Die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf stel vandag amptelik sy nuwe lugredery op Lanseria, noord van Johannesburg, bekend.
Die Burgerlike Lugvaartowerheid sê die diens sal heeltemal veilig wees en opgeleide personeel sal die vliegtuie beman.
Die doel van die Santaco-lugdiens is om vlugte meer toeganklik en bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te maak. Dié taxi-bedryf lewer daagliks ‘n diens aan sowat 15 miljoen burgers op die land se paaie.
Die eerste vlugte sal voortaan tussen Lanseria, Bisho en Kaapstad wees, hoewel meer besonderhede oor die eerste vlug en die besigheidsplan later vanoggend eers bekend sal wees.
Volgens berigte sal kaartjies by supermarkte en groot taxi-staanplekke gekoop kan word. Die presidensie sê President Jacob Zuma sal die bekendstelling bywoon.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.