Stropers vergiftig watergate

Vrese oor gesondheid neem toe in Zimbabwe nadat stropers begin het om watergate in heelwat van die land se grootste wildreservate te vergiftig.

Dit het reeds daartoe gelei dat dosyne diere gevrek het, het berigte Sondag gelui.

Caroline Washaya-Mayo, ‘n woordvoerder vir die Zimbabwe Parke en Wildlewe Bestuurowerheid, het volgens die Sunday Mail-koerant gesê watergate is met die ongeïdentifiseerde gif besmet in die Gonareghou-, Mana Pools-, Zambesi-, Charara- en Matsudona Nasionale Park.

“Hierdie is die enigste keer dat ons gevalle het van stropery waarby chemikalieë betrokke is,” het Washaya-Mayo gesê. Volgens haar gebruik stropers nou ander tegnieke wat stiller is en nie agterdog wek nie.

Nege olifante, vyf leeus, twee buffels en verskeie aasvoëls tel onder die diere wat reeds gevrek het nadat hulle die besmette water gedrink het.

Die owerhede is bekommerd dat gesondheid in nabygeleë dorpe geraak kan word indien inwoners per abuis van die besmette water drink. Wildbewaarders wat die gebied patrolleer is aangeraai om hul eie water de dra.

‘n Plaaslike bewaringsgroep het in Julie Chinese mynwerkers daarvan beskuldig dat hulle vergiftigde brood gebruik het om ‘n trop olifante in die Zambezi Vallei dood te maak. Vergiftigde koolblare is ook na bewering verlede jaar gebruik om renosters in die suidooste van die land dood te maak.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae