Suid-Afrika kan binne ‘n dekade “energieselfonderhoudend” raak as kommersieel ontginbare volumes gas in die Karoo ontdek word, sê die bestuurder wat verantwoordelik is vir die Karooprojek vir hidroliese breking.
“As die eksplorasie-pogings bewys dat die skalie kommersieel ontginbare volumes gas bevat, dan kan Suid-Afrika die produksie van hierdie bron binne ‘n dekade verwag,” het Jan Willem Eggink, die stroomop-bestuurder vir Shell SA aan die Kaapstadse Persklub gesê.
“As die volumes selfs die helfte so groot soos die VSA se Energy Information Administration se ramings is, dan kan Suid-Afrika waarskynlik energieselfonderhoudend wees vir die komende dekades.”
Lees verder.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.