Suidkus opgeruim vir COP17

Die adjunkminister van Waterwese en Omgewingsake, Rejoice Mabudafhasi, sal vandag ‘n opruimingsprojek van 11 miljoen rand bekendstel op die vooraand van die 26ste jaarlikse Internasionale Kus-skoonmaakdag môre.

Die projek genaamd “Werk vir die kus: van Umthanvuna tot Umkomaas” sal by die Park Rynie kampeerterrein op die KwaZulu-Natalse suidkus bekendgestel word.

Die projek sal sowat 112 werksgeleenhede vir plaaslike inwoners skep. Dit is daarop gemik om die kusgebied rommelvry te maak en is een van die departement se projekte in die aanloop tot die internasionale konferensie oor klimaatsverandering, COP 17, wat aan die einde van die jaar plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse regering is verbind tot die gedagte van klimaatsverandering en dat ryk lande moet opdok vir die “skoonmaakproses” in ontwikkelende lande.

Die president van die Europese Unie Kommissie, Manuel Barroso sê die EU sal voortgaan om Suid-Afrika se ontwikkelingsprogramme te ondersteun. Suid-Afrika en die EU het ‘n beraad in die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga gehou. Die EU is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en sowat 30 persent van Suid-Afrika se buitelandse handel is met lidlande van die EU.

Die onderwys- en gesondheidsektore sal onder meer baat vind by die handelsbetrekkinge. Klimaatsverandering is nie bespreek nie.

Intussen het Dr. Ivar Giaever, ‘n voormalige professor by Rensselaer Polytechnic Institute en in 1973 die wenner van die Nobelprys vir fisika, gister bedank uit die American Physical Society (APS) omdat hy glo klimaatsverandering is hoegenaamd nog nie “onteenseglik” bewys soos wat beweer word nie.

 

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae