Die vraag na gemmerhaarskenkers is so laag dat Cryos Internasionaal sê dat hulle nie gepla moet wees om te gaan skenk nie.
“Daar is te veel rooikoppe in verhouding tot die vraag,” het Ole Schou, die direkteur van Cryos, aan die Deense koerant, Ekstrabladet gesê, volgens die Londense Telegraph.
Mans met rooi maanhare se nageslag verkoop glo soos soetkoek in Ierland, het Schou gesê, maar dit is die enigste plek op aarde wat belangstel.
“Ek dink nie mense kies ooit ‘n rooikop nie, tensy die vennoot – byvoorbeeld, die steriele man – met rooi hare sit, of omdat die enklelopende vrou ‘n voorkeur vir rooikoppe het,” het hy gesê, volgens die Telegraph. “En dit gebeur dalk nie so dikwels nie, veral in laasgenoemde geval.”
Mans met bruin hare en bruin oë is baie gewild, het Schou opgemerk.
Cryos verskeep sperm na meer as 65 lande regoor die wêreld, en donateurs kan tot $500 vir hul semen ontvang.
Dit is nie bekend hoe die aanvraag na swart mans se sperm lyk nie.
