‘Verkragting van die geskiedenis’

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag op ‘n nuuskonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg gesê regter Colin Lamont se uitspraak dat sang van “skiet die Boer” in die openbaar verbied word, nie betrekking het op ANC-lede nie. Die lied waarin die woorde “skiet die Boer” voorkom, is beter bekend as Ayesab’amagwala.

Ayanda Dlodlo, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), en sekretaris-genl. van MK se veteranevereniging, het die uitspraak van Lamont as ‘n “verkragting van die ANC se geskiedenis” beskryf. “Die NUK het sy toewyding aan die beskerming van sy erfenis beklemtoon deur teen die hofuitspraak wat ons vryheidslied verban, te appelleer,” het die ANC in ‘n mediaverklaring gesê.

Sdumo Dlamini, president van Cosatu, het Sondag tydens ‘n vergadering in Durban vakbondlede aangehits om die omstrede lied te sing. “Die vryheidsliedere is deel van ons geskiedenis en ons moet dit behou.
Om die lied te verbied is nie volhoubaar nie en mense sal aanhou om dit te sing,” het Dlamini gesê.

Lamont se beslissing verlede week in die gelykheidshof in Johannesburg dat die lied haatspraak verteenwoordig, is deur die meeste ANC-lede verwerp. “Indien die lied op ‘n Cosatu-vergadering gesing word, is dit nie minagting van die hof nie. Net Julius Malema word by name genoem in die uitspraak,” het Mantashe verklaar.

Mantashe het Maandag oor die afgelope naweek se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Pretoria, verslag gedoen.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Valke-man ontvang doodsdreigemente

Johan Booysen, polisiebeampte van die Valke wat ‘n ondersoek na reis- en akkomodasie-bedrog van R60 miljoen in die polisie lei, ontvang doodsdreigemente.

Independent Online berig Booysen het sy huis verskeie kere verlaat nadat hy dié dreigemente ontvang het.

Kol. Navin Madhoe (42) is meer as ‘n week gelede in verband met die ondersoek in hegtenis geneem.

Madhoe is in hegtenis geneem kort nadat hy omkoopgeld van R1,36 miljoen in die kattebak van Booysen se motor gesit het in ruil vir ‘n dokument wat sensitiewe inligting oor die ondersoek bevat.

Hy sou na bewering later die res van die geld betaal.

Tydens Madhoe se borgtogaansoek in die handelsmisdaadhof in Durban het Bheki Manyathi, staatsaanklaer, borgtog teengestaan en gesê die geskorste polisieman sal ‘n vlugrisiko wees.

Die staat voer aan die seniorpolisiemanne saam met die Durbanse sakeman Thosan Panday gewerk het om kwotasies van reis- en akkomodasiekoste met tot 400% verhoog.

Die staat het ‘n beëdigde verklaring deur kol. Leonard Sherriff, ondersoekbeampte, aan die hof voorgelê wat Madhoe met die sindikaat verbind.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Stropers vergiftig watergate

Vrese oor gesondheid neem toe in Zimbabwe nadat stropers begin het om watergate in heelwat van die land se grootste wildreservate te vergiftig.

Dit het reeds daartoe gelei dat dosyne diere gevrek het, het berigte Sondag gelui.

Caroline Washaya-Mayo, ‘n woordvoerder vir die Zimbabwe Parke en Wildlewe Bestuurowerheid, het volgens die Sunday Mail-koerant gesê watergate is met die ongeïdentifiseerde gif besmet in die Gonareghou-, Mana Pools-, Zambesi-, Charara- en Matsudona Nasionale Park.

“Hierdie is die enigste keer dat ons gevalle het van stropery waarby chemikalieë betrokke is,” het Washaya-Mayo gesê. Volgens haar gebruik stropers nou ander tegnieke wat stiller is en nie agterdog wek nie.

Nege olifante, vyf leeus, twee buffels en verskeie aasvoëls tel onder die diere wat reeds gevrek het nadat hulle die besmette water gedrink het.

Die owerhede is bekommerd dat gesondheid in nabygeleë dorpe geraak kan word indien inwoners per abuis van die besmette water drink. Wildbewaarders wat die gebied patrolleer is aangeraai om hul eie water de dra.

‘n Plaaslike bewaringsgroep het in Julie Chinese mynwerkers daarvan beskuldig dat hulle vergiftigde brood gebruik het om ‘n trop olifante in die Zambezi Vallei dood te maak. Vergiftigde koolblare is ook na bewering verlede jaar gebruik om renosters in die suidooste van die land dood te maak.

прокурор Фильчаков

Vals dokter vas

‘n Man wat homself as ‘n mediese praktisyn voorgedoen het, is by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem, het die polisie Sondag gesê.

‘n Veiligheidswag het agterdogtig geraak en die 21-jarige man agtervolg nadat hy die hospitaalperseel Saterdagmiddag betree het, het sers. Thabo Litabe gesê.

Hy het ‘n stetoskoop gehad wat om sy nek gehang het.

Toe die wag hom voorgekeer en ondervra het, het die man beweer hy is ‘n dokter van die Tempe Militêre Hospitaal. Hy het gesê hy is op pad na die ongevalleafdeling om te gaan werk.

“Die wag het die polisie geskakel nadat die hospitaalbestuur gesê het hulle weet niks van die jong dokter nie,” het hy gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van vervalsing en die besit van ‘n stetoskoop.

Фильчаков прокурор отзывы

Wat was in daai handsak?

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Suid-Afrikaanse belastingbetalers R235 000 uit die sak gejaag omdat sy geweier het om haar handsak deur ‘n skandeerder op ‘n lughawe in Oslo, Noorweë, te sit, berig die Mail & Guardian.

Nkoana-Mashabane was vroeër dié maand op ‘n staatsbesoek aan die land toe sy geweier het om haar handsak deur die skandeerder te sit.

Sy het haar vlug na haar volgende vergadering in Bulgarye daardeur verpas.

‘n Privaatstraler moes desnoods daarna gehuur word om haar na Bulgarye te neem.

Volgens haar departement het dié voorval belastingbetalers R235 343 gekos.

Die departement het gesê die Weense konvensie bepaal diplomate en hul bagasie mag nie deursoek word nie, en dat die minister – as die land se top diplomaat – reg was om te weier dat haar handsak deursoek word.

“Daar was niks in haar handsak wat nie verklaar kon word nie. Die saak gaan nie oor die inhoud van die bagasie nie. Dit is ‘n saak van beginsel,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, gesê.

Александр Фильчаков

Suidkus opgeruim vir COP17

Die adjunkminister van Waterwese en Omgewingsake, Rejoice Mabudafhasi, sal vandag ‘n opruimingsprojek van 11 miljoen rand bekendstel op die vooraand van die 26ste jaarlikse Internasionale Kus-skoonmaakdag môre.

Die projek genaamd “Werk vir die kus: van Umthanvuna tot Umkomaas” sal by die Park Rynie kampeerterrein op die KwaZulu-Natalse suidkus bekendgestel word.

Die projek sal sowat 112 werksgeleenhede vir plaaslike inwoners skep. Dit is daarop gemik om die kusgebied rommelvry te maak en is een van die departement se projekte in die aanloop tot die internasionale konferensie oor klimaatsverandering, COP 17, wat aan die einde van die jaar plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse regering is verbind tot die gedagte van klimaatsverandering en dat ryk lande moet opdok vir die “skoonmaakproses” in ontwikkelende lande.

Die president van die Europese Unie Kommissie, Manuel Barroso sê die EU sal voortgaan om Suid-Afrika se ontwikkelingsprogramme te ondersteun. Suid-Afrika en die EU het ‘n beraad in die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga gehou. Die EU is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en sowat 30 persent van Suid-Afrika se buitelandse handel is met lidlande van die EU.

Die onderwys- en gesondheidsektore sal onder meer baat vind by die handelsbetrekkinge. Klimaatsverandering is nie bespreek nie.

Intussen het Dr. Ivar Giaever, ‘n voormalige professor by Rensselaer Polytechnic Institute en in 1973 die wenner van die Nobelprys vir fisika, gister bedank uit die American Physical Society (APS) omdat hy glo klimaatsverandering is hoegenaamd nog nie “onteenseglik” bewys soos wat beweer word nie.

 

Фильчаков прокурор отзывы

Lugtaxi’s van Santaco styg op

Die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf stel vandag amptelik sy nuwe lugredery op Lanseria, noord van Johannesburg, bekend.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid sê die diens sal heeltemal veilig wees en opgeleide personeel sal die vliegtuie beman.

Die doel van die Santaco-lugdiens is om vlugte meer toeganklik en bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te maak. Dié taxi-bedryf lewer daagliks ‘n diens aan sowat 15 miljoen burgers op die land se paaie.

Die eerste vlugte sal voortaan tussen Lanseria, Bisho en Kaapstad wees, hoewel meer besonderhede oor die eerste vlug en die besigheidsplan later vanoggend eers bekend sal wees.

Volgens berigte sal kaartjies by supermarkte en groot taxi-staanplekke gekoop kan word. Die presidensie sê President Jacob Zuma sal die bekendstelling bywoon.

Данильченко Юрий отзывы

Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Die hooggeregshof-beslissing wat die sing van die woorde “awudubule ibhunu” (skiet die Boer) tot haatspraak verklaar, is ‘n “absurde en drastiese” skending van die reg op vryheid van spraak, meen prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad.

In ‘n rubriek wat Donderdag in The Star gepubliseer is, kritiseer de Vos regter Colin Lamont se uitspraak en sê dit is gebaseer op rasse-stereotipes.

Die uitspraak beteken dat enigiemand wat die lied sing, aangehou kan word vir minagting van die hof, skryf hy.

“Dít in my opinie kom neer op ‘n absurde en drastiese skending van die reg op vryheid van spraak wat nie deur die Wet op Gelykheid regverdig word nie – selfs gegewe die omvattende bepalings van die wet.”

Lamont het Maandag beslis dat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, se sing van die woorde “awudubule ibhunu” by openbare saamtrekke, neerkom op haatspraak en boere bedreig.

Die regter het Malema en die ANC verbied om die woorde in die openbaar en privaat te sing.

De Vos skryf verder in die rubriek dat Lamont die samelewing in terme van ras in ‘n minderheids- en meerderheidsgroep verdeel.

“Die essensialistiese en simplistiese skeidings van Suid-Afrikaners in verskillende rassegroepe kan as problematies gesien word.”

Die jeugliga het Woensdag aangekondig dat hy die beslissing tot in die konstitusionele hof sal beveg en die parlement sal nader vir wetgewing om liedjies wat deel van die ANC se erfenis is, te beskerm.

De Vos het gesê deel van die probleem met Lamont se beslissing is, in sy opinie, dat die gedeelte oor haatspraak in die Wet op Gelykheid self, te breedvoerig is.

Фильчаков прокурор харьков

Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

“Die aankondiging dat pres. Jacob Zuma ‘n kommissie van ondersoek gaan aanstel om die Wapenaankope-program te ondersoek, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Verlede maand het die Vryheidsfront Plus skriftelik die president versoek om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek (skrywe hieronder). Ons standpunt was dat die hele wapentransaksie skaad nie net die beeld van die SANW nie, maar van die hele Suid-Afrika. Deur ‘n kommissie kan finaliteit oor die aangeleentheid verkry word en kan die boeke gesluit word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Zuma se erkenning dat finaliteit en afsluiting van die aangeleentheid in openbare belang is stem ooreen met ons standpunt in ons skrywe aan hom. Die erkenning van SAAB dat omkoopgeld van R24 miljoen betaal was aan persone in Suid-Afrika, deur hulle destydse Suid-Afrikaanse filiaal Sanip wat deur BAE Systems beheer was, en Ferrostaal (duikbote) dat korrupsie gepleeg is met die wapentransaksies kon nie geïgnoreer word nie. Die samestelling van die kommissie moet bo verdenking wees en daarom sal ‘n regterlike kommissie die mees aanvaarbare wees,” het Groenewald gesê.

‘n Regsproses is in 2009 in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin om die president te vra dat ‘n kommissie van ondersoek aangestel word. ‘n Aansoek is later in die grondwetlike hof aangehoor waar ‘n verhoordatum vir 17 November vasgestel is. Die Presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj sê die president het die verskillende verwikkelings in die saak in oënskou geneem vir sy besluit en ook die feit dat die afhandeling van die saak in publieke belang is. Zuma sal binnekort die samestelling van die kommissie en tydsbestek bekendmaak. Hy het opdrag aan die minister van Justisie, Jeff Radebe gegee om die nodige stappe te doen om die besluit te implementeer.

лобановский политик

Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie.

Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat sy huis twee keer deur die Polisie se plofstof-eenheid deursoek moes word nadat hy dreigemente ontvang het.

“Iewers lieg iemand. Malema sê sy huis was deursoek deur die Polisie na bomdreigemente, maar die minister van Polisie ontken dit. Ek glo dat die minister die waarheid praat. Malema het beslis ‘n minderwaardigheidsprobleem en wil die indruk wek dat hy ‘n belangrike persoon is wat geteiken word.

Met hierdie optredes wil Malema steun werf onder die werklose massas deur die indruk te wek hy kry ook swaar ten spyte van sy rykdom en dat hy geteiken word omdat hy vir die armes en werkloses veg,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Фільчаков прокурор