Gaddafi-lojaliste veg terug

Die besoek van David Cameron en Nicolas Sarkozy aan Libië “is die begin van ‘n kolonisering van die olieryke land,” het Moessa Ibrahim, Moeammar Gaddafi se woordvoerder, Vrydag gesê.

Die Britse premier en Franse president is Donderdag soos helde in Tripoli en Benghazi deur rebelle verwelkom.

Ibrahim het, in ‘n telefoniese onderhoud met die Arrai-televisiekanaal in Sirië, gesê dat dié twee leiers ‘n verskuilde agenda met hul besoek het.

“Die besoek is die begin van ‘n kolonisering van Libië,” het hy gesê.

“Hulle skarrel nou om die vrugte te pluk van die val van Tripoli omdat hulle bang is Amerika en ander groot lande wil ook ‘n sny van die koek hê.”

Libiese rebelle was Sondag nog in hewige botsings met Gaddafi-lojaliste gewikkel wat sterk weerstand bied in Bani Walid, het ‘n AFP-korrespondent gesê.

Die nuwe leierskap se magte probeer grond wen in Bani Walid, met sommige vegters wat die dorp probeer inval terwyl ander sowat ses kilometer van die middedorp saamgetrek het.

‘n Leier van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) se vegters het aan AFP gesê die stryd is om die middaguur hervat ná hewige gevegte van die vorige dag se middaguur tot kort voor dagbreek.

“Daar is ‘n onbevestigde aantal beseerdes ná die gevegte,” het dr. Mabroek Kornfan gesê.

Korrespondente het gesê hulle kon luide ontploffings en geweervuur hoor van binne Bani Walid.

Lojaliste van Moeammar Gaddafi is glo deur rebelle gevange geneem. Inwoners het na veiligheid gevlug.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae