praag.co.za

Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

Written by

in

“Die aankondiging dat pres. Jacob Zuma ‘n kommissie van ondersoek gaan aanstel om die Wapenaankope-program te ondersoek, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Verlede maand het die Vryheidsfront Plus skriftelik die president versoek om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek (skrywe hieronder). Ons standpunt was dat die hele wapentransaksie skaad nie net die beeld van die SANW nie, maar van die hele Suid-Afrika. Deur ‘n kommissie kan finaliteit oor die aangeleentheid verkry word en kan die boeke gesluit word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Zuma se erkenning dat finaliteit en afsluiting van die aangeleentheid in openbare belang is stem ooreen met ons standpunt in ons skrywe aan hom. Die erkenning van SAAB dat omkoopgeld van R24 miljoen betaal was aan persone in Suid-Afrika, deur hulle destydse Suid-Afrikaanse filiaal Sanip wat deur BAE Systems beheer was, en Ferrostaal (duikbote) dat korrupsie gepleeg is met die wapentransaksies kon nie geïgnoreer word nie. Die samestelling van die kommissie moet bo verdenking wees en daarom sal ‘n regterlike kommissie die mees aanvaarbare wees,” het Groenewald gesê.

‘n Regsproses is in 2009 in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin om die president te vra dat ‘n kommissie van ondersoek aangestel word. ‘n Aansoek is later in die grondwetlike hof aangehoor waar ‘n verhoordatum vir 17 November vasgestel is. Die Presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj sê die president het die verskillende verwikkelings in die saak in oënskou geneem vir sy besluit en ook die feit dat die afhandeling van die saak in publieke belang is. Zuma sal binnekort die samestelling van die kommissie en tydsbestek bekendmaak. Hy het opdrag aan die minister van Justisie, Jeff Radebe gegee om die nodige stappe te doen om die besluit te implementeer.

лобановский политик

Comments

Leave a Reply