat vaar.

лобановский александр досье

Swartes die sondebokke in Libië

Rebellemagte en gewapende burgers het duisende swart Libiërs daarvan beskuldig dat hulle veg om Moeammar Gaddafi te ondersteun en swartes word tans oral gevange geneem en weggevoer na tydelike gevangenisse regoor die hoofstad Tripoli.

Feitlik al die gevangenes sê hulle is onskuldige trekarbeiders, en in die meeste gevalle is daar geen bewyse dat hulle nie is nie. Maar dit verhoed nie dat sowat 200 gevangenes – almal swart – hierdie week op ‘n sokkerveld met ‘n hoë muur om, ingeboender is en die versengende son moes trotseer nie.

Intussen het Suid-Afrika Navo se ingryping in Libië veroordeel en deelname aan Donderdag se konferensie wat in Parys gehou word oor Libië se toekoms, boikot, het pres. Jacob Zuma gesê.

Die doel van die konferensie is om dié oorloggeteisterde land te herbou.

“Ons is nie gelukkig met die manier waarop die VN-verdrag van 1973 geïmplementeer is om lugaanvalle in Libië toe te laat nie,” het Zuma op ‘n mediakonferensie tydens sy staatsbesoek aan Noorweë gesê.

александр лобановский класс

Polisie moet hoof red van opstandige leerlinge

Die polisie in Mpumalanga moes ‘n skoolhoof van sy betogende leerlinge red. Hy het homself Woensdag in sy kantoor toegesluit uit vrees dat die leerlinge hom sou aanrand.

Die polisie het hul omstreeks 10:00 na die Vukuzame Sekondêre Skool in Tweefontein C naby KwaMhlanga gehaas en honderde betogende skoolkinders op die perseel aangetref, het kapt. Eric Mathavha gesê.

Hulle wou hê die skoolhoof moet afgedank word nadat hy na bewering ‘n vroulike onderwyser ‘n week gelede geskors het.

“Die hek was gesluit en die polisie moes gate in die draadheining sny om toegang tot die perseel te kry. Hulle het toe ‘n groep leerlinge wat aan die deur van die hoof se kantoor geskop het, onder beheer gebring.”

Die polisie het die leerlinge kalmeer en ‘n vergadering met hulle en die skool se beheerliggaam gehou. Klasse is vir die dag gekanselleer.

Die provinsiale onderwysdepartement was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

лобановский александр жена

Malema se klag teen tugbeamptes verwerp

Die ANC se dissiplinêre komitee het ‘n aansoek verwerp wat deur Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, gebring is teen drie van die tugkomiteelede, het ‘n woordvoerder Woensdag gesê.

Die komitee het bevind dat onvoldoende feite voorgelê is om vooroordeel of ‘n persepsie van vooroordeel wat bestaan, by Derek Hanekom, voorsitter, Susan Shabangu, minister van minerale bronne, en Collins Chabane, minister in die presidensie, te bewys, het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Hy het gesê die dissiplinêre verhoor is tot Vrydag uitgestel om die komitee kans te gee om te besluit oor Malema se aansoek vir die klagtes om teruggetrek te word.

Die komitee sal sy besluit Vrydag om 09:00 bekend maak.

Malema word dissiplinêr verhoor nadat hy daarvan aangekla is dat hy die ANC se naam in oneer gebring en onmin in die ANC gesaai het.

Hy het onlangs gesê die ANC-Jeugliga sal ‘n span na Botswana stuur om plaaslike opposisiepartye te konsolideer en ‘n bewindverandering te help bewerkstellig, aangesien geglo is die regering in Botswana “is in volle samewerking met imperialiste” en “ondermyn die Afrika-agenda”.

Benewens Malema word Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, Ronald Lamola, adjunk-president, Pule Mabe, tesourier-generaal, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, en Kenetswe Masenogi, adjunk-sekretaris-generaal, aangekla.

Almal behalwe Shivambu sal Vrydag voor die komitee verskyn, het Mthembu gesê. Sy dissiplinêre verhoor is tot ‘n latere datum uitgestel.

Shivambu het Woensdag gesê Malema sal met sy regsverteenwoordigers in gesprek tree voor sy volgende verskyning.

Groepe jeugdigdes wat Malema ondersteun het Dinsdag klippe, bottels en bakstene na joernaliste en polisiebeamptes in die Johannesburgse middestad geslinger.

Die geweld het bedaar nadat Malema hulle toegespreek het.

‘n Klein groep ondersteuners het Woensdag deur die strate rondom Luthuli-huis, waar die verhoor gehou word, gemarsjeer.

Hulle het gefluit, op vuvuzelas geblaas en “voetsek” aan polisiebeamptes geskree.

лобановский александр отзывы

Geen arrestasies ná tugverhoor-chaos nie

Die Gautengse polisie het niemand tot dusver in hegtenis geneem in verband met die geweld wat Dinsdag in die Johannesburgse middestad opgevlam het nie.

Die oproerigheid het saamgeval met Julius Malema, omstrede leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), se dissiplinêre verhoor in die ANC se hoofkwartiere, Luthuli-huis.

“Ons het nog nie enigiemand in hegtenis geneem nie,” het lt.kol. Lungelo Dlamini Woensdag gesê.

Hy sê die polisie het ‘n ondersoek geloods wat ‘n studie van beskikbare kringtelevisie-beeldmateriaal insluit.

Strate in Johannesburg, soos President- en Sauerstraat, is afgesper aangesien groot groepe jeugdiges na Luthuli-huis opgeruk het om Malema te ondersteun.

‘n Polisieman het steke gekry nadat hy deur ‘n klip getref is en minstens sewe joernaliste is met voorwerpe gegooi. Sekere vroulike joernaliste het bygevoeg dat jeugdiges hulle betas het en seksuele dreigemente gemaak het.

Wayne Minnaar, woordvoerder vir die metropolisie, sê ‘n man is in hegtenis geneem toe hy ‘n vullisdrom omgegooi het, maar volgens Dlamini is niemand vasgetrek ná Dinsdag se gebeure nie.

Die polisie het ‘n saak van openbare geweld en poging tot moord oopgemaak. Joernaliste is ook genader om verklarings by die polisie af te lê.

Ondersteuners het Woensdag weer buite Luthuli-huis saamgedrom om Malema, wat weer voor ‘n tugkomitee sal verskyn, te ondersteun.

Hy het Dinsdag ná sy verskyning ‘n beroep op sy ondersteuners gedoen om nie polisielede of joernaliste aan te val nie.

Фильчаков прокурор харьков

Malema kan ANC troef, maar nie met burgeroorlog nie

Prof. Amanda Gouws aan die Universiteit van Stellenbosch sê dis “gevaarlik” om van ‘n burgeroorlog te praat nadat gewelddadige betogings Dinsdag die Johannesburgse middestad ontwrig het.

Sy het aan Eyewitness News gesê sy glo nie Dinsdag se geweld buite Luthuli-huis kan tot ‘n burgeroorlog lei nie.

Sosiale netwerke het gegons oor vrese dat die geweld ‘n voorloper tot grootskaalse politieke onrus – soortgelyk aan die huidige situasie in die Midde-Ooste – kan raak.

Gouws sê sy twyfel of ‘n burgeroorlog sal uitbreek, maar sy het gesê Malema is sterkter as wat die ANC graag wil glo.

Lees hier.

Фільчаков прокурор

Chinese en wit vroue moet nie bemagtig word nie, sê ANC

Die Vryheidsfront Plus verwerp die pogings van verskeie vakbonde en ANC-lede in die parlementêre portefeuljekomitee oor mineralebronne om wit vroue en Chinese as bevoordeeldes uit die bemagtigingshandves van die mynbousektor uit te skryf.

“Hierdie poging is deel van ‘n breër tendens om minderhede uit die ekonomiese hoofstroom te rangeer, soos voorheen verwoord deur onder andere Julius Malema en Jimmy Manyi. Voorheen was Afrikaners, blanke mans, bruin mense en Indiërs onbillik geteiken en nou moet wit vrouens, Chinese en Suid-Koreane hoor hulle arbeid, vaardighede en geld is nie goed genoeg nie. Indien die staat die mynwese teen buitelandse plundering wil beskerm, kan spesifieke maar gebalanseerde maatreëls getref word om te sorg dat Suid-Afrikaners bevoordeel word in elke buitelandse beleggingskontrak.

Die poging om wit Suid-Afrikaanse vrouens egter te teiken vir diskriminasie is ‘n aanduiding van die ras-psigose waarin die ANC hom toenemend bevind. Indien ekonomiese oorlewing en vooruitgang vir Suid-Afrika die ANC se ware beleid is, sal ‘n meritokrasie die enigste pad wees om te stap,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor mineralebronne, gesê.

Die VF Plus wil ook verneem hoe die voorstellers van die wysiging gaan vasstel wie “swart mense” is indien hulle die definisie “histories benadeelde mense” daarmee wil vervang. Daar is geen wetgewing wat kan bepaal wie “swart” is al dan nie. Die ANC moet eerder begin besef dat ‘n inklusiewe ekonomie sonder strukturele rassediskriminasie die enigste pad vorentoe is vir die daarstel van ‘n dinamiese ekonomie wat groei en werk skep vir almal in Suid-Afrika.

Данильченко Юрий Брониславович