Mnr Titus se rassistiese onderrok hang uit

Dit was onmoontlik by die lees van mnr Titus se skrywe in Die Burger en Beeld vandag om nie die totale ignorering van die blanke ras op te merk nie, verwysende na sy bydrae by die konferensie van die RGN: “Die land waarin ons wil woon – beleid, praktyk en wetgewing oor haatmisdaad”. Hierdie artikel van Titus moet met alle erns bejeën word aangesien dit gil van die gesindheid teenoor blankes in die nuwe Suid-Afrika.

Mnr Titus praat net oor rassemisdaad t.o.v. swart lesbiese vroue en diskriminasie teen swart Afrika-migrante, en nie een woord oor die swart-op-wit moord word gerep nie. Trouens, dit is so onbelangrik dat benewens die feit dat hierdie situasie asook die bestaan van die blanke nie genoem word nie, stel hy voor dat al hierdie vergrype selfs as sekondêr beskou moet word teenoor onderwys en opvoeding.

Ons blanke Afrikanervolk wat hierdie land uit die rou aarde opgebou het, het geen bestaansreg meer nie, wil dit nou voorkom. Buitelanders vanuit ander Afrikalande het tans in die gedagtes van die nuwe Suid-Afrikaners alleenreg. Dit laat ons as Afrikanervolk met geen ander opsie as om weer van vooraf te begin veg vir ons volk se voortbestaan nie.

Daarom is die vergadering op die 3de September in Centurion so belangrik ons het net nie meer tyd oor om apaties op die kantlyn te sit en kyk nie.

topcargo развод

Maak 'n opvolg-bydrae