Swartes die sondebokke in Libië

Rebellemagte en gewapende burgers het duisende swart Libiërs daarvan beskuldig dat hulle veg om Moeammar Gaddafi te ondersteun en swartes word tans oral gevange geneem en weggevoer na tydelike gevangenisse regoor die hoofstad Tripoli.

Feitlik al die gevangenes sê hulle is onskuldige trekarbeiders, en in die meeste gevalle is daar geen bewyse dat hulle nie is nie. Maar dit verhoed nie dat sowat 200 gevangenes – almal swart – hierdie week op ‘n sokkerveld met ‘n hoë muur om, ingeboender is en die versengende son moes trotseer nie.

Intussen het Suid-Afrika Navo se ingryping in Libië veroordeel en deelname aan Donderdag se konferensie wat in Parys gehou word oor Libië se toekoms, boikot, het pres. Jacob Zuma gesê.

Die doel van die konferensie is om dié oorloggeteisterde land te herbou.

“Ons is nie gelukkig met die manier waarop die VN-verdrag van 1973 geïmplementeer is om lugaanvalle in Libië toe te laat nie,” het Zuma op ‘n mediakonferensie tydens sy staatsbesoek aan Noorweë gesê.

александр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae