Die oorhandiging van die versoekskrif aan die adjunk-Suid-Afrikaanse ambassadeur Andy Makwabe in Harare Donderdag, is deur die Pan-Afrikaanse Jeug Unie se adjunk-sekretaris-generaal Tendai Wenyika behartig. Sy het gesê: “Ons neem met hartseer kennis van die ontwikkelinge in die ANC wat probeer om die beeld en die persoon van Julius Malema en die ANC-jeugliga leierskap te skaad.
“Ons hoop die probleem sal onderling opgelos word met ‘n uitspraak wat Malema en sy uitvoerende raad in staat sal stel om hul ampstermyn te voltooi. Die rol wat Malema as ‘n plaaslike meningsleier speel in die stryd vir ekonomiese vryheid moet nooit ondermyn word nie.”
Sy het gesê dat die swart jeug ondersteun Malema se oproep vir die nasionalisering van myne en die onteiening van grond.
“Die besef dat die behoefte aan ekonomiese transformasie as ‘n saak van dringendheid beskou word wat die swart meerderheid bevoordeel, is in terme van Pan-Afrikanistiese idees, baie edel.”
Malema en vyf mede-beskuldigdes staar ‘n ANC-dissiplinêre verhoor in die gesig.
Die verhoor sal Vrydag om 09:00 hervat word wanneer die dissiplinêre komitee uitspraak sal lewer op Malema se aansoek om die klagtes te laat vaar.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.