Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie.

Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat sy huis twee keer deur die Polisie se plofstof-eenheid deursoek moes word nadat hy dreigemente ontvang het.

“Iewers lieg iemand. Malema sê sy huis was deursoek deur die Polisie na bomdreigemente, maar die minister van Polisie ontken dit. Ek glo dat die minister die waarheid praat. Malema het beslis ‘n minderwaardigheidsprobleem en wil die indruk wek dat hy ‘n belangrike persoon is wat geteiken word.

Met hierdie optredes wil Malema steun werf onder die werklose massas deur die indruk te wek hy kry ook swaar ten spyte van sy rykdom en dat hy geteiken word omdat hy vir die armes en werkloses veg,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae